Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 267

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die ontevrede, afgunstige mopperaars. Die antwoord van die Heer aan die mopperaars

267 Hierdie woorde bring Terhad byna om die lewe; maar die Heer van die lewe wis ook om die lewe van die nuwe wagter te behou en bowendien nog so besonders te versterk dat hy nog tweehonderd-en-sestig jaar voortgeleef het en sy amp vol krag uitgeoefen het.

2. Maar aangesien ook alle ander gaste in die saal hierdie woorde uit die mond van die Heer gehoor het, verwonder sommiges hulle en hulle spreek dit ook saggies onder mekaar uit:

3. "Kyk nou net wat daar gebeur het! Die hardnekkige, wat `n klipharde eiesinnigheid gehad het en nouliks te beweeg was om aan hierdie Godsman te glo, ontvang so `n groot barmhartigheid; ons het Hom egter onmiddellik, sonder die minste teenspraak, in ons harte opgeneem en aan ons word nie één woordjie gewy nie! Nou, dit is tog wel merkwaardig!

4. As enige God van hemel en aarde kan Hy weliswaar doen wat Hy wil, en niemand kan dan vir Hom sê: 'God, wat doen U?', maar desondanks bly hierdie optrede tog hoogs merkwaardig!

5. Wanneer ons dit in woorde sou moet weergee, voorwaar, ons sou nie anders kan sê as: barmhartigheid vir die agterdogtige; dog vir die sagmoedige, die gewillige, die liefhebbende, hoogstens `n bietjie erbarming, en verder niks!

6. Hoe jy hierdie saak ookal wend of keer, tog bly hierdie gebeurtenis, Nota Bene, vanuit goddelike oogpunt gesien, soos gesê baie merkwaardig!"

7. Hier onderbreek die Heer die volk en sê: "Ja, waarlik, dit is vreemd dat Ek so-iets doen; maar nog veel vreemder is dit dat julle julleself hier in My sigbare aanwesigheid vererg oor die feit dat Ek `n arm broer van julle `n barmhartigheid bewys het, wat Ek julle swakkelinge nie kon bewys nie!

8. As julle sou gewees het soos wat julle sou moet wees, dan sou julle maar net baie bly daaroor gewees het dat Ek `n sondaar barmhartig is; maar omdat julle ingesteldheid nog verkeerd is en julle nog lank nie is soos wat julle moet wees nie, vind julle dit ergerlik en merkwaardig wanneer Ek teenoor `n sondaar barmhartig is!

9. Luister, Ek sal julle nou sê hoe dit is dat julle julleself daaroor vererg het, dat Ek so `n barmhartigheid aan Terhad bewys het!

10. Sien, julle is skerp kritici en sien die stof in die oog van julle broer; maar as daar in julle oë hele berge rondswem, dan sien julle dit nie! Daarom kan julle ook hier nie die rede nie sien waarom Ek so `n barmhartigheid aan Terhad bewys het nie!

11. Ek sê egter vir julle: Ek het dit alles reeds lank vooraf gesien, dat julle harte vol afguns is; daarom het Ek julle ook net soveel barmhartigheid laat toekom, dat julle kon erken dat Ek die Heer van hemel en aarde is.

12. Maar afgunstige werkers kan Ek volstrek nie in My groot huishouding gebruik nie.

13. Reinig julle harte dus eers van alle afguns en bedink altyd, selfs as julle julleself so grondig moontlik gereinig het: 'Ons is ook nie die allerminste barmhartigheid werd nie!'

14. Dan sal Ek julle op die proef stel of julle werklik heeltemal suiwer is voor My, en Ek sal diegene wat heeltemal suiwer is, dan ook sekerlik uitkies vir `n hoër barmhartigheidsamp uit My; maar laat die vrye barmhartigheid van die lewe vanuit My verder toereikend vir julle almal wees!

15. Waardeer die klein gawes uit My hand, as julle My kinders wil wees; dan sal Ek julle op die regte tydstip sondermeer laat deel in die groter gawes!

16. Maar as julle julle klein kinders reeds klein geskenke gee om saam te speel en julle dan self `n groot vreugde daaraan beleef, as hulle plesier het van wat aan hulle gegee is, - sê My, is Ek dan minder Vader vir julle almal, as wat julle dit is vir julle klein kinders? Ek meen dat dit tog baie sekerlik nie die geval sal wees nie!

17. Verheug julle dus as kinders oor dit wat julle van My ontvang; maar wanneer julle sterker sal word, dan sal Ek goed sien vir watse amp julle geskik is!"

18. Almal word warm deur hierdie woorde van die Heer, en hulle val voor Hom neer en vra Hom om vergewing vir so `n sonde.

19. Maar die Heer beveel hulle almal om op te staan, gee hulle goeie troos en begewe Hom toe weer na Sy geselskap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205