Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 269

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se wyse woorde oor die wese van God en die geestelike sien. Die stem van die Heer in die hart van die mens. Waarskuwing teen valse profete.

269 Toe die gaste, na `n lank gesoek sonder resultaat, weer met bedroefde gesigte na die troonsaal terugkeer, loop sommiges van hulle na Henog toe en vra hom of hy dan nie wis, hoe en waarheen die Heer so plotseling verdwyn het, of Hom verberg het nie.

2. Maar Henog antwoord hulle en sê: "Liewe vriende en broers, julle harte was weliswaar daartoe beweeg om die almagtige, heilige, mees liefdevolle Vader te soek, en dit is korrek en tereg, want wie God soek, die moet Hom altyd met sy hart soek, anders sal hy Hom in ewigheid nooit vind nie, - maar nietemin is julle huidige soektog tog `n bietjie dwaas!

3. Sien: God, die Vader, wat julle nou net persoonlik in wese gesien en gespreek het, is `n Gees en kan nooit met liggaamlike oë gesien word nie! Maar as Hy gesien wil word, dan open Hy, by die mens wat Hom moet sien, die innerlike oë van die gees, en dan kan die geestelike mens, deur die stoflike mens heen, vir God aanskou as God se wil dit verlang en sien en hoor Hom dan net soos wat julle Hom almal nou net gesien en gehoor het.

4. Wanneer die Heer egter volgens Sy wyse raadsbesluit weer onsigbaar wil word, dan sluit Hy, deur Sy almagtige wil, dadelik die oë by die mens, en die mens kan dan doen wat hy wil, maar hy sal nie meer in staat wees om die Heer te sien nie.

5. Let daarby ook nog goed op die volgende! Die aanskouing bring niemand die ewige lewe nie, maar wel die hoor en die lewe volgens die gehoorde woord!

6. Die Heer het nou wel die oë van julle gees gesluit, maar nie die gehoor nie, wat hom in die hart bevind. Derhalwe kan elkeen van julle altyd die stem van die Heer verneem, en elkeen kan hom altyd tot Sy vaderlike liefde wend as hy iets nodig het, en die Vader sal dit vir hom gee as dit vir hom goed sal wees, maar kan dit ook weerhou as dit nie goed vir hom sou wees nie. Maar goed of nie goed nie, julle mag die Vader altyd daarvoor vra, en wees verseker, Hy sal julle die goed hoorbare raad nie skuldig bly nie en sal tot julle harte spreek, wanneer julle Hom in volle erns daarvoor sal vra!

7. Wanneer julle altyd uit ware innerlike broederliefde in die Naam van die Heer vir julle broers sal spreek en hulle vol liefde sal onderrig oor God, oor Sy werke, wat vervul is van Sy eindelose groot eer, oor Sy oneindige goedheid, barmhartigheid, erbarming en oor die feit dat Hy `n allerliefdevolste, heilige Vader is vir die mense wat Hom uit al hulle lewenskragte liefhet, - ja, dan gee ek julle almal my volste versekering, dat julle nie één woord sal spreek wat God nie vooraf in julle harte gespreek het nie!

8. Wie dan na julle sal luister, sal die stem van God hoor, soos wat julle dit nou deur my hoor.

9. Maar wee diegene wat die woord van God uit homself wil spreek, uit eiebelang en om wêreldse aansien, sonder dat hy die lewende woord daarvóór in hom gehoor het! Waarlik, sy tong sal `n adder word vol giftige speeksel, en wie hom sal hoor, sal die gevoel hê asof hy deur `n giftige adder gepik is!

10. Behoed julle daarom in die besonder teen eiebelang; maar laat elkeen homself heeltemal vergeet en laat hom uit die diepste van sy hart enkel en alleen besorg wees oor die welsyn van sy broers en susters; dan sal hy hom ook kan verheug in die voortdurende omgang met God, die mees liefdevolle, heilige Vader, tydelik en dan ook in die gees vir ewig sigbaar!

11. Sien, so moet julle die Heer van hemel en aarde altyd voortaan soek, dan sal julle Hom ook altyd heel maklik vind! En as julle dan in julle deur liefde ontvlamde hart sal vra: 'Vader, waar is U?', dan sal Hy vir julle sê: 'Kindertjies, Ek is tog in julle midde! Vrees nie; want My almagtige hand beskerm julle tog immers dag en nag!'

12. Sien, so sal dit wees, omdat dit die wil van die Heer is! Slaan daarom ag op hierdie woorde en handel daarvolgens, dan sal dit nie meer vir julle nodig wees om die Heer in alle hoeke te soek, om Hom ten slotte tog nie te vind nie, maar dan sal die Heer julle altyd tegemoet kom, waarheen julle julleself ook maar sal wend; want die Vader is altyd eindeloos meer besorg oor ons, as alle kinders bymekaar om Hom!

13. Neem dit dus buitengewoon goed in julle op, sodat julle nooit arm sal wees en gevange geneem word nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205