Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die redding van Hored en Naëhme deur die bode Lamel

27 En Henog dank die hoë Abedam vir hierdie opdrag en gaan dadelik na Gabiël en sê vir hom:

2. "Gabiël, roep jou broer Lamel; die Heer het hom nodig!"

3. En Gabiël voldoen dadelik aan wat hom, by monde van Henog, deur die Heer opgedra is.

4. Toe Lamel nou aankom, buig hy met die hoogste eerbied voor Henog en vra vir hom:

5. "Eerwaarde vader en leraar Henog, wyse liefling van die Heer, van die heilige, liefdevolle Vader, wat verlang jy, vas en seker in die Naam van die Heer, wat ek moet doen? Sien, ek is bereid om tot aan die einde van die wêreld die winde na te jaag, as dit die Heilige Wil van die Heer sou wees!"

6. En Henog sê daarop vir hom: "Jy is vervul van `n goeie wil, dit weet ek al voordat ek jou laat roep het; jy is uitverkies om dadelik daarheen te gaan waar jou broeder Hored hom verborge hou met sy vrou Naëhme uit die laagte, omdat sy `n dogter is van koning Lameg uit Hanoch en nie vooraf deur Adam en deur alle ander vaders geseën was nie!

7. Sê vir hom, dat die Heer hom laat weet dat hy onmiddellik hierheen moet kom met sy vrou. As hy hom egter verset, wys hom dan op die vyande, wat hom alreeds, goed bewapen, vanuit Hanoch opgespoor het en nou vol ongeduld op `n gunstige oomblik wag, om hom, tesame met sy vrou, aan die afgryslikste wraak van Lameg uit te lewer!

8. Sê vir hom dat die hand van die Heer hom tot nou toe nog beskerm het! As hy jou nie dadelik volg nie, dan sal die Heer Sy arm terugtrek en hy moet dan maar sien hoe hy met die duisend wraaklustige vyande sal klaarspeel, as hulle hom soos woedende leeus, tiers en hiënas sal oorval!

9. As hy egter instem, gryp hom en sy vrou dan dadelik onder die arm en die krag van die Heer, waarmee jy nou vervul word, terwyl ek my hande in die Naam van die Heer bo jou hou, sal julle met groot snelheid ontruk aan die vyande wanneer hulle op julle afstorm.

10. Staan daarom op en haas jou om die wil van die Heer, ons mees heilige liefdevolle Vader, te voltrek!

11. Mag die barmhartigheid, liefde en erbarming van die Heer nou met jou wees soos altyd en ewig! Amen."

12. Nouliks het Henog sy laaste woorde uitgespreek, of Lamel spring soos `n jong hert weg en kom, deur die nou in hom aanwesige krag gelei, ook reeds binne enkele minute aan by `n hoogs armsalige hut, wat op nagenoeg een dagreis van die môreland in die rigting van die middernag verwyder lê en hy vind daar wat hy soek.

13. Toe Hored hom in die oog kry, spring hy onmiddellik in woede ontsteek uit sy hut, pak Lamel met geweld by die hand en roep uit volle bors:

14. "Ongelukkige! Wat voer jou hierheen! Moet my eerste vloek jou dan tref Lamel, terwyl jy tog my mees geliefde broer is?!

15. Sien, ek het aan my vrou `n heilige eed gesweer: Om die eerste mens te wurg wat ons hier in ons gelukkige eensame rus sou kom steur, - selfs as dit Adam sou wees!

16. Ek het my daarom in `n ver uithoek van die aarde verskuil en wil daar lewe, deur geen menseoog bespied word nie, omdat ek gevind het wat nog niemand gevind het nie en eindeloos gelukkig is met my vonds!

17. Ellendige! Wie het jou die weg na hierdie verste uithoek van die aarde gewys? Spreek, of ek skeur jou op die daad in duisend stukke en gee dit dan vir die kraaie as voedsel!"

18. Lamel kyk egter die woedende Hored strak aan en sê toe vir hom, as`t ware vraend: "Hored! Ontvang jy so jou redder? Die almagtige God Self, wat nou op die heilige hoogte sigbaar in die midde van ons verkeer en onderrig gee en werksaam is, het my na jou toe gestuur om jou te red!

19. Maar voor jy my gaan wurg en aan flarde gaan skeur moet ek jou tog ten eerste sê dat diegene wat met goddelike krag toegerus is, hom nie dadelik laat wurg en uitmekaar laat skeur nie, - ook al sou dit oor `n honderd ede gaan, wat jy aan jou vrou gesweer het.

20. Sodat jy egter sal insien dat ek geen magtig klinkende grootprater soos jy is nie, maar deur die wil van die Heer werklik magtig is, kom dan hierheen, na die ou, manlike sterk seder en ontwortel hom en slinger hom dan oor hierdie berg in die aangesig van die duisend vyande uit Hanoch wat vir julle loer!

21. As jy dit kan, gryp my dan en wurg my, as jy dit kan en wil doen! En ten tweede, kyk by hierdie geleentheid ook eens om jou heen en sien daar benede in die verligtende vlakte van die dal wie daar almal juis vandag op die Sabbat na jou hut toe gekom het om jou te gryp en jou dan tesame met jou vrou aan die bloedigste wraak van Lameg oor te lewer omdat jy sy dogter Naëhme ontvoer het!"

22. Hored spring uit alle mag op `n seder af; maar die seder kom nie van sy plek af nie.

23. Omdat hy egter niks kon uitrig met die boom nie, skreeu hy heftig teen Lamel en roep: "Skurk! Ruk jy hom dan uit die grond!"

24. En Lamel hoef die seder slegs aan te raak, en die magtige boom stort versplinterd neer, asof hy nooit daar gestaan het nie.

25. Daarop wys Lamel met sy vinger na die dal en laat Hored `n goed uitgeruste leër uit Hanoch sien en vra toe: "Wel, waarom talm jy nou met jou dreigement? Wil jy my dan nie in stukke skeur en ...?"

26. Maar Hored skreeu hardop: "Grote God! Nou is ek verlore!

27. Ek het altyd gedink dat dit daarvan sou kom!"

28. En Lamel sê daarop vir Hored: "As jy nou lankal gedink het dat dit sou gebeur, waarom het jy dan nie lankal na die huis in die land van jou vaders teruggekeer nie? Sodat hulle jou soos alle ander kon geseën het en jou seker soveel te meer, omdat jy `n ware gesant was en dit nie jou skuld was dat Lameg vir Naëhme vir jou as geskenk gegee het nie; maar wat Lameg jou gegee het, was sonder meer `n eerbare geskenk wat jou alleen toegekom het en wat niemand jou sekerlik sal misgun nie, ook al het jy ons almal haar groot skoonheid wel honderd keer voor oë gehou!

29. Kyk broer, jy het geen rede gehad om vir ons te vlug nie en tog het jy gevlug! Maar waarom het jy dan tog gevlug?

30. Kyk, ek sal dit vir jou vertel. Toe jy na die laagte afgedaal het na Hanoch, was jy deur die groot seëninge van al die vaders toegerus met groot mag en krag. Vandaar dan ook dat, toe jy in Hanoch kom, die listige Lameg baie goed merk dat hy jou niks kon aandoen nie en ook geen geweld kon aanwend, en daarom kies hy die weg van die sluheid en skenk hy Naëhme aan jou om van jou ontslae te raak en ook om jou met die ergste strikke van die slang te bind.

31. Want hy dink by homself: As hy (naamlik jy, Hored) werklik deur een of ander hoogste wese na my toe gestuur is, deur byvoorbeeld die ou God, wie se geweldige stem ek al eenmaal self verneem het, dadelik nadat ek beide my broers gedood het, dan sal hy nooit as te nimmer iets van my aanneem nie en wel allerminste die vrou wat al aan een man gebonde is!

32. Maar toe Lameg die allerminste daarop bedag was, laat jy jou deur sy sluheid betower en neem jy die ergste gif uit die hand van die skandelikste verraaier van God aan! En wat was die gevolg van die vergiftiging? Ek sê jou, niks meer en niks minder as dat jy dadelik hierheen gevlug het, deur meer bewapende spioene uit Hanoch gevolg, sonder om daaraan te dink of jy nog wel beskik oor die krag wat die vaders van die suiwer hoogtes aan jou verleen het.

33. Lameg en jou agtervolgers verkeer tot nou toe weliswaar nog in die veronderstelling dat jy nog netso magtig was as wat jy toe, weliswaar vir `n kort tydjie, was; slegs nou, omdat hy die slang `n groot offer gebring het deur JaHWeH se Naam op `n skandelike wyse te onteer en ten slotte heeltemal te vervloek, het die slang ook jou totale onmag aan hom getoon. Daarom stuur hy nou ook `n goed bewapende leër van duisend van die sterkste manne uit Hanoch hierheen, sodat hulle jou kan vang en oorlewer aan sy groot wraaksug, terwyl Naëhme die hele ryk byeen sal moet hou, wat sy vroeër ook al moes doen, naamlik deur `n algemene hoer te wees vir al die grotes van die ryk wat sonder haar, nou almal afvallig sou word.

34. Sien, jy het afgunstig in jou vreugde geglo dat jy vir ons, jou broers, in die verste uithoek van die wêreld moes wegkruip om nie deur ons in jou geluk gesteur te word nie! Ons het ook geglo dat dit jou sekerlik aan niks sou ontbreek nie en het jou bowendien geseën, so goed as wat ons dit maar kon en wou.

35. Maar die groot, meer as heilige Leraar en ons aller mees liefdevolle Vader, wat nou onder ons vertoef, het eers ons oë geopen en duidelik laat sien hoe dit met jou en jou vrou gesteld is. Hy het my juis na jou toe gestuur om jou en jou vrou te red en julle na Hom te bring, sodat ook julle Sy seën, Sy liefde en barmhartigheid nie weerhou word nie!

36. Hored, broer, - erken die wil van die Heer, roep jou vrou uit die hut en laat jou vlugtig deur my onder die arms neem, sodat ek julle in die Naam van die Heer van die ondergang kan ontruk, nog voordat Lameg se geregsdienare, wat nie meer ver weg is nie, julle sal gryp en julle nie meer gered kan word nie!"

37. En Hored roep daarby uit: "O broer Lamel, nou eers herken ek jou weer! Kan jy ons red, sien, hier is my arm! En kyk, daar kom Naëhme al ylings uit die hut en bied jou haar arm aan, soos jy dit wil; en so geskied die Wil van die Heer! Amen."

38. En dadelik pak Lamel ook vir Naëhme beet; en nouliks het hy hulle beide stewig vasgegryp, of daar storm die vyande reeds van alle kante, onder die uiting van die wildste krete, op die hut van Hored af.

39. Toe Naëhme dit alles opmerk en sien, stoot sy een heftige angskreet uit en roep: "Om die Wil van die Almagtige God, ons is verlore! - My arme Hored!"

40. En dit roep Hored ook. - Maar Lamel sê vir hulle beide: "Kyk eers `n bietjie om julle heen en sien waar julle nou is; en roep eers as dit nog nodig is!"

41. Daarop open beide hulle oë en kon nie glo dat hulle behoue gebly het en wel reeds op die hoogte is, en hulle hulleself vlak by die grot van Adam bevind het nie, aan die uitgang van die grot na die môreland, waar Henog en nog Iemand hulle met uitgestrekte, ope arms inwag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205