Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 270

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die nagrus van die gaste in die huis van Lameg. Die wonderlike woord van die Vader aan Lameg oor die innerlike stil wees by die gebed

270 Na hierdie goeie woorde van Henog gaan Lameg na hom toe en vra hom: "Geliefde, magtige vriend en broer in ons God en liefdevolle, almagtige, heilige Vader! Waar ons nou op hierdie dag in die Naam van die Heer alles volgens Sy getuienis georden het, soos dit vir Hom welgevallig was, en ek nou niks meer weet wat ons vandag nog sou kan of moet doen nie, behalwe geesdriftige woorde van lof tot die heilige Vader te rig, wil ek jou vra om so goed te wees om ons almal saam, in die Naam van die Heer mee te deel wat daar nou moet gebeur!"

2. En Henog antwoord hom: "Luister, liewe vriend en broer, die wil van die Heer lui aldus: Ons moet ons nou ter ruste begewe en alle gaste moet vannag in jou huis oornag!

3. Verder hoef niemand hom besorg te maak wat die dag van môre alles sal bring nie, want die sal syne netso met hom saambring soos wat die huidige dit gedoen het.

4. Daarom sal ons onsself ter ruste begewe en geen beslissings vir môre neem nie, want die Heer sal ons ook môre aangee wat ons môre moet doen.

5. Gee dit vir die gaste te kenne en laat hulle na `n skoon slaapvertrek bring.

6. Ek en my sewe broers sal hier rus; maar jy kan met jou verwante doen wat jy wil.

7. As jy ook hier wil bly, dan is dit goed; en wil jy jou met joune na `n ander vertrek begewe, dan sal dit ook goed wees, - want hier is die een nie beter as die ander nie. En laat dit dus so gebeur! Amen."

8. Na hierdie woorde begewe Lameg hom dadelik na die gaste en maak dit aan hulle bekend; maar Terhad hou hy in sy geselskap.

9. Lameg se bediendes kom en bring die gaste eerbiedig na die slaapkamers, en die vroue en meisies bring klere en welriekende sagte kussings na die troonsaal en maak die rusplekke klaar vir die hoë gaste en volgens die wens van Lameg ook vir hom en syne, eweneens in die troonsaal.

10. Maar nou brand die olielampe nog voluit voor die vensters (want dit was die gebruik in Hanog om vir elke venster `n kleipot of ysterpot te hê, wat vir die aand met aardolie en strooi gevul was en dan weldra aangesteek word) en Lameg vra daarom aan Henog of die lampe uitgedoof moes word.

11. Maar Henog antwoord hom: "Laat dit lig gee wat lig gee; want dit is beter om in die lig te rus as om in die nag te slaap!"

12. Na hierdie woorde laat Lameg alle bediendes gaan, nadat hy hulle nog eens op die hart gedruk het om, voordat hulle gaan slaap, tog die Heer te gedenk.

13. Toe almal weg was, val Lameg neer en loof en prys God met `n harde stem.

14. En na `n tyd, toe Lameg maar nie kon ophou om die Heer te loof nie, spreek `n stem, wat die stem van die Vader was, vir hom:

15. "Lameg, jou woorde klink weliswaar mooier as die magtige musiek van die sfere in die ewige ruimtes van die skepping; maar die liefde in die hart van die gees is nog mooier as al hierdie wonderlike klanke! Gee daarom jou lippe rus, sodat die lewende water in jou siel tot `n rustige spieël word en Ek My in jou kan beskou en jy My wese in die spieël van jou water kan sien!"

16. Toe staan Lameg op, dank die goeie Vader in sy hart vir hierdie heerlike vermaning en begewe hom toe met die ander in `n verkwikkende rus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205