Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 274

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die tweegesprek van Henog met die draak. Die draak verdwyn

274 Maar Henog kyk die draak strak in die oë en sê op `n ernstige en liefdevolle toon vir hom: "Goed, armsaligste wese, ek het jou klag teen God van jou verneem, en het dit ook heeltemal begryp!

2. Wanneer dit so is, is jy waarlik die mees beklaenswaardige skepsel in die hele oneindigheid!

3. Want mens kan hom geen ellendiger en ongelukkiger wese indink, as `n wese wat die goeie en ware tot in alle diepte moes herken het en bowendien nog die sterkste drang moet hê om daarvolgens te handel; en as hy volgens die drang in alle erns in werking wil tree, gryp die Godheid hom met Haar grimmigheid en sit die wese, vir sy eie wil en sy goeie insig, aan om die bose te doen, sodat daar vir die Godheid `n nuwe rede in hierdie ongelukkige wese ontstaan daardeur, wat die liefdelose en ongeregtige Godheid aan `n nuwe en steeds magtige verdoemenis skuldig moet maak.

4. Maar as dit werklik so is, vertel my dan hoe dit is dat die Heer so barmhartig en vol medelye teenoor ons is, dat ons nie anders kan as om Hom, ten eerste as die allersuiwerste, ewige, oneindige liefde te erken en Hom daarom ook bo alles lief te hê en ten tweede, om daarnaas nog duidelik van Homself te verneem dat Hy, as die allerliefdevolste Vader, al die moontlike gedoen het en ook verder nog al die moontlike wil doen om jou ewige hardnekkigheid te breek, sodat jy weer gewen kan word?!

5. Ja, sê my, hoe dit dan gebeur het dat die Heer die hele sigbare skepping slegs vir jou in die lewe geroep het om jou deur die harde beproewing van die stoflike dood weer tot volledige ommekeer te beweeg, en jy desondanks nie tot die Vader wou terugkeer nie en die Vader nou deur Sy eindelose liefde genoodsaak is om al jou lewenskragte te verdeel in die tallose spesiale lewens van die mense op hierdie aarde, asook op die ontelbare ander hemelliggame, om jou op die wyse van jou eiesinnigheid te ontdoen en om jou so ook, in ons mense verdeeld, weer terug te voer, omdat jy onverdeeld ewig nooit daartoe sou besluit het nie?! Sê my hoe dit gebeur het en dan sal ek doen wat jy van my gevra het!"

6. Hierop open die draak weer sy mond en sê vir Henog: "O onrype mens! Jy weet nog nie hoe duisend jaar van die aarde smaak nie, en jy wil God, die Ewige, reeds beter ken as ek, terwyl ek Hom tog reeds ewighede meegemaak het van al Sy kante?! O sien, hoe eindeloos swak en dwaas jy is!

7. Luister, ek wil jou baie jong oë open, sodat jy tenminste `n vonkie sal sien van hoe dit met jou God, wat jy dink om te ken, gestel is! Luister dus!

8. Van sulke skeppings soos hierdie huidige, ken ek reeds tallose miljarde daarvan! Elkeen daarvan bestaan ongeveer `n groot miljard aantal aardse jare (NB. `n soortgelyke groot miljard is `n getal bestaande uit `n 1 met negehonderd nulle), vir jou, arm jong mens, op sigself al `n ondenkbare aantal!

9. Wanneer so `n skeppingstyd afgeloop het en God genoeg gehad het van Sy skepsels, dan laat Hy Sy groot gedagtespel weer vaar, dit wil sê, begryp dit goed!, Hy vernietig die hele eindelose skepping weer en dan bestaan daar weer `n eindelose leegte gedurende meerdere groot miljarde van jou aardse jare, en daar bestaan niks buite Hom en my nie, waar ek my altyd met geweld teen elke vernietiging kon versit het, omdat ek `n wesentlike deel van die Godheid self is en altyd was.

10. Wanneer die Godheid dan weer gedurende so `n tydperk, wat vir jou onvoorstelbaar lank is, `n nuwe groot skeppingsplan opgestel het, dan word daar spoedig weer volop geskape, en wanneer die skepping weer haar tyd so deurgemaak het en die Godheid weer genoeg gekry het van Sy skepsels, dan is dit weer baie gou gedaan met so `n nuwe skepping; daar vind `n totale vernietiging plaas van alle dinge, wat tog niks anders is as net, vir `n bepaalde tyd, gefikseerde gedagtes van God, en `n skynbare ewige leegte tree weer in die plek van die vroeër skeppingsprag.

11. Dat so-iets hom steeds in God se oerewige mags- en instandhoudingsplan bevind, kan jy immers al op aarde sien, waar die dinge altyd wissel tussen ontstaan, bestaan en vergaan. Vandag sien jy `n heerlike blom bloei en môre sterf sy alweer af en het dan vir ewig tot niet gegaan, en so gaan dit ewigdurend met tallose dinge, sowel in die grote, as in die kleine. Daarvan is ek reeds `n baie ou, onverwoesbare getuie.

12. Wanneer jy dus aan `n ewige lewe glo, vergis jy jou deeglik, want buite God en my het niks `n ewigdurende en dus onvernietigbare bestaan nie, - God, omdat Hy van oorsprong in Homself in sy oereie ewige Hy is, en ek, omdat ek geen gedagte uit God is, soos jy en die hele skepping nie, maar `n onvernietigbare, wesenlike afgeskeidene en deel van die Godheid Self!

13. As jy derhalwe vra hoe dit gebeur het dat ek, ondanks alle moeite, nie na God wil omkeer nie, terwyl jy Hom tog as die suiwerste liefde ervaar het, sê ek vir jou: Die rede is nou immers so helder soos die dag vir jou en is geen ander dan dat ek God tot in Sy diepste wese ken, - dit wat vir jou ewig onmoontlik sal wees, omdat jy ten eerste die ewigheid, soos sy was, net soos `n eendagsvlieg, onmoontlik kan begryp en ewemin soos wat sy in die vervolg sal wees!

14. Jy sou jou weliswaar met jou huidige lewenskragte, wat eweneens `n buitengewone klein deel van die goddelike wese is, net soos ek heeltemal van God kan afskei en so ook ewig kan bestaan, as jy geweet het hoe; maar as jy dit sou doen, dan sou die eindelose groter mag van die Godheid jou net so verskriklik behandel soos wat Hy my nou behandel, en jy sou met jou ewige bestaan uiters weinig gewen het, omdat dit beter is om nie te bestaan nie, as om te wees soos ek!

15. Omdat ek nou egter in volle erns genoeg het van hierdie ewige onbestendige beheer, het ek twee dinge vir myself besluit: Om oftewel vir God vir ewig heeltemal uit Sy mag te ontsetel en al Sy mag na my te trek om dan eindelik `n waaragtige ewige bestaansorde vir alle skepsels te grondves, - of, as ek nie slaag nie, dan wil ek in die tweede geval myself vir ewig dood, om daardeur aan die Godheid Self `n ewige einde te maak!

16. Want hoe dikwels het ek die Godheid al gevra om in die skepping `n ewige vaste bestaansorde te vestig; maar dit was altyd pure verniet!

17. My lig wou ek aan Haar teruggee; maar Sy het my deur ander, kort tyd geskape wesens, laat gevange neem. Maar toe Sy desondanks nie in staat was om my te oorwin nie, het Sy my in `n hoogs ellendig bestaan laat bly, waar my vroeëre wese uit Haar, onbegrens was, en nou tot hierdie ineengeskrompelde gestalte gekrimp het.

18. Maar nou sien die Godheid eers, deur my lig, in, dat ek nou vir Haar baie gevaarliker is as in my vroeëre volheid; daarom doen Sy ook alle moeite om my te vang!

19. Maar jy kan saam met jou Liefdesgod, volledig daarvan verseker wees, dat Hy nooit sal slaag nie! Ek sal vir my en die Godheid eerder doodmaak, as om my deur Haar te laat gevange neem, sodat Sy dan `n des te vryer speelruimte kan kry om te skep en dan die geskapene, na gelang van Haar stemming, weer te vernietig!

20. Daarom word die denkende wesens ook nog steeds deur die Godheid tot deemoed aangemoedig, sodat niemand sal slaag om hom aan die goddelike willekeur te onttrek nie!

21. Maar ek is vasbeslote om die Godheid `n streep te trek, wat Haar grille vir ewig sal verdryf! Waarlik, hierdie keer sal ek my mag vir Haar toon en Haar tugtig soos `n ou misdadiger! - Begryp dit, Henog! Amen!"

22. Toe verdwyn die draak skielik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205