Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 275

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woorde van die draak het `n betowerende uitwerking op die sewe bodes. Henog sit helder uiteen hoe volslae nietig die leuenagtige woorde van die draak is. Oorsake van versoeking

275 Tydens hierdie woorde van die draak begin dit, op Henog na, die ander sewe bodes geweldig te duisel, en wel sodanig dat hulle heeltemal geen raad meer geweet het nie.

2. Maar omdat Henog dit baie gou gemerk het, vra hy vir Kisehel, wat hom by hierdie betoog van die draak, eintlik so interessant voorgekom het.

3. En Kisehel antwoord Henog hard: "Jy vra dit aan my, terwyl jy tog die enigste verligte hoëpriester van die Heer is?! Sien, dit sou meer op sy plek wees, as ek jou sou vra wat jy van dit alles dink! En daarmee het ek nou hierdie vraag aan jou gestel; gee my antwoord, as dit vir jou enigsins moontlik is!

4. Die saak is van ontsettende groot belang! Daarom sal ek by hierdie geleentheid dan ook behoorlike teenwerpings maak, wat jy sal moet besleg; want hier het ons almal die magtigste lig nodig, as ons nie in `n vernietigende dood wil oorgaan nie! Sê daarom, broer Henog, wat se geldige besware jy vir hierdie draak se betoog in te bring het, en vertel my wat ons almal in erns daarvan moet dink!"

5. En Henog antwoord Kisehel: "Maar luister, broer! As `n mens hierdie draak se betoog nie op die eerste oogopslag deursien nie, dan moet mens tog nog taamlik blind wees! Hoe gebruik jy dan die barmhartigheid van die heilige Vader, dat jy met so `n vraag by my aankom?

6. Dit lyk vir my werklik baie ernstig dat jy jou deur hierdie hoogs leuenagtige woorde van die aartsvyand van die Heer laat mislei het?!

7. Het jy dan nie opgelet hoe hy van die een uiterste na die ander spring en homself geweldig teëgespreek het nie?

8. Het hy my nie versoek om hom te vernietig nie? En aan die einde maak hy asof hy soveel mag het, dat die voortbestaan van God selfs van sy eie bestaan afhang!

9. Het hy nie gesê hoe hy altyd in die hoogs ondenkbare mate deur die Heer op die mees liefdelose en onregverdigste wyse gelei was, gedryf en vervolgens op totaal onbarmhartige wyse ellendig getugtig was nie? En nou aan die einde breek hy self in grimmige woede uit en besweer ons dat hy die Heer wil en ook sou tugtig soos `n ou misdadiger.

10. Matig hy hom aan die een kant nie `n meer as `n goddelike mag aan nie? En aan die ander kant laat hy hom deur nuutgeskape eendagsvlieë gevange neem en dit tegelykertyd in die hele oneindigheid, en moet hy genoegdoening neem met hierdie ellendige gedaante!

11. Het hy nie gesê dat die Godheid eers nou insien, dat hy in hierdie gedaante die gevaarlikste vir Hom is nie? Dan sou hierdie verskyningsvorm vir hom, as God se grootste vyand, tog juis die mees voordeligste moet wees! Waarom noem hy dit dan vroeër `n allerellendigste?

12. Moet hy in daardie geval dan nie God se gedaante as die beste beskou nie, as hy syne so ellendig noem, terwyl hy sy eie gedaante daarenteen dan weer as verreweg die beste beskou, omdat hy hom daarin vir God as sy vyand die allergevaarlikste waan?!

13. Die een keer noem hy die hele wonderlike skepping `n vryblywende, willekeurige gedagtespel van die Godheid, waartoe ons dus ook behoort; dadelik daarna gee hy egter weer toe dat ons lewenskragte `n baie klein deeltjie van die werklik goddelike Wese is, wat hom op sy eie manier selfs teen vernietiging sou kan beveilig, egter sonder om iets daarby te wen!

14. Sien, so is dit heeltemal vol skrille teenspraak. Hoe is dit tog moontlik dat jy, waar jy tog `n hoogs gewekte bode van die Heer is, dit nie op die eerste oogopslag kon ingesien het nie?

15. Waarom verberg die groot leuenaar hom so vinnig? As hy die waarheid gespreek het, sou dit nie nodig gewees het nie; maar omdat hy geruik het wat ek hom van my kant sou voorgehou het, het hy ylings uit ons teenwoordigheid gevlug om nie verder deur my ter verantwoording geroep te word nie.  

16. Dit is tog sy ou, maklik herkenbare wyse van bedrog, waardeur hy aan vader Adam ontkom het en hom toe selfs tweemaal tot `n val gebring het, eenmaal by die ongeseënde verwekking en die tweede keer by die ontwyding van die dag van die Heer! En dan stel jy nog `n vraag aan my, dat dit lyk asof jy hierdie ou aartsleuenaar en bedrieër geloof skenk?! 

17. O wee jou, heilige hoogte van die Heer! Wanneer jou kinders die bedrieglike woorde van die draak so maklik glo, dan sal jy jou nog eens vir die laagte moet skaam en dit sal jou oorval soos `n aasvoël en haar tot in die kern ten gronde rig!

18. Ja, God se kinders sal die oordeel na hulle toe trek, terwyl dit kan wees dat die kinders van die wêreld getrou sal bly tot aan die einde van die wêreld!

19. Maar indien ons as steunpilaar van die wêreld begin te wankel, wat sal daar dan met die wêreld gebeur?

20. Ek sê egter vir julle, my liewe broers: Salig en waaragtig gelukkig is hy wat die aanvegting ondergaan, want as hy dit deurstaan het, sal hy eers die ware doel van die lewe ontvang, wat die heilige, liefdevolle Vader aan ons almal belowe het, as ons Hom waaragtig van ganser harte liefhet.

21. Beweer nou veral nie dat die Vader ons versoek het nie; want so verlei die goeie Vader niemand tot die bose nie en Hy hoef ook niemand in versoeking te bring nie. Maar Hy sien in jou nog `n duistere lusprikkeling en daarom het Hy toegelaat dat dit na buite tree en dat jy dit nou moes aangesien het, om self te ontdek of jy nog gevoelig daarvoor was.

22. Jy het nog `n gelowige begeerte getoon; weet dan ook, dat indien iemand `n begeerte tot onwaarheid getoon het, hy met die begeerte ook die onware ontvang het en dit is `n saad van die sonde! En wanneer die sonde dan ryp en uitgeleef word, dan baar sy ook spoedig die dood, wat in haar is.

23. Vergis julle dus nie, liewe broers; want alle goeie gawes en alle waaragtige, volmaakte geskenke kom slegs van die Vader van al die lig en al die lewe. In Hom is ewig geen verandering, nóg enige wisseling nie; want soos wat Hy is, so was Hy sedert die ewigheid.

24. Hy het ons as eerstelinge van Sy skepsels verwek uit Sy liefde, volgens Sy wil, deur Sy ewige Woord van Waarheid en daarom is ons ook eerstelinge en geen miljardelinge volgens die leuen van die draak nie. Dit het die Vader aan ons geopenbaar.

25. En ek meen dat die goeie, heilige Vader tog meer geloof verdien as die leuenagtige draak! - En laat ons dan so in vrede verder trek! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205