Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 277

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die begroeting van die teruggekeerdes deur Adam en die stamvaders. Adam se vloedgolf vrae aan Henog. Henog maan tot geduld. Pura en Naëhme se ontmoeting met die vreemde man uit die middag

277 Binne twee skadu-omwentelings kom alle genooides aan, en ons ou Adam was een van die eerstes wat Henog bestorm het.

2. Maar eers toe die eerste liefdesbetuiging van die weersien verby was, waarby die stamvaders mekaar byna platgedruk het van liefde en ongewone groot vreugde, vra Adam aan Henog:

3. "O my buitengewone geliefde Henog, en ook jy, my Kisehel, jy, Sethlahem, en jy, Joram, Hil, Baël, Julel en Darel, vertel my alles na mekaar en die een na die ander, hoe dit met julle in die laagte gegaan het, hoe Lameg hom gedra het, en watter vreugdevolle dinge daar voorgekom het!

4. Het die barmhartigheid en die liefde van die ewige, heilige Vader julle nooit verlaat nie? Het niemand van julle hulle deur die vroue van die laagte laat bekoor nie?

5. Wat het daar met die bekende plaat gebeur, waaroor die heilige Vader ons berig het watse gruwelikhede Lameg daarmee aangevang het?

6. Het julle nie my voortdurende gebede en seën in die laagte waargeneem nie?!

7. Want solank as wat julle in die laagte gebly het, het ek dag en nag nóg rus nóg duurte gehad. Ek kon dit nie in my huis uithou nie, maar het byna die hele tyd op die vaderhoogte deurgebring en gebid vir julle en vir die laagte en julle onophoudelik geseën.

8. Dit het ook die ander meestal saam met my gedoen; en baie in die besonder, moet ek jou sê, het Naëhme, byna sonder onderbreking, die heilige, almagtige, goeie Vader gesmeek vir die genesing van haar aardse vader Lameg in die laagte, en wel voortdurend met sulke hartroerende woorde, dat ek dit self nie kon aanhoor, sonder om diep geroer te wees nie.

9. Dieselfde het Hored en beide vroue van Lameg ook gedoen, wat ook na ons toe op die hoogte gekom het en nou steeds, gedurende julle afwesigheid, in ons midde gebly het.

10. En dan moet ek jou nog, my geliefde Henog, oor die arm Pura, die meisie uit die laagte, lofwaardig berig. Hierdie kind het ons almal in die grootste verwondering gebring; ja, wie dit nie gesien het nie, kan dit gladnie glo nie!

11. Jy weet hoe verskriklik Lameg haar ouers en verwante behandel het! En kyk, desondanks het niemand op die hoogte meer vir Lameg gebid, as juis hierdie kind nie, en dit op so `n aangrypende wyse, en met soveel liefde en vertroue in die heilige Vader, dat ek ten eerste nie daaromheen kon kom om vas te glo dat die heilige Vader voortdurend slegs vir haar sigbaar was nie, en ten tweede kon ek my nie aan die indruk onttrek dat sy `n ware dogter van die heilige Vader was nie.

12. Voorwaar, Henog, wanneer jy haar so sou gesien en gehoor het, dan sou jy self op die gedagte gekom het!

13. Om die rede het ek hierdie kind nou ook by my geneem, en soos jy sien, het ek haar nou ook saamgebring, sodat sy ook uit jou mond kon hoor hoe dit daar in die laagte voorstaan, waarvoor sy soveel gebid het en soveel versugting tot die heilige Vader gestuur het.

14. Sien, liewe Henog, en ook julle, wat vóór Henog na die laagte gestuur was, so het dit gedurende julle afwesigheid op die hoogte gegaan!

15. Ek, julle nog lewende aardse vader, het dit verseker tot julle groot vreugde meegedeel; berei my daarom nou ook die reeds so menige dag en nag verblyde vreugde, en deel my mee waarvoor ek julle gevra het, - egter slegs volgens die wil van die heilige Vader! Amen."

16. Hier seën Adam vir Henog en al die ander.

17. En Henog open sy mond en sê vir Adam en ook vir al die ander: "Luister, vader Adam, en al my vaders en kinders! Die heilige, mees liefdevolle Vader het Hom die vreugde bewaar om dit aan julle bekend te maak, wat alles in die laagte voorgekom het en hoe dit nou daar is; daarom mag ek nou nie dadelik jou wens vervul en die situasie in die laagte aan jou onthul nie.

18. Maar jy mag nou al weet dat daar in die laagte ongekende dinge plaasgevind het, ja ek sê vir jou, dinge waarvan ons op die hoogte, nog nooit gedroom het nie! Daarvan kan jy volkome verseker wees!

19. Wees `n kort tydjie geduldig en die onthulling sal voor jou en julle almal staan, verligtend soos `n oggendson! Daarom moes ek julle immers laat roep, sodat julle die verligtende boodskap sal ontvang; wees dus maar geduldig tot die Vader sal kom, soos Hy Purista belowe het en julle gees sal die ware lig oor die laagte ontvang!

20. Maar laat ons nou die hut van Purista binnegaan, waarheen ons uitgenooi is; maar uitgesonderd moeder Eva, sal volgens die gegewe wet geen vroulike wese dit betree nie en daarom moet ook die ander vroue saam met Naëhme en Pura hulle intussen na die woning van Uranion begewe - Maar jy, wonderlike Purista, lei ons nou die hut van die liefde van die Heer binne! Amen."

21. Maar Purista vra aan Henog of dit verkeerd sou wees om tenminste die arm mees suiwer Pura en Ghemela, die vrou van Lameg saam te neem in die hut.

22. Henog sê egter: "Luister, as dit van my afgehang het, dan sou ek wel die hele wêreld wou laat binnekom; maar ek is geen God oor die goddelike orde nie! Die Heer het dit so beskik; dus moet ons ook Sy wil vir so lank in alles doen, totdat Hy Self `n ander handelwyse vir ons sal aangee.

23. En daarom hang dit nie van my af nie, maar slegs van die Heer, of die vroue hierdie hut mag betree of nie; daarom doen ons nou ook wat aan ons opgedra is, en die Heer sal dan doen wat Hom welgevallig is! Amen."

24. En so tree die vaders, deur Purista gelei, die hut binne; maar die vroue, op Eva na, bly buite.

25. Pura en Naëhme gaan egter ietwat verder op en beide bid tot God en skik hulle baie tevrede in hulle lot, hulle offer hulle vrome nuuskierigheid op aan die Heer en loof en prys die Vader vol van liefde, barmhartigheid en erbarming.

26. Terwyl hierdie twee so vol verlange wag, kyk, daar kom `n man uit die rigting van die middag uit en hy gaan direk op die twee verlangendes af. Toe hulle dit merk, wou hulle vlug; maar die man gaan hulle agterna en het hulle ook baie spoedig ingehaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205