Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die bosbrand wat deur Lameg, koning van die Diepte, aangesteek is

28 Maar omdat Lamel dadelik sien dat Henog vinnig op hom afkom en naas hom nie minder vinnig nie, die hoë Abedam, laat hy die twee dadelik los en val voor beide wat hom tegemoet kom, ter aarde en loof, prys en dank die hoë Abedam vir die groot erbarming en die liefde wat Hy sy broer Hored en dié se vrou Naëhme deelagtig laat word het. En daarna ook vir die groot barmhartigheid wat Hy hom betoon het, deurdat Hy hom as `n kragtige redder vir hulle beide uitverkies het.

2. Toe die hoë Abedam nou saam met Henog by die drietal aankom, laat Hy Lamel van die grond af opstaan en sê toe vir hom:

3. "Lamel, jy ken vir My en Henog, - jou geredde broer ken My nie, maar ken slegs vir Henog; sy vrou ken nóg vir jou nóg vir Henog en My wel die allerminste; laat ons daarom voorlopig swyg oor ons, wie en wat ons na waarheid is, en langs `n ander weg die môrehoogte van Adam bereik en dan eers daar tot `n innerlike herkenning kom! Amen."

4. Nouliks het die hoë Abedam egter hierdie toespraak beëindig of sien, daar styg op dieselfde oomblik agter die môre en middagland `n geweldige rook op, asof nagenoeg een kwart van die aarde aan die brand geraak het!

5. Henog wend hom nou in stilte tot Abedam en sê vir Hom: "Heilige Vader! Kyk net daar, daar styg `n geweldige rook op uit die diepte! Wat is daar aan die gang?"

6. En Abedam antwoord hom: "Wees slegs `n kort tydjie geduldig en julle sal julle spoedig van Lameg se groot vermetele boosheid kan oortuig!

7. Sien, omdat die storm van gister besonder groot verwoesting aangerig het in die tuine van Lameg en aan sy ryk kuddes groot skade veroorsaak het, stuur hy nou gewapende knegte en voorsien hulle van brandende fakkels om al die woude aan die brand te steek en daardeur die berge tesame met hulle oorspronklike bewoners in die as te lê! Sien, dit is die oorsaak van die rook!

8. Kom egter saam met My na die groot wit rots, dan sal ons die brandstigters nog op heterdaad betrap! Amen." 

9. En dadelik begewe die vyf aanwesige persone hulle saam met Abedam na die groot wit rots.

10. Toe hulle na `n kort tydjie daar aankom, wys die hoë Abedam Henog oor die rand van `n groot en hoë vooruitstekende rotswand heen die brandstigters in die laagte aan.

11. Toe Henog dit sien, raak hy vuur en vlam, selfs so dat hy met luide stem tot Abedam uitroep:

12. "O, Heer, wat slegs deur my hart genoem word! Het U dan gister alle bliksems verbruik?! Sien, hier sou enkele duisende uitstekend gebruik kon word vir hierdie sondaars!

13. Die wurms wil hulle teen God verset! O Heer! Nou sou ek werklik `n klein bietjie gebruik wil maak van die krag, mag en die gesag wat U aan my verleen het!

14. O son, stralende groot werkplek van die groot bliksems van die Heer, - laat daar nou vinnig duisende kragtig, knetterend op die aarde neerflits en elkeen daarvan vergesel van `n nooit gehoorde donderslag, sodat die aarde tot binne in haar grondvesting begin te tril!"

15. En die hoë Abedam gryp Henog se hand en sê vir hom: "Halt, halt, My geliefde Henog! So vurig soos wat dit daar onder begin is, sal ons die saak beslis nie aanpak nie!

16. Ons laat die bliksems hierdie keer maar met rus; want sien, ons vier vandag immers die Sabbat en dit is geen dag van die oordele nie, maar `n dag van rus, van vrede en van liefde, van barmhartigheid, van erbarming wat daarvan uitgaan en van alle seën uit God die Heer en Skepper van alle dinge en Vader van alle engele en mense!

17. Wee egter alle skepsele, as die Sabbat ooit `n dag van vervloeking sou word!

18. Laat ons daarom ook vandag hierdie blinde sondaars die beregtiging deur vuur kwytskeld en in die plek daarvoor uit die wolke `n werklik ryklike reën laat neerval oor die werk van die blinde dwaasheid en boosheid, - en julle kan verseker wees daarvan dat elke druppel `n brandende boom meer ten goede kom as duisend bliksems op die plek van elke druppel.

19. Sien, vir hierdie keer sal ons die vuur nog met water blus, want die tyd van vuur vir vuur is nog veraf; wanneer dit egter kom, wee dan die berge, bome, struike en die gras van die aarde.

20. Dog nou verder niks meer oor die vuur nie; jy, Henog, strek nou in My Naam jou hande uit en gebied die wolke dat hulle hulle versamel tot `n ryklike reën oor hierdie reeds aansienlik uitgebreide bosbrand! Dog die hoogtes sal daarvan vry bly vir vandag, môre en oormôre; want dit is die tyd wat bestem is vir My sigbare teenwoordigheid vir almal. Vervul dus nou My wil in jou! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205