Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 280

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Adam se nuuskierige vraag en Henog se antwoord. Purista word deur die Heer uitgenooi na die heuwel. Die ergernis van die vroue. `n Evangelie vir die vrou deur Eva. Henog en Sehel. Die verheerliking van Sehel

280 Toe Henog dit van die Heer verneem het, loof en prys hy in die gees van sy groot liefde die getroue en liefdevolste Vader en volg dadelik Sy verhewe wenk op.

2. Toe hy egter baie gou terugkeer en die Heer met die drie rein wesens nog nie die plek wou verlaat nie, vra selfs Adam aan Henog, wie die man dan tog wel kon wees, dat hy nie eens Henog se bevel opvolg nie.

3. Maar hierop sê Henog vir Adam en ook vir die ander: "Die man wyk nie van die plek nie, omdat ek dit nie heeltemal aan Hom voorgestel het nie en ook nie aangeraai het nie; en ek het dit nie gedoen nie, omdat ek dit volslae onnodig vind! Dit is die voorlopige rede; dit wat sal volg sal julle nog vroeg genoeg baie duidelik voor oë staan!"

4. Purista loop nou na Henog toe en vra vir hom: "Verhewe, enige hoëpriester van die almagtige God op hierdie aarde! Dink jy dan nie dat die Mees heilige nie kom nie, omdat ons hierdie toneel duld, wat vir die moeders onbetaamlik voorkom en selfs jy heeltemal niks daarvoor skyn te hê nie?"

5. Maar Henog vra vir Purista: "Luister, wonderlike Purista, vind jy dan iets onbetaamlik aan hierdie toneel?

6. Sien, ek het die Man op die eerste oogopslag herken en het in Hom ware, suiwer liefde en die mees verhewe, goddelike, diepste wysheid gevind, omdat Hy my in weinig woorde te kenne gegee het dat ek, met al my hoëpriesterlike wysheid, ten opsigte van Hom, nie meer as `n stommerik is nie!

7. En as dit volgens my getuienis onweerlegbaar die geval is, dan sien ek nie in waarom ons dit nie sou duld en waarom dit nou juis die rede sou wees wat die koms van die Heer vertraag nie.

8. Inteendeel, Hy sal daarom maar net baie vroeër hier gewees het as wat julle Hom verwag het!

9. Kyk nou net na Lameg en Hored, wie se vroue hulle tog by die Man bevind en Hom tot sterwens toe liefhet! Sien, beide sou as eerstes geregtig wees om hulle vroue `n soortgelyke gedrag te verwyt en hulle daar weg te stuur; maar hulle is rustig en offer alles met liefde aan die Heer op en sê by hulleself: 'Die Heer weet daarvan en het Sy heilige liefdesredes waarom Hy dit laat gebeur!'

10. As diegene, vir wie die skoen druk, nie weeklaag nie, - welke rede sou ons dan, wat nie daarby betrokke is nie, daarby hê?

11. Luister nog verder na my, wonderlike Purista! - Kyk, die Man het met my gepraat en sê: 'Henog, stuur My ter genesing van die dwaasheid van hierdie vroue ook vir Purista hierheen!' Wat wil jy nou doen?"

12. Hierop bloos Purista en sê na `n pouse baie verleë vir Henog: "Maar Henog! Wat vereis jy nou van my en wat verlang die man daar?! Weet jy dan nie welke gebod die Heer my gegee het nie?"

13. En Henog antwoord haar: "Dit weet ek netso goed soos jy; want jou hut val immers onder my ampsgebied, omdat die Heer die hele geestelike amp op aarde aan my opgedra het! Maar desondanks sê ek, die enige hoëpriester van God op aarde, vir jou: Gaan na die Man toe vir die welsyn van alle vroue van hierdie streek; want as jy nie daarheen gaan nie, sal die Heer nie verskyn nie! Volg dus my raad op!"

14. Purista word by hierdie woorde van Henog rooi van skaamte en weet nie wat sy moes doen nie. Maar na `n tydjie vermaan sy haarself tog weer en wend haar weereens tot Henog en vra vir hom:

15. "Jy het tog nou net gesê dat jy die man dadelik volkome herken het; kan jy my dan ook nie sê wie die man is nie?"

16. En Henog antwoord haar: "Heerlike Purista, nou is jy gereinig en kan ek jou baie stilletjies sê, dat die Man my opgedra het om jou te sê dat jy na Hom toe moet kom omdat Hy die Heer is! - Maar swyg voorlopig en gaan na Hom toe! Amen."

17. Toe Purista dit hoor, doen sy dieselfde as Ghemela en uiter `n harde kreet vol opperste verrukking en gaan na die Heer toe. By Hom aangekom, werp sy haar dadelik aan Sy heilige voete, omarm dit en bedek dit met trane van vreugde en suiwerste liefde.

18. Maar die Heer tel haar op en neem haar ook op Sy arm.

19. Toe die ander vroue dit sien, was dit dan ook geheel en al gedaan met hulle. Hulle begin gewoonweg te huil en verwens hierdie plek en storm na Eva toe en wys haar op hierdie gruwel en kla geweldig oor so `n onbetaamlikheid.

20. Maar Eva sê vir die kermende vroue: "Laat die manne, wat ons meesters is, tog as eerste kla en moet hulle nie vóór wees nie! Wanneer hulle sal kla, dan kan julle huil; maar dit sal nooit geregverdig wees as `n vrou kla nie!

21. Ek is julle moeder en is vir julle almal nog `n lewende ewebeeld; maar as julle anders sal wees as wat ek is, dan sal die wêreld deur julle ten gronde gerig word!

22. Ek was slegs één keer my meester vóór gewees, en hierdie voorbarigheid het my byna die bestaan van die hele skepping gekos!

23. Hoewel die Heer erbarming gehad het met my swakte, kos dit tog die dood van ons liggaam!

24. Maar wat sal julle deur julle gekla bereik, noudat julle daardeur die rus van die meesters verhinder?! Kom daarom tot besinning en verdra alles met geduld en met groot oorgawe, dan sal julle geregverdig wees voor God! Want die geregtigheid van die vrou bestaan slegs in die sagmoedigheid van haar hart; maar `n klaende vrou is `n doring in God se oog.

25. Kla daarom nie, noudat julle sagmoedig en verdraagsaam moet wees! Want die gekla van `n vrou is `n skerp mes en verskeur die trou van die manlike hart; maar die sagmoedigheid is `n sterk band, wat die hart van die meesters aan ons bind, en die meesters sal dit nie verskeur nie.

26. Begryp dit; voeg julle volgens die goddelike orde, en swyg! As julle geen wet het nie, waarom maak julle dan asof julle een het! Laat die meesters daarom bestuur en alles bylê!"

27. Na hierdie woorde van Eva swyg die vroue eindelik, en Henog roep vir Sehel na hom toe en sê vir hom: "Broer, die Heer het jou nodig! Gaan daarom na Hom toe, waar jy Hom daar op die grasheuwel sien; maar verraai Hom nie voordat dit die regte tyd is nie!

28. Die Heer sal jou nou verheerlik en jou dan bemagtig tot die verrigting van Sy hoë diens in die wêrelde!

29. Gedenk my egter in jou groot suiwerheid; want ook vir my sal die Heer eendag verheerlik soos wat Hy jou nou verheerlik en jou eindelose volmag sal gee.

30. Haas jou daarom na Hom toe, na jou en my God! Amen."

31. Vervul van die grootste vreugde en liefde haas Sehel hom dadelik na die Heer toe. Toe hy die heuwel bereik, staan die Heer op, reik hom Sy regterhand en sê:

32. "Sehel, sien, My groot akkers is bewerk, die saad is in die vore gelê; nou benodig dit `n goeie versorging, sodat dit kan opkom en ryp word tot `n ewig lewende vrug!

33. Daarom roep Ek jou nou terug, en gee jou `n groot mag om in die eindelose ruimte van die wêrelde te werk volgens My wil.

34. Hier is die swaard van My mag en daar die vyand van My liefde; gryp dit, gaan heen en stry altyd teen die draak! Amen."

35. Hierop verdwyn Sehel plotseling en word verder nie meer gesien nie.

36. Toe alle gaste en die vroue dit sien, oorval `n groot angs hulle en almal sê: "Hierdie man moet `n groot magtige bode van die Heer wees!" en hulle val neer en aanbid God.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205