Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die tog van die vyftal oor die smal voetpad van die deemoed na die Hoogte. Belangrike vraag van Abedam aan Hored en Naëhme

30 En nou trek die klein geselskap voort oor `n smal pad wat benede die grot loop en wat anders deur die kinders van die môre gebruik was om op die hoogte by die hoofstamvaders te kom en uit eerbied vir Adam die grot te vermy en haar in `n sekere sin nie deur daaglikse gebruik te ontheilig nie, aangesien hulle haar as iets gewyd beskou het.

2. Dit voetpad was derhalwe `n weg van die deemoed en die hoë Abedam het dit dan ook uitgekies om ten eerste aan die twee nuwelinge te toon welke weg hulle moes inslaan om die hoogte van die lewe te bereik en ten tweede om hulle deur die teken in `n sekere sin ook reeds van vooraf aan te gee op welke weg hulle Hom slegs werklik kon herken.

3. En dus bewandel hulle hierdie weg weliswaar moeiliker, maar andersyds `n baie korter weg. Naëhme bly met haar mooi koninklike gewaad menigmaal aan die dorings van die talryke haak-en-steek hang en was telkens druk daarmee besig om haar van alle kante los te maak.

4. Maar namate sy bo-op die hoogte kom, raak die weg steeds digter met struikgewas begroei, waardeur dit vir Naëhme ook steeds moeiliker begin te word om haar los te maak, so erg selfs dat sy ten slotte heeltemal nie meer verder kon kom nie en huilend om hulp begin te roep.

5. Maar omdat sy as gevolg van die baie oponthoude ietwat agtergeraak het en die vier manne gevolglik `n hele end vooruit was, hoor hulle haar geroep skynbaar nie en hulle sit vrolik hulle weg voort.

6. Toe die manne nou op die oop hoogte aankom, bly Abedam staan en wend Hom om tot hulle wat hom vinnig volg en maak asof Hy wil sien of almal welbehoue met Hom op die hoogte aangekom het en vra hulle toe na `n kort rusperiode, uiterlik gesien ook werklik gemeen: "Nou dan, kinders van God, is ons almal byeen?"

7. En Hored, wat nou eers bykom van sy verbasing oor die verskynsel by die wit rots, sien baie gou dat sy geliefde vrou ontbreek en skrik erg daaroor. Omdat Abedam sy groot verleentheid opmerk, roep Hy hom na Hom toe en sê vir hom:

8. "Waarom is jy nou onnodig besorg terwyl jy vroeër nie wou omkyk na jou vrou, wat met haar koninklike klere vasgesit en bly hang het aan die dorings langs die smal pad en daarby jou om hulp geroep het, terwyl jy doof was vir haar stem?!

9. Keer liewer terug in plaas van om dwase sorge te maak en help haar uit die nood; want dit is nie ver van hier af dat sy verstrik geraak het in `n groot doringbos nie!

10. Gaan daarom en help haar en bring haar dan welbehoue hierheen; ons almal sal op jou wag! Amen."

11. Maar Hored word nou nog verdrietiger, val op die aarde en begin as volg te smeek: "Luister na my, o broeders in God, luister na my, - of as iemand `n vader vir my is, laat hy my verhoor!

12. God, ons aller meer as Heilige Vader, moet Hom volgens die woorde van my broer Lamel werklik, vervul van liefde en erbarming, sigbaar in die midde van die vaders op die hoogte bevind!

13. As dit die geval is, dan is alles vir my duidelik!

14. Sy eindelose gewydheid kan immers nie duld dat my stellig onreine vrou hierdie heilige hoogte sou mag nader nie.

15. Wat vir `n nut het dit om terug te gaan as daar nie een van julle saamgaan en my help om my vrou uit al die duisend doringkloue los te maak nie?

16. O Henog, of jy broer Lamel, of jy, vreemde, beslis ook magtige vriend, verlaat my nie en laat my arme vrou nie versmag nie!

17. O ek sien nou al in, dat ek julle nie tot hier moes gevolg het nie, omdat ek in God se oë `n groot sondaar geword het en eweneens in julle oë, julle manne en kinders na God se hart!

18. Ja, ja, hier het ek in `n hoë mate gefaal! Ek wil, ja ek moet terug; maar laat slegs een van julle met my teruggaan en my help om my arme vrou te bevry!

19. Laat hy my dan egter êrens vlak by die wit rots `n plek aanwys; daar wil ek met my vrou my lewe lank my groot skuld beween! Maar verhoor my slegs vir hierdie keer, Amen; julle wil geskied, Amen!"

20. Gedurende die tyd wat Hored op die grond gelê het, en sy jammerbede uitgebring het, stuur Abedam gou vir Lamel om vir Naëhme te gaan haal en wel op `n ordelike manier, sodat sy heeltemal ongedeerd bly.

21. En so gebeur dit, dat, nog voor Hored sy jammerlied beëindig het, Naëhme haar reeds, behoue en wel, in die midde van hulle bevind het.

22. Toe hy dan, soos hiervoor vermeld word, sy klaaglied beëindig het, vra Abedam hom:

23. "Hored, terwyl jy hier kla, sou Naëhme wel heeltemal ten gronde kon gaan! Wat se nut sou dit wel hê as ons haar nie meer aangetref het op die plek waar sy agtergebly het nie?!

24. En aangesien jy meld dat sy en jy, gesien die gewydheid van die sigbaar aanwesige JaHWeH wat nou op die hoogte van Adam is, nie mag nader nie; moet jy My eers sê wie Lamel dan die mag gegee het om jou saam met jou vrou te red van ondergang in die diepte van jou dwase, wellustige verborgenheid!

25. Sien, omdat dieselfde heilige JaHWeH dit doen, wat sou Hom dan nou verhinder, om julle voor Hom te laat verskyn en ook te seën, as julle die seën waardig is?!

26. Staan nou op, jou dwaas, en leer die heilige JaHWeH beter ken! Amen."

27. En Hored sê daarop vir Abedam: "Magtige vriend, broeder, of vader! Solank een van julle my die gevraagde hulp vir my arme vrou en my nie toespreek nie, staan ek nie op van hierdie plek nie, ook al sou julle my daarom met slange tugtig! As my vrou vanweë my dwaasheid ten gronde moet gaan, dan wil ek ook ter wille van haar hier vir my dwase nalatigheid boet voor God en alle vaders!"

28. Toe roep Abedam Naëhme nader en wink vir haar om die dwase Hored op te rig.

29. En Naëhme kom dadelik, gryp Hored se hand en spreek die volgende woorde:

30. "Maar Hored, waarom kla jy hier terwille van my? Sien, ek is immers lankal behoue en wel hier op hierdie hemelse hoogte, deur jou broeder gered op die woord van hierdie wonderlike onbekende vriend!

31. Staan daarom tog op volgens die wil van hierdie edele vriend!"

32. En dadelik spring Hored op van vreugde en dank die onbekende met trane in sy oë vir die so vinnige en vir hom so geheel onvermoede redding van sy vrou.

33. Maar Abedam sê daarop vir hom: "Hored, Hored, jy is nog baie dom; vertel My net, hoe stel jy JaHWeH eintlik vir jou voor?

34. Dalk as `n kragtige wind, of as `n helder oplaaiende vlam, of as `n son, of as `n groot bliksemstraal?

35. Sê my eers hoe jy Hom vir jou voorstel! Amen."

36. Hored antwoord egter dadelik daarop: "O vriend, vra dit tog nie vir my nie; want wie sou God ooit in so `n eindige lomp vorm durf giet?!

37. God is immers ewig en oneindig! Welke vorm sou dan geskik wees vir Hom, vir Hom, die oneindige God?!"

38. En Abedam antwoord: "Ja waarlik, vir jou nog baie dom vorm sekerlik nie!

39. Maar Naëhme, die kind van die wêreld, moet My sê hoe sy die heilige JaHWeH vir haar voorstel!"

40. Hierop glimlag Naëhme en sê ten slotte: "O, hemelse goeie, wonderlike vriend, vergewe my dat ek my ook geen korrekte voorstelling kan maak wat Hom waardig sou wees nie; maar tog kan ek dit nie verhelp, - dat ek Hom die allerliefste in jou gedaante sou sien!

41. Vergeef my, as ek nou miskien ook iets eg doms gesê het!"

42. Maar Abedam sê vir haar: "Wees getroos, jy mooi vrou; waarlik, Ek sê vir julle, in hierdie gedaante van My sal julle baie gou JaHWeH, die ewige, oneindige magtige God en in Hom die heilige, mees liefdevolle Vader herken! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205