Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam sowel Mens as God. Naëhme se groot liefde tot JaHWeH

32 En toe wend Abedam hom tot Naëhme en sê, haar as`t ware vraend: "Naëhme, omdat jy My vroeër gevra het of Ek nie die heilige JaHWeH aan jou wil toon as Hy die vaders van die een of ander kant sou benader nie, is jy dan nou ook volkome tevrede, noudat Ek jou JaHWeH in Myself getoon het en kan jy wel glo dat Ek as Mens ook tegelyk JaHWeH, die ewige, groot God is?"

2. Hierdie vraag vind Naëhme aanvanklik weliswaar ietwat vreemd, maar baie spoedig skep sy moed en antwoord Abedam met `n uiters sagte stem, `n stem wat slegs die waaragtige edele, teerste vroue in hulle oomblikke van die diepste liefdestoegewyde eie is:

3. "Hoogste, mees verhewe, mees Heilige God! Ek, arme sondares, sou U geloof het as U vir my sou gesê het: ‘Kyk, in die aanwesige middagbriesie trek JaHWeH nou verby, slegs sigbaar vir enkele vaders!’

4. Waarlik, my hart sou hierdie wonderlike troos met die grootste voldoening ontvang het!

5. Hoeveel te meer kan ek nou van U aanneem dat U Hom aan my, onwaardige vrou, Self werklik in die vir my, soos ek al eens vroeër opgemerk het, aller aangenaamste, lieflikste, heerlikste, menslike gedaante en vorm so buitengewoon mild, sag en minsaam toon en U Hom op die mees barmhartige wyse aan my openbaar.

6. O, Mees Heilige, ek weet dit nog goed van my moeder Zilla, dat U in elke vorm van dit wat ooit geskape was, geheel alleen werksaam is en niemand het wat U daarby sou kon help of dat U iemand se hulp nodig sou hê nie, maar dat U oral slegs aan Uself volkome genoeg het.

7. Maar ek weet ook van my moeder dat U, wat U wese betref, seker slegs as die mees volkome mens gesien moet word; en aangesien ons, U skepsele, ons onmoontlik ooit `n meer volmaakte voorstelling kan maak van God as slegs in die wonderbaarlike wonderlike vorm van `n mens nie, sou immers elke ander voorstelling wat ek van U het, U des te onwaardiger wees, namate dit meer verwyder is van die menslike vorm!

8. O, U meer as Heilige, ek sou U nog meer kon noem waardeur ek U herken en rotsvas glo dat niemand anders is as slegs die heilige JaHWeH!

9. Maar sien, ek sou my immers op `n onbetaamlike wyse kon verspreek, - en dit sou U, ja miskien in stilte, tog `n bietjie verdriet aandoen! En dit sou miskien ook nie gepas wees ten opsigte van U, asook van hierdie beslis aller eerbiedwaardigste vaders, as ek sou wil sê wat daar nou alles so vurig in my hart vir U getuig!

10. Maar U kyk immers stellig ook nog beter as ekself in my hart in; dit sal U alles vertel wat my swak mond gladnie in staat is nie.

11. Maar laat my versoek nie onverhoord bly nie: U moet nie die brawe Hored te swaar straf nie, as hy hom ten aansien van U gewydheid aan iets skuldig gemaak het, en wees hom en my barmhartig en vol medelye en verstoot ons nie geheel en al nie!

12. Want, as hy gefaal het, dan was ek immers die skuldige oorsaak van sy vergryp en daarom kan U my ook straf in plaas van hom; ek is immers tog al `n droewige vrug van die nag en die sonde en dra in my reeds die ewige dood, wat altyd `n sekere straf vir die sonde is!

13. Hoe kon Hored aan my armsalige duister kant vir U welgevallig bly soos die ander vaders, wat nooit aan die versoekinge van Hored blootgestel was nie?!

14. Sien daarom, goeie, heilige JaHWeH, is ek dan nie in U oë die enigste wat die skuld dra aan die val van Hored nie?

15. O, wees daarom ook hom en my, arme sondares, barmhartig en betoon medelye! U Heilige Wil geskied! Amen."

16. En Abedam antwoord haar: "Jy het vir My waarlik baie dierbaar geword Naëhme! Wat jou versoek betref, dit is al baie vroeër verhoor as wat jy dit aan My kenbaar gemaak het; dus wat dit betref, kan jou hart volkome rustig wees!

17. Maar jy het My netnou gesê dat jy My nog baie meer kon noem waaraan jy My herken en daarom nou ook vas aan My glo en daarvan oortuig is dat daar buite My nêrens meer een of ander JaHWeH bestaan nie.

18. Wees nie bang om jou uiteindelik te verspreek nie, - en sou jy `n hele dag of `n hele jaar of jou lewe lank, ja al sou jy met My `n ewigheid lank wil praat; dan sou dit vir My nooit te veel word nie. En wat jy in jou liefde vir My sê is alles betaamlik vir My, net soos vir al die vaders. Vertel My daarom maar openlik wat jy so moeilik kan verswyg!

19. Dat Ek in één blik jou hart geheel en al deurskou net soos Ek in één oogopslag die algehele oneindigheid van die kleinste tot die grootste deursien, - daaraan sal wel niemand twyfel wat My, veral in sy eie hart, herken het; maar juis daarom weet Ek ook wat daar nog alles in jou verborge is en sou vanweë die vaders graag sien, dat jy dit hier openlik en sonder skroom aan My meedeel.

20. Liewe Naëhme, as jy My werklik liefhet, kom dan, kom en stort jou hart uit voor My, jou geliefde, heilige JaHWeH! Amen."

21. En hierby begin Naëhme heeltemal te straal van skoonheid, lieftalligheid en die allervurigste liefde en vra Abedam met `n alles oorwinnende, van liefde trillende, vreesagtig welluidende, waarlik maagdelike kuis stem:

22. "O, U meer as heilige, mildste, lieflikste, sagmoedigste, allerteerste JaHWeH! Mag ek, `n arme sondares, U dan ook net so liefhê as U kinders en U dogters hier U mag bemin? O mag ek dit? Ek, - `n kind van die wêreld, `n dogter van U – o, ek kan dit nie uitspreek nie! Sou ek U ook so mag liefhê?! O, my JaHWeH!"

23. Hier val sy neer en huil en huil, omdat sy haar te onwaardig voel vir My Liefde.

24. Dadelik loop Abedam na haar toe, neem haar arm, help haar orent en druk haar vervolgens onverbloemd ten opsigte van al die vaders sigbaar heftig teen Sy bors en hou haar so `n tydlank in Sy arms; en toe Hy haar weer loslaat, vra Hy nog een keer: "Wel, My geliefde Naëhme, sal jy My nog een keer vra of jy My mag liefhê?"

25. En Naëhme val by die vraag voor die voete van Abedam neer en bevogtig dit met haar trane; ja, met die vurigste liefdestrane bevogtig sy die heilige voete van JaHWeH.

26. Abedam word egter ontroer en sê met `n luide stem: "Kinders, sien dit aan! Hier aan My voete lê nou meer as wat die son, maan en alle sterre kon bied! Hier lê `n nuwe dogter van boete, berou en die allerhoogste liefde!

27. Dit is makliker om My te vind en te bemin in die ryk van die lewe as in die ryk van die dood; sy het My egter reeds in die dood gesoek en liefgehad!

28. Daarom sal sy nou dan ook met `n wederliefde van My kant af beloon word soos geen mens op aarde nog ooit ervaar het nie!

29. Ja, geliefde Naëhme, jou hand behou Ek vir Myself, omdat jy jou hart al so lank vertroulik aan My gewy het!

30. Naëhme, jy behoort nou slegs aan My! Sien, so wreek Ek My op My vyande, naamlik met vaderliefde!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205