Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Waarheid sonder Liefde deug nie vir die lewe nie. Liefde en lewe. Die doel van die vrou.

34 Na die innerlike gesprek met homself staan Hored op en gaan met `n vasberade pas na Abedam toe en wil daar, ten opsigte van alle vaders, sy dank uitspreek; maar Abedam was hom voor en sê vir hom:

2. "Hored, dink jy dan dat die stille gesprek in jou hart My ontgaan het? - Laat die gevoel ver van jou af wees!

3. Sien, toe jy sien dat Naëhme so goed as geheel vir jou verlore was, keer jy eers in jouself terug en kon jy jou tot My wend!

4. Dit was weliswaar tereg dat jy jou tot My gewend het en jy het jou in alle waarheid omgeswaai, - maar dit was `n droë ommekeer. Omdat jy My aan die einde van die innerlike gesprek met `n opgewonde hart kon vra, dat, as daar al iemand gestraf moes word, Ek hom liewer met vuur, gif en skerpioene as met Naëhme's sou straf, - en dat Ek verder tog eens genoeg sou moet kry van die straf!

5. Sien, uit so `n versoek blyk nog baie weinig liefde tot My en liefde vir die naaste.

6. Jou gedagtes behels die volle waarheid, maar tog deug dit in die geheel nie vir die lewe wanneer dit nie gepaard gaan met die liefde nie!

7. Ek sê jou egter: As jy oor Naëhme gehuil het, dan sou Ek liewer gewees het vir jou as nou; want dan sou jy My getoon het dat jou hart vervul was van liefde, - dit het net `n verkeerde rigting gehad, maar dit sou maklik verhelp kon gewees het.

8. So het jy My weliswaar oop oë getoon, maar `n geslote hart; die oë deug nie vir die opneem van die lewe nie, maar slegs die hart. En sien, juis dit wat lewend in jou sou moet wees, is dood in jou!

9. Jou gedagte is maar vir die helfte waar, omdat daar geen liefde in is nie; sou daar liefde in wees, dan sou sy sekerlik tot `n ander slotsom gekom het as hierdie verkeerde een: dat Ek as Vader in `n sekere sin slegs welgevalle sou hê aan straf! Hoe dwaas!

10. My ewige ordening van die allerhoogste en suiwerste liefde neem jy op as `n straf en jy vra My: Kry nou eens genoeg van die straf!

11. Sien, as Ek nou aan jou dwase versoek gehoor sou wil gee, wat sou daar dan weldra van die skepsele tereg kom?

12. Sodat jy egter jou dwaasheid volledig insien, sal Ek vir die doel jou versoek aan die ou, magtige seder daar vervul!

13. Nou, wat vind jy daarvan? Waar is die magtige boom nou? Sien, daar het ook nie die geringste spoor meer van oorgebly nie!

14. Begryp jy nou waartoe die verhoring van jou versoek vir die skepsele sou kon lei en sien jy nou ook jou groot dwaasheid en hoeveel lewe daar in jou aanwesig is?

15. Ek sou jou liewer met vuur, gif en skerpioene moet straf as met Naëhme?! - Sien, dit is waar dat Ek die vrou aan die man gee tot sy verdeemoediging, omdat Ek al sedert die ewigheid weet hoe dit met die alleenstaande hart van die man uitsien.

16. Slegs in die opsig - slegs vir die helfte sou die vrou gesien kon word as `n klein strafgerig op die hoogmoedige hart van die man; wanneer iemand daarby slegs `n klein bietjie verder dink, moet hy dan nie spoedig insien dat juis die oënskynlike strafmiddel `n baie groot hulpmiddel, ja een van die mees belangrike middele is om die ware, volkome, mees salige, ewige lewe in My te bereik nie?!

17. Sien, Ek sê dit nou reeds vir meer as die duisendste keer, slegs die liefde tot My en daardeur ook tot jou broeder en jou suster is `n voorwaarde vir die ewige lewe en wel daarom, omdat juis in Myself die oerewige fundamentele lewe van al die lewe in sy gehele heilige eindelose uitgestrektheid niks anders as suiwer liefde is nie.

18. As jy die liefde dus nie het nie, waar moet jou lewe dan vandaan kom?

19. Want as iemand My nie opneem in sy hart nie, terwyl Ek tog alleen die lewe is, - hoe en waardeur sou hy dan moet lewe?

20. Ek is die ewige liefde Self; as iemand se hart dus sonder liefde is, is dit dan vir My ook nie in dieselfde mate sonder lewe nie?

21. Gaan nou terug en hou `n klein bespiegeling en sien wie daar in die eerste plek aan die hart van die kind die liefde leer deur die liefde, wie die hart in die eerste plek tot liefde en lewe wek!

22. Wie voed die hulpelose kind uit haar eie bors? Wie het jou dan jou eerste voeding gegee en jou gedra op haar teer, sagte hande vanuit die dood die eerste lewe binne? Kyk na jou moeder, jou dwaas!

23. Toe jy egter as jongeling die manlike krag in jou voel ontstaan en jou trots wou verhef, asof jy geroep was om son, maan en alle sterre met groot veragting te verbrysel en so jouself te verstrooi in die ewige niks, wie het jou toe tegemoet gekom, - wie kluister toe jou hart vir die liefde en die lewe in jou, - wie lei jou toe weer vir die eerste keer terug in die eie woning van die lewe, - wie leer jou toe weer opnuut die liefde, wat jou moeder jou geleer het, maar wat jy vergeet het?

24. Wie, sê dit vir My, wie was die engel wat jou met haar gehele liggaam luid toegeroep het: 'Hored, wees lief, wees lief, wees lief - en leef; maar bemin rein, bemin in God en leef in God en leef vir my en klop nie aan die poorte van die dood nie!'?

25. Sien, hier aan My voete lê en bemin hierdie engel, wat jy vir vuur, gif en skerpioene sou wil ruil; sien, dit is Naëhme!

26. Gaan nou heen en betreur jou dwaasheid; en wanneer jy liefde sal voel in jou hart, ja, Ek sê jou, `n magtige, kragtige liefde tot My, jou heilige, goeie, mees liefdevolle Vader, - staan dan op en kom terug, sodat Ek jou sal seën met die ewige lewe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205