Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam by die berouvolle Hored in die grot. Hored aan die bors van die Heilige Vader

38 Na hierdie woorde verstom Hored se tong weliswaar, maar hoe harder word dit in sy hart; want sy soek en soek na geskikte en deugsame heilige woorde om op waardige wyse uitdrukking te gee aan sy dank en die groots moontlike liefde wat die mens maar kan hê ten aansien van God. Maar dit was tevergeefs; hoe dieper Hored in sy hart deurdring en hoe yweriger hy alle verborge hoeke daarvan deursoek, soveel minder kon hy vind wat hy nou so graag wou gevind het.

2. Nou roep Abedam terselfdertyd vir Henog, Lamel, Gabiël met Purista en Lameg met Ghemela na Hom toe.

3. Maar toe Naëhme die naam van haar vader hoor, skrik sy geweldig; want sy dink dat hy miskien deur die deurtastende newelagtige gedaante by die wit berg na hierdie so heilige plek omhoog gevoer was.

4. Maar Abedam stel haar spoedig gerus deurdat Hy vir haar sê: "Naëhme, - hoe kan jy angs hê as jy by My is? Is Ek dan nie die Heer van alle dinge, alle wesens, alle oneindighede en van alle ewigheid nie!

5. Sien, daarom is jou vrees immers verniet; en bowendien het die deur My geroepe Lameg niks anders as slegs sy naam met jou vader in gemeen nie!

6. Want hierdie Lameg het sy naam vanuit My en dit beteken: Hy is van My Liefde; hy is vir My; hy herberg My skat in hom!

7. Wat egter die gelykluidende naam van jou vader betref, dit was in dieselfde betekenis aan hom gegee deur die Satan, wat My grootste vyand is.

8. Maar vanweë jou vader moet jy nie besorg wees nie; want Ek is ook `n algeheel magtige Heer van diegene wie se getroue, maar hoogs ongelukkige dienaar julle vader is en Ek sal te gelegener tyd daarvoor sorg dat ook sy oë oopgaan.

9. Wees daarom nou volkome rustig, My nuwe dogter van die ware berou, die ware boete en liefde, en volg My naby aan My sy met die orige geroepenes na die plek waar Hored nou uit groot deemoed en liefde tot My die beweeglikheid van sy tong verloor het!

10. Maar jy, Set, en Enos, Kenan, Mahalaleël, Jared en ook jy Metusalag, gaan na die huis met julle vroue en kinders en sorg vir voldoende etes en drinkgoed; want vandag, môre en oormôre sal alle kinders aan die tafel van hulle Vader eet!

11. In julle hutte sal julle alles in die korrekte hoeveelheid aantref; bring dit intussen maar hierheen!

12. Ons sal ons egter begewe na die plek waar `n nuwe, groot, troue broeder op ons wag! Amen."

13. Hored merk weldra dat `n hele geselskap van die môrehoogte van Adam, in die rigting van die grot beweeg; vanweë die nogal groot afstand kon hy nie uitmaak wie almal die geselskap vorm nie.

14. Eers toe die geselskap sy plek nader, sien hy hoe laat dit was, - hy herken naamlik al spoedig die hoë Abedam in die middel van die geselskap!

15. Nou het dit dan ook met hom gebeur, sodat hy daarop met groot liefde heftig uitroep: "Nee, nee, dat kan nie waar wees nie, nooit, nee!

16. Ek `n sondaar, ja, byna `n broedermoordenaar, - ek, - wat meer as alle bokke en honde vervul was van die hewigste wellus en vol onrein gedagtes, - ek, die grootste dwaas, sou nou stand moet hou voor die oog van Die Een wat my geskep het, in die aangesig van God, in die aangesig van die mees Heilige Vader?!

17. Aarde, het jy nie êrens `n wye kloof, wat my vir alle ewighede veilig sou wil opneem in haar diepste dieptes nie?!

18. Of jy, hoë grot, kan jy nie `n swaar klip op my hoof laat val nie, sodat dit my sal verbrysel tot nietige stof?!

19. Hoe kan ek standhou in Sy aanwesigheid? Ek in `n toestand van die grootste, mees verworpe laagheid van hart en gees, as `n menslike larwe?!

20. Hy, die allerhoogste gewydheid! O tong, - o hart, wat sal jy doen wanneer Hy sal kom, - spoedig sal kom?!

21. Hoe kan jy, sondige oog, God aanskou, - God, die Vader, die suiwerste, mees heilige liefde.

22. Hoe kan jy, my slegte oor, die heilige stem van die Vader hoor, - ja, die stem wat jy voorheen wou misken?!

23. Maar nou, my hart, gaan dit oor die laaste stryd, om die lewe of die dood!

24. Ek het niks anders as `n groot hart vervul van die vurigste liefde nou slegs vir Hom, vir Hom, die mees heilige Vader! Of die liefde suiwer is, - Vader, dit weet ek nie; maar wat U ook met my sal doen - my weer opneem of verwerp, - daar sal tog immers maar net U Heilige Wil geskied en dit is tog ewig en altyd die beste! Laat daarom U Heilige Wil geskied!"

25. Met hierdie laaste woorde neem Abedam hom reeds by die hand en sê: "Hored, jou sterke, jou vurige, tans `n rots van liefde, kom nou hier aan die bors van jou ewige, Heilige Vader en voel vir die eerste keer hoe goed dit is om hier te rus, - rus in die helderste bewussyn van die ewige lewe, - om te rus aan die bors van die mees liefdevolle, mees Heilige Vader!

26. My Hored, wanneer Ek kom, gaan dit altyd oor die lewe, nie oor die dood nie!

27. En daarom is jy nou ook vir ewig lewend. - Sien, hier is ook die troue Naëhme! Nou eers is jy vir haar en is sy vir jou deur My geseën; want Ek het haar vir My hand uitverkies. Daarom gee Ek haar nou aan jou, omdat jy nou so pas My hand geword het!

28. Volg My nou aan My hand met die ander na die groot sabbatmaal tuis op die hoogte! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205