Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Sabbatmaal op die Môrehoogte

39 En Hored volg aanvanklik sprakeloos van vreugde, want hierdie ontmoeting van die kant van Abedam was vir Hored so onuitspreeklik gewyd en groots, dat hy sy gevoelens nie tot uitdrukking kon bring nie. Hy wil gewoonweg sterf van geluk; slegs die allergewilligste gehoorsaamheid bring sy ledemate tot lewe.

2. Toe hulle ongeveer die helfte van die afstand afgelê het, begin Hored eers by te kom van sy oorweldigende geluksaligheid en sprakeloosheid, en haal diep asem vir `n ernstige en groot woord in hierdie nuwe toestand. Maar Abedam sê vir hom: "My geliefde Hored, laat jou tong nou met rus; hoe graag jy ook in staat is om jou tong in volledige ooreenstemming met jou hart te bring, tog kan jy, wat My aanbetref, volkome seker wees, dat slegs die taal van jou hart vir My baie liewer en aangenamer is, as wanneer dit, deur die natuurlike ruheid van die tong, baie van haar lewende lieflikheid verloor, ook al doen dit geen afbreuk aan die waarheid nie. Sien, alles waarna jy ook maar kyk, predik voortdurend die ewige waarheid aan jou; maar slegs die liefde is die mees innerlike, onsigbare lewe van die wesens!

3. Bly daarom ook in jouself, en verstrooi nie nutteloos dit wat jou hart versamel het nie; daar sal wel `n tyd vir jou kom waarin jy My akkers sal moet bewerk! Spaar daarom die heerlike saad van die lewe vanuit My vir hierdie tyd, wanneer Ek jou sal beroep!

4. En laat ons so in vrede na die geboorteland trek, waar jy nog heelwat te wete sal kom! Amen."

5. En so trek die geselskap aan die sy van die Vader na die môrehoogte. En toe hulle heeltemal bo aangekom het, was daar ook reeds, in honderde en honderde groot mandjies, `n meer as ryklik, goed voorbereide maal, bestaande suiwer uit die heerlikste, edelste, varsste en heerlik smakende spyse soos vrugte, heuning, brood en in die kruike, suiwer en kostelike bessiesap.

6. Toe Abedam nou sien dat alles in orde was, seën Hy die spyse en die drank en sê daarop vir die vaders wat die spyse gebring het: "Roep al julle kinders hierheen en laat hulle die spyse en die drank maar uitdeel aan alle kinders en laat elkeen daarvan eet en drink en vrolik wees in My Naam. Hulle sal nou ook almal verneem, dus van mond tot mond, dat Ek, hulle ewige Vader sigbaar in hulle midde is!

7. Drie mandjies moet egter vir ons hier bo-op die berg bly; gaan nou aan die werk!

8. Jy, Lamel, kyk net in die rigting van die aand! Sien, juis daar waar drie hoë seders die top van `n heuwel versier, sal julle `n arm vader aantref met sy vrou en sy sewe kinders, drie seuns en vier meisies! Hierdie familie is nog deur die ou, baie neerdrukkende onderdanige eerbied bevange, en wel sodanig, dat hulle nie eens hulle voete een tree verder durf sit sodat die hut van Adam vir hulle sigbaar sou word nie!

9. Gaan daarom vinnig daarheen en bring almal hierheen; gaan haal hulle maar!

10. Jy, Lameg, neem hierdie middelste grootste mandjie en bring dit na Adam; en jy Gabiël, neem die tweede vir jou huis; maar die derde bly hier vir My, vir Henog, vir Jared, vir Lameg en sy vrou, vir My Naamgenoot, vir Kisehel en Sethlahem en sy ander broeders, vir die vrou van Zuriël, vir jou, My Hored, en Naëhme, vir Jura, Bhusin en Ohorion en vir die gesin wat Lamel dadelik hierheen sal bring!

11. Al die ander sal om die mandjie van Adam gaan sit en diegene wat van die môre afkomstig is, om die mandjie van Gabiël!"

12. Adam was egter in stilte pynlik getref dat Abedam nie by sy mandjie wou aansit nie.

13. Maar Abedam sê dadelik vir hom: "Adam, is daar dan `n verskil tussen die mandjies? - Wees egter nie deur jou eersugtige liefde bedroef, omdat Ek die swakkes om My heen versamel nie!

14. Die drie mandjies staan hier immers so naby mekaar dat hulle slegs deur `n geringe tussenruimte van mekaar geskei word; waarom kwel jy jou dan oor rangonderskeid?

15. Is Ek nie die Vader en is Ek nie hier in julle almal se midde nie?! - Wees daarom vol goeie moed en let nie op die rangorde van die mandjies nie, maar dink liewer aan My algemene Vaderliefde, dan sal daar sekerlik geen verskil wees uit welke mandjie Ek of jy neem nie!

16. Dink jy dalk dat jou mandjie daarom minder geseënd is? - Laat die misvatting maar vaar! Amen."

17. Hierna word dit dadelik weer warmer en helderder in Adam se hart en hy vra Abedam om vergifnis. Maar Abedam antwoord hom:

18. "Adam, - hoe moet Ek dan jou liefde tot My vergewe, asof dit `n sonde sal wees?! Wees dus maar volkome rustig; want jou leed word immers deur jou liefde tot My veroorsaak. Wees daarom heeltemal gerus en eet opgewek van die maal! Amen."

19. Na hierdie woorde bring die flukse Lamel ook reeds sy meer as vroom buit.

20. Abedam gaan hulle nou tegemoet, omdat hulle baie bang was en sê vir hulle: "Kom hier, My liewe kindertjies en moet My nie vrees nie, julle ewige, heilige, meer as goeie Vader."

21. En hulle herken Hom oombliklik, val voor Hom neer en prys en loof Hom uit volle bors.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205