Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer en die onstuitbare lofprysinge. Die tallose liefdes- en lewenstadia in die skepping. Adam se tafelgebed en Abedam se seën.

40 En Abedam laat hulle naby Hom kom en beduie hulle om op te hou met hulle luide lofuitinge; maar hulle roep maar net nog luider: "Geloof sy U, Heilige Vader, geloof sy U Heilige Naam! Geprese sy U, almagtige, groot God, U wat ewig en oneindig is! U Alleen kom alle liefde toe, alle aanbidding, alle eer, alle dank, alle lof, alle roem en ons alle grootste deemoed ten aansien van U! Alleen U is waardig om alles van ons aan te neem!"

2. En so roep hulle voort en was langs die natuurlike weg in die geheel nie tot bedaring te bring nie

3. Aangesien Abedam genoeg gekry het van die lofuitinge en ook die vaders nie meer geweet het hoe om `n einde te maak aan die lof en prysinge nie; hef die hoë Abedam weldra Sy hand op en beweeg Sy wysvinger van sonsopgang na sonsondergang. Oombliklik skiet daar `n ongehoorde fel bliksemstraal deur die hele wye uitspansel, onmiddellik gevolg deur so `n swaar donderslag, dat haas die hele aarde daardeur tot in haar grondvestings bewe.

4. Die verskynsel bring ons luidrugtige lofsangers tot `n deemoedige stilswye en alle vaders slaan hulle op hulle bors en glo dat die hoë Abedam nou wel uiters woedend geword het.

5. Daarom rig Adam dan ook heftige verwyte aan die aankomelinge wat nou net opgedaag het, vanweë hulle ongehoorsaamheid aan die Woord van die Heer.

6. Maar nou kom die hoë Abedam in hulle midde staan en sê vir Adam: "Adam, waarom wen jy jou op solank Ek in julle midde is?

7. Laat hierdie saak maar aan My oor, daar Ek alleen weet waartoe dit alles dien; gaan jy maar by jou mandjie sit en geniet die maal met jou kinders!

8. Soos wat hierdie nege My geloof het, het jy My nog nooit geloof nie, ofskoon jy My langer ken; waarom sal jy jou nou vererg omdat Ek hulle groot lofuitinge deur middel van My vinger met `n kragtige vuurteken oor die hele oneindigheid heen teken en julle almal daarmee laat sien hoe groot hulle lof was?!

9. Ek sê dit egter vir jou, omdat jy My nou as hoogs vertoornd beskou: Gelukkig is hy wat deur so `n toorn van My getref word; want dit sal hom weldra opwek tot die ewige lewe!

10. Begryp jy die sogenaamde toorn van My vaderliefde jeens die kindertjies, wat buite hulleself raak van louter liefde tot My, hulle Vader, waardeur hulle vreugde nie te beteuel is nie en hulle oor doof word, omdat die groot liefde hulle gevange hou in alle heilige onmatigheid?!

11. Waarlik, waarlik, ek sê vir julle almal: Wie nie onmatig en buitensporig word in sy liefde tot My nie, sy naam word nie so onder en bo die sterre geskrywe soos die name van hierdie nege armes van die aarde, wat meer as ryk is in die liefde!

12. Adam, begryp jy nou die teken en My toorn?

13. Wees daarom rustig en eet opgewek jou maal saam met jou kinders! Amen."

14. Hierdie woorde raak Adam diep in sy hart, daarom roep hy sugtend uit:

15. "O Vader, as dit so is, wie sal dan die ewige lewe bereik?!"

16. Abedam antwoord hierop aan Adam: "Waarom sug jy nou vir niks, as jy My weë nie begryp nie?

17. Is die sterre aan die hemel en alle plante op aarde dan nie almal gelyk nie? Maar as `n ster lig gee - groot of klein, wakker hy dan nie die lig van jou oë aan, sodat dit in jou lewendig terugstraal nie?! En welke plant het jy ooit dood aan die bodem van die aarde sien ontgroei?!

18. Daarom sal ook die liefhebbende mens wat `n kleiner hart het lewe; maar sy lewe sal gelyk wees aan sy liefde en daar sal dan ook `n oneindige groot verskil wees tussen lewe en lewe.

19. Sien, `n sandmyt leef ook; maar wat `n verskil tussen sy en jou lewe!

20. Bekommer jou daarom nie oor die vrug van die liefde nie, maar oor die liefde self; want die vrug sal wees soos wat die liefde is. Begryp dit goed! Amen."

21. En Adam was gerusgestel en roep onder baie dank en lof sy kinders tot die maaltyd en gee ook aan Gabiël te kenne om ook so in die Naam van die Heer te doen.

22. En toe die gaste hulle daarop in groot getalle om die twee mandjies versamel het, sê Adam met opgehewe hande:

23. "Kinders, laat ons nou eers die heilige Gewer van hierdie heerlike spyse en hierdie heerlike drank loof en prys en laat ons Sy seën vra!

24. O Heilige Vader JaHWeH Abedam, ons dank U; ons loof en prys U; U sy alle roem, alle eer, al ons liefde, al ons deemoed en volste aanbidding in die innerlike gees van die liefde en alle waarheid uit die liefde!

25. O Heilige Vader, seën ons en hierdie maaltyd vir ons volgens U Heilige Wil! Amen."

26. En Abedam gaan na die mandjie van Adam en seën dit en ook die van Gabiël. Toe gaan Hy weer terug na Sy mandjie, roep die uitverkorenes by Hom en gaan met hulle om die mandjie sit; maar hierdie mandjie seën Hy nie en Hy sê:

27. "Waar Ek is, daar is ook die allerhoogste seën voorhande!

28. Eet en drink daarom sonder sorge; want Ek, julle Vader, eet immers met en in die midde van julle en in julle! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205