Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die inseëning van die jong paartjie deur die oervaders. Die sluiting van nog vier huwelike deur die Heer

5 Na hierdie handeling roep Abedam vir Jared, Henog en Metusalag na Hom toe en sê vir hulle:

2. "Luister, julle vriendelike, broederlike en vaderlike woonplek is ruim genoeg om, naas Lameg, ook sy vrou te huisves!

3. Solank julle met mekaar in onderlinge vrede en eendrag onder één dak sal woon en slegs vir My sal liefhê, sal Ek ook in julle midde woon; hetsy sigbaar of onsigbaar, laat dit geen verskil aan julle liefde maak nie!

4. Ek sal My reëlmatig aan julle laat vertoon en julle huis seën!

5. En neem daarom die jong egpaar op in My Naam! Amen."

6. En die drie val voor Abedam neer en dank Hom in die allerdiepste deemoed vir hierdie groot barmhartigheid en uitermatig groot erbarming.

7. Maar Abedam laat hulle weer opstaan om die jong egpaar te ontvang, soos wat die sede van die liefde van oudsher gebied het.

8. Hulle verhef hulle dadelik, neem die egpaar in hulle midde en seën hulle. En nadat hulle hulle geseën het, kus hulle eers vir Ghemela en daarna vir Lameg op die voorhoof en beloof dat hulle altyd aan hulle die vaderlike seën in die Naam van die Heer sou gee; daarna gelei hulle die egpaar volgens Abedam se wil ook na Adam en Eva toe, sodat Adam vir Lameg en Eva vir Ghemela kon seën.

9. Hierdie eerste mense van die aarde was egter so ontroer, dat hulle ternouernood die woorde van seën oor hulle lippe kon kry en Eva sê wenend vir Adam: "Sien, jy meester van my lewe, hierdie egpaar vertel my stilswyend hoe ons onsself voor die Heer moet gedra!

10. O, dan sou daar geen duistere diepte vol slyk onder ons voete ontstaan nie!

11. O, as die vloek maar net weer oor die aarde weggeneem sou kon word?!"

12. En Abedam sê vir Eva: "Jy het tereg verdriet; maar kyk, reeds hier voor julle oë, is die grondslag deur My gelê, vir die bron waaruit lewende water te gelegener tyd oor die hele aarde sal uitstroom en die ou vloek van haar sal afwas.

13. Vanuit Ghemela sal die suiwer lyn begin en wanneer die aarde geheel en al met die lewende water gedoop sal word, sal sy ook spoedig daarna deur Lameg se vuur vanuit die hemele gelouter word, waardeur sy geheel van haar vloek gereinig sal word en weer sal word tot een van My welgevallige sterre aan die hemel, wat haar lig met breë strale sal uitstuur deur alle ewige ruimtes van die oneindigheid!

14. Geen ander ster uit die ewigheid sal, soos die aarde, die grootste wondere van My erbarming kan vertel nie!

15. Maar nêrens anders sal die slang dit ook so te verduur kry as op die skoutoneel van My erbarming nie!

16. Eva, Ek sê vir jou: Waar Ek My grootste erbarming uitgestort het, daar sal ook My grootste toorn uitgestort word!

17. Al die tallose sterre sal volgens hulle aard deur die engele geoordeel word, maar die slange en addergebroedsel van die aarde sal Ekself straf en Ek sal hom sy verdiende loon gee in die ewige vuur van My allerergste gramskap en bitterste toorn.

18. Waarlik, waarlik, die draak van Kain met al sy gevangenes sal ewig moet boet vir hulle groot boosheid in die mees intense toornvuur van My grimmigheid en aan hulle eindelose groot lyding sal nooit as te nimmer `n einde kom nie; en die groot geween van hulle angs, wanhoop en pyn sal deur niemand meer gehoor word nie; hulle sal in die volledige vergetelheid raak, sodat niemand ooit meer aan hulle sal dink nie.

19. En Ek sal My ore ewig vir hulle toestop en My oë geheel van hulle afwend en hulle geheel uit My hart verban.

20. So sal ook hulle naam geheel uit die geheue van My Liefde uitgewis word, sodat Ek ook hulle geheel sal vergeet en hulle sal slegs deur My grootste lewende toornvuur ewig `n allerverskriklikste lewe lei, wat sonder einde sal wees, net soos die lewe van My Liefde en dit van al My kinders in die allergrootste verrukking en geluksaligheid!

21. Daarom Eva, leef in toewyding aan My en wees onbekommerd! Jy kan immers nie die aarde reinig met al jou sorge nie; daarom het Ek dit nou aan julle onthul, sodat julle gerus kan wees wat die aarde aanbetref.

22. Sien, dit sal spoedig geskied dat die vloed van die sonde haar golwe selfs oor die berge sal neerstort en hulle tot aan die wolke sal dryf; maar sien, die vrugte van die egpaar sal Ek dra op My hande oor al die dood makende golwe heen en Ek sal dan vir hulle `n nuwe, rein en hoogs vrugbare land berei! Daarom, verheug julle in die rus en die liefde van julle hart oor hierdie groot belofte van My; want Ek het julle verjong en gereinig in hierdie Ghemela! Begryp dit goed in julle hart! Amen."

23. Daarop roep Hy Metusalag en Zuriël met sy vier ander dogters na Hom toe en spreek:

24. "Metusalag, kyk, jy het nog vier welopgevoede seuns, wat vir My lief, waardevol en dierbaar is; kyk, hier is hulle vroue!

25. En jy, Zuriël, aanskou daar agter Lameg die vier broeders wat Ek aan jou dogters wil gee!"

26. En Zuriël ween van vreugde en sê: "O JaHWeH, hoe kon ek so `n barmhartigheid van U waardig wees?"

27. En Abedam antwoord hom: "Omdat jy dapper teen alles van die wêreld gestry het en jy hierdie enigste vyf kinders wat jy besit, weer so suiwer en siende aan My teruggegee het, soos wat Ek hulle suiwer en as blindes aan jou gegee het!

28. Hierdie vier pare sal egter nie in die huis van Jared woon nie, maar hulle sal op `n klein afstand van die woonplek van Jared hulle nuwe suiwer wonings, van alles voorsien aantref; daar sal hulle woon in alle reinheid van hulle harte en alle kuisheid van hulle gemoed; dan sal Ek hulle op die regte tyd ook kinders van die lig gee in `n gepaste aantal!

29. En nou sal ook julle, die vier nuwe pare, na My toe kom, sodat Ek julle ook kan seën en aanneem as My kinders! Amen."

30. En die vier pare werp hulle neer aan Abedam se voete en dank Hom uit die diepste van hulle hart.

31. Maar Hy trek hulle orent, gee hulle die seën en gee hulle ten slotte oor aan die seëninge van die vadere en sê uiteindelik vir die van groot vreugde wenende Zuriël:

32. "Zuriël, kom jy nou ook hier na My toe om die grootste loon vir jou trou te ontvang!

33. Sien, Ek maak jou nou tot `n groot engel en stel jou aan as `n troue wagter en onsigbare beskermer van al My kinders en jy sal van nou af aan altyd My aangesig aanskou en jou lig verheug in My! Amen."

34. En Hy raak Zuriël aan, en Zuriël word meer stralender as die son en verdwyn weldra uit almal se gesigsveld.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205