Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Garbiël se goeie toespraak oor die goddelike, vaderlike Gees in die Woorde van Abedam

52 Toe Abedam nou hierdie toespraak beëindig, val Garbiël en al die ander onmiddellik vooroor op die grond en wel vlak by Abedam se voete neer.

2. Maar toe Garbiël `n ietwat herstel het, begin hy dadelik baie opmerklike woorde tot sy broeders en vriende te rig, só dat selfs Adam hierdie woorde `n groot getuienis gee en die spreker as volg prys:

3. "Garbiël, ek het reeds baie woorde van die menslike tong gehoor; maar sulke woorde van `n nie-gewekte het nog nouliks ooit tot my ore deurgedring nie!

4. Wees verheug, want Abedam het al iets baie voortreflik in jou bewerk! Wat staan jou nog alles te wagte wanneer jou hart eenmaal in die suiwer liefde volledig één sal word met Hom?!"

5. Dit het Adam vir Garbiël gesê, toe hy sy toespraak beëindig het; en die toespraak van Garbiël lui aldus:

6. "Vriende, broeders! Het julle dit gehoor, het julle dit verneem, het julle dit begryp?!

7. Wie is in staat daartoe om sulke woorde tot ons ore en ons harte te rig?

8. Of het iemand al ooit sulke woorde gehoor, om te begin by die aartsvader tot by ons klein kinders wat nog nie kan praat nie?

9. 'Nee, nee, nee!' moet julle almal sê; want dit is geen woorde wat aan die menslike wysheid ontleen is nie, - ook nie aan die wysheid van `n volkome engelegees nie.

10. Want waar is daar in die gehele oneindigheid in alle ewighede van die ewighede `n wese geskape wat in staat is om so-iets dergeliks uit homself voort te bring?!

11. Vriende en broeders, dink na, dink na! Wie kan dit wees, ja Wie moet dit wees, hy moet noodsaaklik ewig wees, wat in staat is om van Homself, ja geheel volledig van Homself te getuig: 'Ek is die lig, die weg, die heilige doel!'? - Ja die oerewige, enigste grond van die lewe Self!

12. Vriende, broeders! - Sien julle dan nog nie Wie die vreemdeling is nie?

13. O, dan moet julle blinder wees as die middelpunt van die aarde op die mees donkerste middernag en dower as die allerhardste klip in die diepste afgrond van die see!

14. Werklikwaar, indien iemand van ons onweerlegbaar sulke woorde oor hulleself sou wil uitspreek, dan is ek nou vas daarvan oortuig dat sy tong nog nie die tweede woord sou kon uitspreek nie, omdat daar dan nie die geringste spoor van so `n godslasteraar meer sou oor wees nie. 

15. Ja, as die groot aarde so-iets sou kon, as sy êrens `n tong in haar wye mond sou hê, - waarlik, reeds die eerste gedagte om so iets van haarself te getuig sou haar vir ewig moet vernietig!

16. Ja, met die groot son sou dit geen haar beter gaan nie!

17. Of is julle nie in staat om so iets te begryp nie? - As julle nie daartoe in staat is nie, laat dan die een of ander net waag om so iets vanuit homself in alle stilte te dink. Ja, hom voor te stel om die mees heilige te wees, ja die mees heilige, oerewige lewe van al die lewe, die lig van alle ligte, die weg van alle weë en die heilige einddoel van alle dinge; ja laat iemand hom indink om die allergrootste krag van alle kragte te wees, die allergrootste mag van alle magte en die allergrootste gesag van alle gesag en daarby sy lewe te behou, as hy dit kan doen!

18. Ek was nog nooit `n profeet gewees nie; maar nou is ek een en sê vooraf met die grootste moontlike stelligheid en die volste oortuiging, dat as iemand sou sê: 'Ek is die allerhoogste gesag van alle gesagte!', hy ook onmiddellik nooit meer in staat sou wees om die allerfynste web van `n spinnekop te laat skeur nie.

19. En as hy sou wil sê: 'Ek is die allergrootste mag van alle magte!', sou `n sonstoffie hom onmiddellik vir ewig op die grond kon druk.

20. En as hy sou wil sê: 'Ek is die allergrootste krag van alle kragte!', sou `n muggie onmiddellik al sy bene breek en sy spiere verteer.

21. En as hy sou wil sê: 'Ek is die heilige einddoel van alle dinge!', dan sou ook die eindelose afgrond van alle ewighede hom onmiddellik in die vuur van die ewige vernietiging verslind.

22. En as hy sou wil sê: 'Ek is die weg van alle weë!', sou die aarde hom onmiddellik in die vuur van haar toorn verteer.

23. En as hy sou wil sê: 'Ek is die lig van alle lig!', sou die allerdigste duisternis hom onmiddellik omgewe.

24. En as hy ten slotte selfs sou wil sê: 'Ek is die mees heilige, oerewige lewe van al die lewe self!', wie sou dan die hoogste snelheid van die vlugtigste oomblik kon meet, waarin `n soortgelyke woord homself vanuit sy innerlikste lewe sou verwoes en so vir ewig geheel sou vernietig asof hy nooit daar sou gewees het nie?!

25. O vriend en broeders, noudat ons dit begryp, selfs met hande en voete, en die vreemdeling wat dit alles voor ons oë en ore van homself getuig, nog geheel welbehoud magtig en kragtig voor ons sien staan en hoor hoe Hy ons almal tot hom roep soos wat `n ware, ja enig ware vader sy kinders na hom toe roep. En ons hart luid roep en sê: 'Ja, U alleen is `n ware Vader en wee diegene wat met hierdie mees heilige Naam die skandelikste sonde sou wil bedrywe deur hulle nog 'vader' te laat noem', - Wie en wat en vanwaar is derhalwe hierdie Vreemdeling? (vergelyk die Roomse Pape wat hulle vader laat noem!; Uitgewer)

26. Sien, die oneindige hemele vol verligtende wondere en die aarde vol wondere en ons hart, die grootste wonder, roep en sê dit ons nou klinkklaar: 'JaHWeH, God, die ewige Skepper van alle dinge, die Heilige Vader, - bly by Sy kinders op die aarde!'

27. Broeders, verstaan julle dit nou?!"

28. Na hierdie woorde van Garbiël laat Abedam hulle almal weer van die grond af opstaan en sê vir hulle: "Kinders, nou is dit tyd dat julle My na die hoogte volg, sodat Ek julle daar innerlik, in die teenwoordigheid van alle vaders `n ander sin in My bedoeling met julle sal toon!

29. Want sien, die aarde is `n groot veld waarop baie soorte gras, baie soorte struike en baie soorte bome groei; en op die bodem kruip tallose wurms rond en die woude is vol van allerlei soorte gediertes en die waters is vol en die lug is vol.

30. Wie slaan ag op dit alles?! In wie se hart is dit alles georden?! En tog is die hart uit hierdie orde!

31. Volg My daarom, sodat `n ander sin van My bedoeling daar aan julle bekendgemaak kan word! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205