Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Op weg na die Hoogte. Besediël se stille bespiegeling van die natuur en sy uitlating oor die wesenlike menswees van die Heer. Garbiël se goeie beantwoording.

53 En dadelik staan hulle almal op, vervul met die grootste eerbied, en volg Abedam en Adam na die reeds bekende hoogte, bewend oor hulle hele liggaam, enersyds deur buitengewone vreugde, andersyds weer uit oormatige vrees vir God se gewydheid, mag, krag en gesag, maar ook ten dele veroorsaak deur die steeds hewiger voelbare liefde in hulle hart tot die Heilige Vader.

2. `n Broeder van Garbiël loop agter hom en sê baie sag vir Garbiël: "Luister broeder! Wanneer ek nou hierdie met ontelbare sterre besaaide hemel sien en ons weet nou reeds almal van Set en Enos en ook baie duidelik van Henog dat hierdie sterre suiwer onbegryplik groot, verligtende hemelliggame is, - broeder, en wanneer hierdie verhelderende gedagte vir my sê: 'Besediël, kyk, daar vooraan loop die Skepper van al hierdie tallose en mateloos groot wondere, die almagtige, meer as heilige Skepper! Eén heilige gedagte van Hom en die eindelose ruimte sal onmiddellik leeg wees, begrawe in sy eie ewige, oneindige nag; en wederom één heilige gedagte van Hom, wat daar vooraan loop, en nuwe wonderlike skeppinge sal skitterend straal deur die groot oneindigheid!', - o broeder, wat se onuitspreeklike gevoel oorweldig dan nie my hart nie!

3. Voorheen het jy wel gevra of ons nog nie gemerk het wie die Vreemdeling is nie.

4. O, ek sê vir jou, dat ek dit al by Sy eerste aankoms gemerk het en dit was vir my duidelik dat daar agter Hom iets onuitspreeklik verborge moes wees; want dit het Sy oë en Sy mond aan my verkondig, nog voordat Hy `n hoogs heilige woord tot ons gerig het.

5. Of het jy al ooit sulke oë gesien en so `n mond?!

6. Wat `n waardigheid, wat `n gewydheid, wat `n sterkte, wat `n mag, krag en gesag spreek nie baie duidelik daaruit nie; en wie sou nie dadelik van verrukking vergaan wanneer Hy jou van naby aankyk; en hoe liefdevol uitnodigend is Sy gesig nie op enige afstand nie!

7. Verwyder `n mens homself egter steeds verder van Hom, dan word Sy aangesig ook steeds meer gewyd en ernstiger en word steeds meer iets wat onbeskryflik is.

8. Ek weet nouliks of dit in iemand se hart vooraf `n heilige, allerdiepste eerbied opwek of meer die diepste berou en die sterkste verlange om steeds, hoe langer hoe stewiger, vir Hom te nader, ja, as dit moontlik sou wees, geheel met Hom te verenig!

9. En kom mens dan hoe langer hoe nader aan Hom, hoe spoediger verdwyn die gevoel van afstand dan en begin daarenteen dan `n voorheen, nooit ervare heilige liefde die hart te bevang; waarin sowel die lewe as om vernietig te word hulle in gelyke mate eindeloos salig uitspreek!

10. O broeder, nou vra ek jou, omdat jy baie kere wyser is as ek, het jy ook so-iets gevoel?

11. Noudat jy my al soveel vertel het, kan jy my dan ook nie meedeel in hoeverre ek my gevoel moet vertrou nie, of in hoeverre dit miskien tog nog met onwaarhede vermeng is? As jy iets weet, sê dit dan onmiddellik vir my!"

12. En Garbiël sê vir sy broer Besediël: "O broeder! Glo jou gevoel, glo egter ook dat dit nie vanuit jouself in jou hart stroom nie; maar gewyd vanuit Die Een wat, daar vooraan, ons almal na die heilige hoogte lei. Ja, broeder Besediël, na `n hoogte, wat nie alleen `n aardse hoogte is nie, maar eindeloos baie meer; `n hoogte van die innerlike ewige lewe vanuit Hom! Dit vermoed ek!

13. O broeder en julle broeders almal, verruim terstond julle harte en werp al die onnuttige aardse daaruit, sodat dit ruimer en vryer kan word om al die groot skatte op te neem wat reeds ryklik oor ons uitgestort is en wat vas en seker nog oor ons uitgestort sal word!

14. Laat egter, liewe broeder, voorlopig julle al te hoë gedagtes met rus, want waarlikwaar, ek dink dat die eindeloos groot ook te eindeloos gewyd, vir ons nog ongereinigde harte, sal wees!

15. As iemand van ons homself egter in sy hart met iets wil besighou of besig wil wees; laat hy dit dan daadwerklik reinig deur ware berou, ware liefde tot Hom wat ons lei!

16. Want sien, vir ons almal is die doel naby; alle vaders werp hulle al ter aarde by die aanblik van Die Een wat ons lei!

17. O sien, sien hoe hulle nou almal omgewe word deur `n heilige lig; hoe die hoogte nou oplig!

18. O broeders, ween en bid; want gewyd, gewyd, gewyd is dit hier!

19. O my arme sondige hart, - sal jy die sigbare onthulling wel kan verdra, die Lig van die Ewige God, van die Heilige Vader?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205