Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se aanwysing hoe `n mens in sy eie hart moet kyk. Die verskil tussen die verstandelike lig en die lig van die hart. Wêreldse liefde en ewige Liefde.

56 Na hierdie woorde van Abedam tree die twaalftal, op aanwysing van Henog, enkele treë terug. Hy bly by hulle en begelei hulle ook geestelik in hulle hart, en maak hulle met weinige woorde duidelik wat dit beteken, om in sy eie hart te kyk en dit dan te gewaar wat daar in die hart is of omgaan. - Sy woorde lui aldus:

2. Luister, liewe broeders, die mees heilige, mees liefdevolle Vader Abedam JaHWeH EmmanuEl Abba het tot julle gespreek, nadat Hy julle kinderlike lofuitinge voldoende aangehoor het:

3. 'Kyk rond in julle hart; en gee vertroulik aan My weer wat julle daarin sal vind!' Dit was die sin van die baie heilige woorde.

4. Die mees heilige Vader het ook baie goed gesien dat julle hierdie sin nie sal begryp nie; daarom het Hy my stilletjies in my hart die opdrag gegee om julle in julle hart te begelei en sodoende ook die verborge sin van Sy laaste woorde, wat Hy ten slotte tot julle almal gerig het.

5. Daaroor is julle weliswaar `n bietjie verbaas, maar julle sal almal baie spoedig insien dat dit nie so maklik is om julle oë sonder meer in julle eie hart te rig en dit dan geheel en al te beskou nie.

6. Want sien, by julle almal was tot nou toe die verstand van julle hoof vernaamlik die lig van julle siel, maar die ewig, lewende gees, wat in die hart van die siel woon en wat die enigste, ware, innerlike, lewende lig van die lewe is, is nog nooit by julle gewek nie!

7. As hy egter nie gewek is nie, dan is dit ook sinloos om in die hart te kyk; want wat moet dan wel daar gesien word as daar geen lig is nie?! Of is daar iemand wat in `n stikdonker nag ook maar een handbreedte voor sy oë kan sien?!

8. Dit geld dan ook soveel te meer vir die geestelike beskouing in die eie hart, waar niemand in staat is om iets te onderskei as sy gees nie van vooraf tot lewe gewek word nie.

9. Maar, sal julle julle nou afvra, hoe en waardeur kan die gees dan gewek word? 

10. Sien, juis daarom het ek die aanwysing gekry om julle almal hierheen te begelei. Omdat ons reeds voorspoedig hier aangekom het, sal ons met die hulp van Die Een wat ons almal hierdie heilige opdrag gee, ook daar aankom, waar ons almal moet aankom, volgens die allerbeste en mees volkome, mees Heilige Wil van Die Een wat ons almal hierdie opdrag gee!

11. Die enigste middel om die gees op te wek is dat julle almal julle in julle hart, dit wil sê in die mees volkome liefde, tot die mees heilige Vader wend, vol vertroue en vol geregverdigde, onbaatsugtige trou.

12. Wanneer julle nou sal gewaarword dat dit steeds warmer en warmer in julle hart word, slaan dan ag op julle hart; want dan word die lig ontsteek. En as julle harte dan almal sal ontbrand vir God, die heilige, liefdevolste Vader, beskou dan in julleself en julle sal die wondere van die ewige lewe daar in julleself aanskou!

13. Maar onthou bowendien baie goed dat julle in geen geval die mees heilige Vader net daaroor gaan liefhê nie; want die mees heilige Vader wil ter wille van Homself bemin word. En dat julle liefde nie `n sodanige vorm aanneem dat dit slegs van vandag tot môre duur nie; want met net `n tydelike aanwesige liefde is die swak vrou immers nie eens tevrede nie, laat staan die ewige God!

14. En dit sal met die lewe gestel wees soos met die liefde. Is die liefde tydelik, dan sal die lewe ook iets vergankliks wees, net soos die liefde, wat die enigste voorwaarde vir die lewe is. In `n dergelike tydelike liefde is egter geen lig nie.

15. Is die liefde egter vir ewig gevorm, dan is die lewe dit ook. En sien, so `n ewige liefde is eers die stralende wakker word van die ewige gees, wat self niks anders as suiwer liefde is nie.

16. Nou weet julle alles. Handel daarvolgens, dan sal julle baie goed en spoedig in staat wees om julle innerlike te beskou! Amen."

17. En Besediël gryp nou Henog se hand en sê vir hom: "My bo alles geliefde broeder! Met welke uitstorting van my hart sal ek jou nou dank vir hierdie besondere wonderlike diens, wat jy ons baie behoeftige harte bewys het?!

18. Sien, op die punt was ek, altans wat myself betref, nog tot op die huidige oomblik blind, wat jy tenminste heel presies by my geraai het; want tot nou toe het ek alleen maar getrag om my verstand te ontwikkel en alles wat ek ook maar teëgekom het, te ontleed, omdat ek by myself gedink het:

19. God se volkomenheid onderskei hom maar net deur `n geheel volmaakte verstand van ons onvolkomenheid, - sodat ons dan ook, slegs deur ons verstand te ontwikkel, nader aan God kon kom.

20. Dat ek dan ten gevolge van hierdie hoogs onware rede nooit ag geslaan het op my hart nie, hoef ek jou nie eers met sinlose woorde te bevestig nie, omdat jy immers al van tevore baie treffend gesien het hoe dit met ons hart gestel is. 

21. Maar hoe dwaas en volslae tevergeefs hierdie dikwels vreeslike moeite was, sien ek nou eers in; want waarvoor sou die eindelose wetenskap nut hê, as vir die dooies?!

22. Vir duisend sinlose asemhalinge sou die nag onuitspreeklik baie beter wees; die kennis is oorbodig vir diegene wat die lewe het.

23. Of waartoe sou die lig eintlik vir die steekblinde dien en waartoe vir die lewende, wie se gees self `n allerhelderste lig is?!

24. Sien, broeder, dit het ek vroeër nie begryp nie; maar omdat jy nou deur die barmhartigheid van die mees heilige Vader aan my bors geklop het, het my hart hom dadelik gemeld en gesê:

25. 'Liefde, liefde, liefde is die groot woord van alle bestaan; dit het jy vir ewig in God, dan het jy ook al die lewe in en vanuit God en alles wat daarmee saamhang.

26. Het jy die liefde egter nie, dan het jy niks anders as die suiwer dood in jou nie.'

27. O broeder, sien, nou het die dood egter uit my gewyk. Wat se grootse daad het jy nie vir my en seker vir ons almal daardeur gedoen nie, dat jy aan ons die vernaamste bron van ons dood onthul het!

28. Ons is jou dan ook baie dank verskuldig!

29. Maar ek weet nou aan Wie alle dank toekom. Laat my daarom nou na die mees heilige Vader toe gaan!"

30. Henog antwoord hom egter: "Wees nog `n rukkie geduldig; totdat die ander ook so word soos jy en dit by jou volledig sal lig word in jou hart! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205