Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se woorde oor die welsprekenheid van Garbiël. Garbiël se innerlike beskouing

57 Nou gaan Garbiël ook na Henog toe en wil meer uit praatsug as vanuit `n ware, innerlike behoefte nog etlike woorde met Henog wissel.

2. Maar Henog was hom voor en sê vir hom: "Garbiël, luister, die Heer en ons aller mees liefdevolle Vader laat jou sê, dat jy nou moet swyg as jy ook gewek wil word!

3. Of het ek dalk nou net, by die heilige onderrig van Die Een wat in die midde van ons wandel, ook die lustige beweeglikheid van die tong aanbeveel as `n middel om gewek te word?!

4. Ek sê vir jou: Let op dit wat gesê is, dan sal jy die weg na jou eie hart vind, - maar nooit deur die vaardigheid van jou tong nie, wat eerder in staat is om jou die weg tot die ewige lewe te versper as om hom te open!

5. Sien, tot nou was jy die eerste of veeleer `n uitbeelding van jouself as hoofman in die midde van jou broeders gewees. Maar so iets het in die oë van die Heer van alle gewydheid, liefde, aanwysinge en geduld nie die allerminste waarde nie; slegs `n liefdevolle, berouvolle, boetvaardige hart.

6. Want alles wat in die wêreld op die voorgrond tree, staan by God op die agtergrond; wanneer iemand hier egter `n geheel onopvallende, geringe bewoner van hierdie aarde is, is hy daarenteen die allermees geagte in God se oë.

7. Laat iedereen nogtans daarteen waak om byvoorbeeld uit eiebelang die geringste te wees, maar laat hy dit slegs wees om so die liefdevolle Vader soveel te meer in stille afsondering te kan bemin en daar in sy hart soveel sterker te verlang om terug te keer na die ewige vaderland, waar die Heilige Vader sy vaste woonplek het as God van alle mag, krag, gesag en sterkte!

8. In geval jy, liewe broeder Garbiël, dit nie weet nie, onthou dit dan nou, sodat ook jy aan die aanstaande opwekking jou deel kan hê!

9. Want jy sal die mees heilige en die mees liefdevolle Vader nie kan benader, voordat jy jouself volledig in jou eie hart beskou het nie.

10. Jy weet net so goed soos ek wat die verskil is tussen `n goeie ryp en `n te vroeg ryp vrug; sorg dan altyd daarvoor dat jy nie as `n noodryp vrug gereken word nie!

11. Dit is wel gewyd waar, dat die groot, heilige Rypmaker in ons midde woon, ons leer en lei, - maar wie by Hom kom met `n onryp hart, sal Hy los totdat sy hart heeltemal ryp geword het; as dit egter eenmaal geskied het, dan sal die ryping van die gees ook nie ver meer wees nie.

12. Dit is egter nie genoeg dat iemand slegs gewek sou word vir `n jaar, dag of uur nie; maar wie gewek word, word gewek vir die hele ewigheid.

13. Die gees woon egter nie in die tong nie, maar slegs in die hart. Wie `n gewekte tong het, het daarom nog geen gewekte gees in sy hart nie; want die tong is `n deel van die kop en is sy voet en arm.

14. Wanneer die gees egter gewek is, dan moet die tong van die kop eerder rus as om homself onnodig te beweeg; want dan eers sien die verstand van die kop inwendig, dat dit die natuurlike lig van die siel is, welke eindelose verskil daar is tussen die tong van die gees en die van die vlees.

15. Volg daarom ook jy, liewe broeder Garbiël, die raad op van die mees heilige Vader en swyg met jou tong; maar word daarenteen in jou hart spraaksamer in die liefde, ter opwekking van jou gees om so die sekere verwerwing van die ewige lewe te bereik! - Begryp dit goed en neem goed kennis daarvan! Amen."

16. Maar toe Garbiël hierdie woorde verneem het, slaan daar angs om sy hart en hy weet nie wat hy moes doen nie en begin daarom by homself na te dink. Terwyl hy nou meer en meer nadink, word dit steeds ligter en helderder in sy hart, sodat hy verstom en verwonderd toesien hoe daar die een lig na die ander uit die diepte van sy hart begin opstyg. En hoe sy hart homself begin uitbrei tot die grootte van `n wêreld en hy in die middel van hierdie nou reeds eindelose groot wêreld `n hoë altaar opgerig sien, en op die altaar `n kragtige jongeling, gehul in `n wit gewaad.

17. En hierdie jongeling kyk omhoog na die hemel van waaruit `n eindelose kragtige lig hom oor hom uitgiet; en dit was asof duidelike verstaanbare woorde uit die lig klink:

18. "Garbiël, Garbiël, beskou die tekens van jou hand, wat hulle aan die kant van jou hart bevind en skryf met hierdie tekens die woord op kliptafels en leer ook aan jou broeders om dit te doen!"

19. En die jongeling word `n man en bekyk sy hand en vind vyf-en-twintig tekens (die alfabet) daarop en vind ook hulle naam en hulle oorsprong en hulle innerlike betekenis.

20. En al die ander bemerk gelyksoortige tekens in hulleself.

21. Henog kry egter die opdrag om hulle te wek, nadat hulle almal ongeveer anderhalf uur in hierdie innerlike beskouing deurgebring het.

22. En Henog wek hulle dan ook en begelei hulle uiters vriendelik na Abedam toe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205