Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Vratah se visioen oor die wese van die skrif.

58 Toe hulle nou weer by Abedam aangekom het en Hom hulle lof en innigste dank betuig het, ondervra Abedam een van die twaalf, wat Vratah heet en sê:

2. "Nou dan, My geliefde Vratah, vertel my kortliks dit wat jy in jou hart gesien het en wat jy alles daarvan uitgemaak het!"

3. En Vratah, van suiwer, oormatige deemoed bewend oor sy gehele liggaam en sielewese, sê na `n ruk, dat hy nodig het om tot rus te kom:

4. "O ewige, heilige, eindeloos magtige, sterke, kragtige, geweldige, milde, sagte, geduldigste, mees verhewe, wyse en barmhartige, van alle erbarming en liefde vervulde Vader en God en Skepper van alle dinge. Sal dit dan wel nodig wees om dit met die tong vir U te sê wat vir U seker al sedert ewighede deursigtiger en duideliker was as wat die son vir my was op die helderste en suiwerste dag?!"

5. En Abedam antwoord hom: "Hoe kan jy My so iets vra?

6. Het Ek dit dan nie van jou verlang nie?! As jy egter weet dat Ek dit wat jy gesien en verneem het, reeds van ewigheid af voorsien het, hoe kan dit jou dan nou ontgaan het; dat Ek dit van ewigheid af moes voorsien het, wat Ek jou nou vra, ofskoon dit vir My in die oneindige maar al te sonklaar is wat jy in jouself aanskou en verneem het?!

7. Vra nie verder nie, omdat jy dit nou tenminste moet insien, maar antwoord op die vraag asof Ek nie weet waaroor ek jou gevra het nie; want waarom Ek dit vir jou vra, weet Ek baie goed, daarvan kan jy volledig verseker van wees, - en waarom jy My die antwoord sal gee, wat My reeds sedert ewighede baie goed bekend was, dit weet Ek ook.

8. Maar nietemin wil Ek dat jy My antwoord as Ek jou vra en wel so, asof Ek gladnie sou weet wat jy as antwoord vir My sal gee nie.

9. Dit moet julle almal onthou; en wie van julle ooit iets gevra word, laat hy dus antwoord gee!

10. Ek wil egter nie met julle spreek asof met die klippe nie, maar as `n Vader met sy lewende en mondige kinders.

11. En dus antwoord jy, Vratah, tog maar op My eerste vraag! Amen."

12. Nou vermaan Vratah hom en begin, vol gevoel van dank in sy hart, om mee te deel wat hy in sy hart gesien het.

13. So lui die woorde waarmee die visioen van Vratah meegedeel was:

14. "O U, wie se Naam my tong nouliks maar durf uitspreek, - as U dit wil, moet elke wil wyk en wel in die eerste plek dié van my!

15. Ek het in my hart `n sterk lig sien ontstaan, wat meer gestraal het as die glansrykste middel van die son; en toe ek van `n soortgelyke lig in my gewaar word, word dit duister om my heen op aarde, selfs so erg, dat ek niks meer daar kon onderskei nie.

16. Die lig het homself steeds verder uitgebrei en het ten slotte so geweldig sterk geword, dat dit my so magtig in al my dele begin te deurlig het, dat dit vir my voorgekom het asof die lig van die son my omspoel en was `n groot deel van die aarde deur die lig van my huid verlig.

17. En toe die lig op die aarde val, sien alle dinge anders daaruit as voorheen met my vleeslike oë.

18. Ek het byvoorbeeld `n blaartjie van `n boom gesien, wat `n sagte, heerlike klinkende sugtende wind juis in my regterhand gelê het en dat dit beskrywe was met die mees seldsame tekens; en die mooi tekens het my aandag getrek, en wel so, dat ek die blaartjie op my linkerhand gelê het om dit des te langer te kon bekyk.

19. Maar toe ek dit so bekyk het, val dit my opeens ook op dat die blaartjie tot op `n haar, sou ek wil sê, dieselfde tekens vertoon, wat ek tegelykertyd op my hand ontdek het; daar staan in my hand presies vyf-en-twintig soortgelyke tekens geskei van mekaar, terwyl dieselfde tekens op die blaartjie hulle meermale in allerlei kombinasies herhaal.

20. En die blaartjie word toe steeds groter en groter, en dit kom my voor asof sy haarself al byna oor die gehele aarde uitbrei.

21. En terwyl die blaartjie steeds groter word, vermeerder ook die groepe van tekens hulle soseer, dat dit volslae onmoontlik sou gewees het om ook maar die allerkleinste deel van die eindelose reekse en groepe te oorsien.

22. Toe ek my egter steeds meer verdiep in my so uitermate heerlike, wonderbaarlike beeld; sien, toe verdoof die hemelse lig opeens in my, die blaartjie verdwyn met die lig en met die heerlike toon van die lug en Henog se stem nooi hy ons toe uit om hier na U toe te kom, o meer as Heilige Vader!

23. Dit is alles wat ek gesien het, volgens U Heilige Wil en met U allerbarmhartigste toelating; slegs aan U kom alle lof, alle eer, alle dank, alle roem, alle prysinge, alle liefde en alle aanbidding daarvoor toe vir ewig! Amen."

24. En daarop prys Abedam sy getrouheid en sê: "Sien, geliefde Vratah, wat jy aanskou het is die Ryk van My Barmhartigheid op aarde!

25. Ek kan steeds nie só, soos julle My nou sien, by julle bly nie; en dit sou ook niemand tot voordeel strek vir die ewige lewe as Ek sou bly en sou kón bly nie.

26. Maar tekens, soos wat jy en al jou broeders gesien het, wil Ek julle nalaat, waardeur julle met die hulp van My gees elke woord wat nou uit My mond aan julle almal gerig word, selfs vir die laaste nakomelinge sal kan opteken; en Ek sal altyd in sulke opgetekende woorde in julle midde wees; gewyd, barmhartig, kragtig en magtig!

27. Hoe hierdie tekens egter gehanteer moet word, dit sal My gees julle deur Garbiël leer! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205