Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die visioen van die verleë Sehel en sy ooreenstemming met Noag en die Sondvloed

59 En nadat Vratah aldus die wil van Abedam vervul het en Abedam hom daaroor die besonder troostende opheldering oor die innerlike gesig gee, en Vratah Abedam uit die diepste grond van sy hart daarvoor gedank het, roep Abedam `n ander een uit die twaalftal, wat Sehel heet, by sy naam en vra hom met wederom gelykluidende woorde:

2. "Sehel, vertel jy My ook wat jy in jou hart gesien en verneem het!"

3. Maar Sehel word soos deur die bliksem getref toe hy hoor dat die vraag hom ter beantwoording gegee word, en hy kon oor die rede geen woord oor sy lippe kry nie. Juis soveel te meer omdat hy al van nature nie so `n buigsame tong gehad het nie, - egter nie somaar toevallig, soos dit in die teenwoordige tyd deur vergaande blindheid en dwaasheid gesê en geloof word nie, maar sodat deur sy onbuigsame tong `n groot verheerliking van My Naam sou geskied.

4. Toe die arme Sehel ondanks al sy wil en ondanks al sy inspanning dus niks kon uiter en daardeur in `n geweldige vrees en angskoors verval; tree Abedam tot hom en sê as`t ware vraend vir hom:

5. "Sehel, hoe is dit dan dat jy wel in staat is om sonder vrees en angs met jou broeders te spreek, wat jy tog, vergeleke met My, in die geheel nie liefhet nie?

6. Sien, My Liefde tot jou en tot julle almal is so groot, dat uit haar vuur die eindelose ruimte van die skepping vol ontelbare sonne en sonnegebiede ontbrand het; en tog is al die sonne slegs die allerkleinste vonkies van My Liefde vir julle, en jy durf My uit suiwer vrees en bomatige angs nie die gewenste antwoord gee nie! Hoe is dit dan?

7. Sê My in jou hart of `n broeder jou ooit op jou mond geslaan het, as jy hom `n antwoord gegee het op `n vraag!

8. Sien, jy ontken dit vir My in jou hart!

9. Omdat jou broeder jou nooit geslaan het nie, wat tog net soos jy `n swak mens is; hoeveel te minder sal Ek jou dan slaan, aangesien Ek tog die Almagtige Ewige God en jou ware, heilige, mees liefdevolle Vader Self is!

10. Beteuel daarom jou onnodige dwase vrees en jou heeltemal sinlose angs en spreek vanuit `n geopende hart in die aanwesigheid van My en alle vaders!

11. Maar besin jou nie te lank op die mees oordrewe woorde waarmee jy My sou wil aanspreek nie want daaraan het Ek in die geheel geen welgevalle nie, - maar gee dit aan My weer soos jou hart jou lei en Ek sal `n werklike welgevalle hê aan die suiwer, ware woorde van jou hart! Amen."

12. Hierdie woorde uit die mees heilige mond van Abedam bemoedig ons Sehel soseer, dat nie net alle angs en vrees hom onmiddellik geheel verlaat nie, maar ook die andersins aanhoudende swaarte van sy tong; en so begin hy uitdrukking te gee aan al die wonderbaarlikhede wat hy in hierdie bepaalde tyd in homself gesien het.

13. Dit was wat hy in sy hart gesien het en hy gee as volg uiting daaraan: "O ewige, liefdevolle, Heilige Vader! Ja waaragtig, waaragtig, ek was `n lewensgroote dwaas; so duidelik en so helder staan dit my nog voor oë en voor al my sintuie!

14. O Vader, U oneindige liefde, goedheid, erbarming en barmhartigheid en my meer as dwase vrees en angs vir U! O vergewe my, liewe, Heilige Vader!

15. Sien, dit was by my nie slegs U heilige, sigbare aanwesigheid, waardeur ek nie in staat was om te spreek nie; maar ook die buitengewone, wonderbaarlike wat ek in my aanskou het, het tog `n sterk invloed op my swaar tong gehad.

16. Maar nou het U almagtige woord my so geheel en al versterk, dat ek nou sonder enige vrees is, sodat ek dit nou vir die eerste keer vanuit die diepste grond ervaar hoe slegs U geheel alleen ons alle Heilige Vader is; en daarom wil ek nou maar al te graag vertel oor dit wat nog so wonderbaarlik heerlik en vreeswekkend voor my sintuie sweef en klink! Dit is as volg:

17. Eers het my hart begin te gloei so rooi soos `n mooi voorjaarsroos, wanneer die eerste strale van die môrerooi haar begroet; maar daarby het dit nie gebly nie, maar die rooi kleur het steeds sterker geword net soos op `n mooi voorjaarsmôre voor `n heerlike vol sonsopgang.

18. En hoewel ek dit my onmoontlik ooit kon voorgestel het, gaan daar toe ook `n allerheerlikste son in my eie hart op wat `n buitengewone sterk lig versprei het.

19. My hart self het nou so groot geword, dat ek as`t ware `n geheel nuwe hemel daarin aanskou het, getooi met tallose nuwe sterre, wat in die heerlikste konstellasies midde op die dag straal, en toe sien ek hoe daar `n nuwe heerlike aarde opduik, asof sy uit groot watervloede oprys en `n vreedsame geslag in `n lang huis, wat op die golwe staan, en hulle saam voer.

20. Ja, dit het ek alles in my eie hart gesien en ek het nog meer gesien en wel die volgende. 

21. En die vreedsame geslag kom uit die lang huis na buite en bring U `n welriekende offer; die rook, wat van die offer ontstaan, versamel egter in die hoogte en vorm weldra `n meer as heerlike groot boog oor die wye, nou heerlik, glinsterende aarde.

22. En uit die boog kom `n stem, geheel gelyk aan die van U; en die stem was gerig tot die vader van die geslag en beloof hom vrede en gee aan hom wat die boog as sigbare teken te kenne gee, dat die aarde nooit meer deur so `n vloed geteister sou word nie.

23. En die stem spreek nog baie met die vader van die geslag; maar die daaropvolgende woorde was heeltemal onbegryplik vir my.

24. Op die huis was seldsame tekens te sien en die ou man gaan daarheen en boots hierdie tekens na op `n rooi kliptafel; toe hy daarmee klaar was, gaan hy na sy kinders toe, toon aan hulle die tafel en sê vervolgens vir hulle:

25. 'Kinders, hier staan opgeteken wat God op die beskermende huis geteken het: Voortaan sal Ek geen oorlog meer met die mense voer nie; hierdie was die laaste.

26. Oor diegene van julle wat egter aan My ontrou word, sal Ek `n oordeel laat kom tot aan die groot tyd van alle tye; laat daar daarom vrede heers op aarde en by haar bewoners wat goed van hart is en sal wees en daarin geheel trou aan My! Amen.'

27. Sien, dit het ek gesien en duidelik verneem; en verder het ek niks gesien en verneem nie.

28. O Heilige Vader, neem dit barmhartig aan; U Heilige Wil geskied! Amen."

29. En Abedam sê daarop: "Sehel, jy het getrou weergegee wat jy ondervind het; maar, die nadere betekenis van die visioen van jou sal die tyd, die slegte, eers onthul!

30. Ek sou graag wil dat hierdie oorlog nie sou plaasvind nie; dog nie, soos Ek sou wil nie, maar soos die mense dit sal wil, so sal dit ook gebeur!

31. Die tekens sal jy ook spoedig van naderby leer ken! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205