Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Zuriël as beskermgees van die pasgetroudes. Die beproewing van die liefde van die nuwe Egpaar

6 Toe almal wat daar aanwesig was, sien wat daar gebeur het, oorval `n groot angs hulle vanweë hierdie daad en geeneen van hulle durf die hoë Abedam iets vra nie. Slegs Ghemela kom na `n kort tydjie weer tot haarself en gaan na Abedam toe, val voor Hom neer en vra Hom diep in haar hart om die barmhartige toestemming om Hom iets te mag vra.

2. Maar Abedam was haar voor en antwoord: "My bo alles geliefde Ghemela, is jy nie `n bietjie besorg oor Zuriël, wat die vader van jou liggaam is nie?"

3. En Ghemela beaam hierdie vraag in haar hart en uiterlik knik sy onskuldig met haar hoof om te kenne te gee dat dit wat haar hart so besighou, goed geskat was.

4. Abedam sê troostend vir haar: "My buitengewone geliefde Ghemela, dink jy miskien dat Zuriël uit die bestaan verdwyn het, omdat jy hom nie meer met jou oë kan sien nie?

5. O, wees maar nie besorg daaroor nie; jy sal hom nog dikwels te siene kry en jy sal oor nog baie heerliker dinge met hom kan praat as wat jy tot nou toe met hom gepraat het!

6. Dat hy egter hier in die teenwoordigheid van almal so `n groot barmhartigheid ontvang het, gebeur ten eerste ter wille van jou, sodat hy vir jou en jou man `n troue wagter en beskermer teen alle versoekinge van die wêreld sal word; en as Ek van tyd tot tyd na julle toe sal kom, sal hy My altyd vooraf getrou by julle aankondig.

7. En ten tweede sal hy nou ook vir alle kinders uit die middag `n algemene onsigbare leier wees, omdat hy die binneste van hulle harte sal deursien en hy sal hulle ook, volgens My wil, magtig kan laat skrik as hy êrens enige ontrou by hulle sal ontdek of bespeur. Hulle sal hulle dan weer makliker tot My wend en dan in hulle eie hart My vaderroep hoor en sal ook God se donderstem baie goed in hulle innerlike verstaan. 

8. En ten slotte sal daar vandag nog verskeie van die middag hier voorberei word om af te daal na die diepte, na die groot wêreldstad Hanoch, om ook daar aan die kinders van die wêreld, waarvan `n deel die grootste gruwelikhede bedryf, maar `n ander deel onder harde knegskap en die ellendigste slawerny bloei, My Naam te verkondig en om hulle ernstige boetedoening en ware verbetering te predik en onmiddellike terugkeer na Hom, wat reeds so lank met die allergrootste lankmoedigheid, geduld en barmhartigheid op hulle terugkeer wag!

9. Dog hierdie erbarming sal die laaste wees vir die kinders van die slang!

10. Sien nou, My allerliefste Ghemela, vir hierdie werk sal die groot trou van Zuriël nodig wees; en ook het Ek hom nodig, sodat die draak deur hom kan merk dat `n klein mensie deur My groter en kragtiger is as hy met al sy tallose slegte, boosaardige bendes!"

11. En daar kom groot vreugde in Ghemela se liefdevolle en dankbare hart en sy val weer neer voor Abedam se voete.

12. Maar Abedam hef haar dadelik weer op en neem haar weer op Sy arm en vra haar of daar nog iets is wat haar na aan die hart lê.

13. Sy kon egter van groot vreugde nie spreek nie, omdat sy nou gesien het dat haar JaHWeH, noudat sy getroud was met Lameg, haar nog netso liefhet as voorheen toe sy nog geen man aan haar sy gehad het nie.

14. Abedam druk haar aan Sy hart en roep Lameg na Hom toe en vra aan hom: "Lameg, is jy wel tevrede met Ghemela? Kyk, op My arm vergeet sy jou! Wat sê jou hart daarvan?”

15. En Lameg antwoord, terwyl hy hom aan Abedam se bors werp: "O Vader, U heilige, liewe Vader! As U nou my hart nie bymekaar hou nie, dan word sy vernietig deur `n nog nooit gevoelde, eindelose groot liefde tot U.

16. (Wenend) O Vader, toe U my hierdie meer as hemels reine Ghemela toegeken het en U my haar uit U heilige hand gegee het, het ek gedink: Hoe sal ek U soos voorheen kon bemin, as ek my slegs op U gerigte liefderyke sorg met Ghemela moet deel?

17. En toe ek haar orent help, vrees ek, dat my hand haar sou kon verontreinig het, waardeur sy nooit meer so rein en vir U so dierbaar sou kon wees soos wat sy voorheen was nie.

18. Maar noudat ek haar, wat U my gegee het om te behou en te beskerm weer op U arm sien sit, o Vader, liewe, Heilige Vader! - sien, my hart kan hom gewoon nie daaroor uiter nie!

19. Wanneer U my nie sal behou nie, dan sal ek aan `n te groot, grenslose dankbare liefde tot U sterf en vergaan, o U, my meer as heilige, goeie Vader!" 

20. En Abedam buig Hom na Lameg toe en sê vir hom: "Geliefde Lameg! Sien, jou Vader het nog een arm vry; gaan ook jy daarop sit en ervaar hoe Ek waarlik julle almal se Vader is!"

21. Maar Lameg durf dit nie, want hy vind homself heeltemal te onwaardig; maar Abedam moedig hom aan, - en dadelik hef Abedam hom ook op, druk hom aan Sy heilige bors en sê aan beide:

22. "Bly voortaan soos julle nou is, dan sal julle hierdie heilige plek nooit, selfs tot in die ewigheid nooit meer verloor nie!

23. Julle is die eerste kinderpaar wat Ek sedert die ewighede sigbaar op My hande dra; dit sal `n ewige gedenkteken bly vir alle hierna komende kinders, wat slegs werklik My kinders kan wees en word, wat hulle deur My laat vasgryp, laat ophef en net soos julle op My hande laat dra.

24. Diegene wat egter julle voorbeeld nie sal navolg nie, sal ook weinig liefde en nog baie minder lewe van My ontvang.

25. Lameg, aanskou nou die siel van My en jou Ghemela!"

26. Hierby blaas Abedam in Lameg se oë; en Lameg sien Ghemela nou in `n skitterende verligtende gedaante, wie se glans onvergelyklik baie helderder was as die sentrale lig van alle sonne.

27. Hy krimp ineen voor hierdie aanblik; eers toe hy langsaam weer tot homself kom, begin hy te ween en weet uit liefde tot My nie wat om te doen nie.

28. Abedam sê egter vir Ghemela: "Ghemela, sien, die rein Lameg ween van liefde vir My! Droog die heerlike trane uit sy oë met jou hare en so `n daad sal te alle tye vir jou en julle opvolgsters passend wees!"

29. En Ghemela omarm Lameg vir die eerste keer met haar teer, sagte en werklik hemelse mooi arms; met haar voorhoof en met haar so sagte wange droog sy Lameg se heerlike trane uit sy oë, terwyl die Heilige Vader beide op daardie oomblik nog op Sy arms dra.

30. Daarna dra Hy hulle na die vaders, kus beide en gee hulle toe weer seënend oor aan die vaders en sê:

31. "So rein soos wat hulle hier is, sal alle gebore kinders weer aan My teruggegee word! Ek is hulle oorsprong; tot hierdie oorsprong sal hulle vir ewig weer so terugkeer. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205