Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die roeping van Horidaël tot skrywer van die vrye tekens wat ooreenstemmings bevat en aandui

65 En Abedam reik Sy hand vir Horidaël en vra hom om haar te gryp en Horidaël gryp haar met beide hande vas en druk haar met alle liefdesgeweld teen sy bors vas.

2. Toe rig Abedam die volgende woorde tot hom en sê: “Horidaël, jy het my getrou gegee wat jy in jouself gevind het; so wil Ek jou dan ook tot `n soeker van die verborge skatte van die innerlike lewe maak.

3. Jy sal die tekens van ooreenstemmings hê om daarmee te getuig van die innerlike en ook die mees innerlike, lewende, geestelike betekenis van elke ding!

4. Jou visioen het laat sien, dat die liefde vir My, die hart hoe langer hoe meer sal vervul, en dit haar ook deur die geestelike warmte sal laat uitdy en wel soos jy dit gesien het toe jy `n baie groot aantal rustelose ronddwalende sterre gesien het, wat hulle geleidelik aan tot één gemeenskaplike lig verenig het, en jou hart eers volkome uitgebrei het toe hulle in jou één geword het.

5. En nadat `n dergelike groot werk in jou volbring was, sien, toe word dit rustig in jou en het jy weer die sterre gesien, en die sterre het jou innerlike wêreld verlig, sodat jy jou in jouself as `n volmaakte mens kon vind; maar toe jy jouself gevind het, het jy nie geweet waar jy was nie, sodat jy dit gevra het. 

6. En drie sterre van jou eie hemel het hulle losgemaak en uitsonderlik helder stralend voor jou aangesig gesweef; maar jy het dié teken nog nie begryp nie en het weer gevra. 

7. Toe wyk die drie sterre ver terug en die middelste open homself en verslind albei die buitenstes; eers toe verneem jy in jou `n kragtige, op donder klinkende stem, wat jou die eerste fundamentele leer gegee het oor jouself en oor dit, wat jy moet word en wat jy moet doen.

8. Toe vra jy jouself weer af: “Maar die sterre, die sterre, wat is dan die sterre in myself? Waarom het hulle aanvanklik so flitsend heen en weer geskiet? Waarom en hoe het hulle één geword en hoe en waarom het hulle hulleself daarna weer een vir een afgesonder en tot rus gekom?” 

9. Sien, die sterre was aanvanklik niks anders as die uit die buitewêreld in die siel opgeneemde wetenswaardighede, oftewel die verstand in die enger sin van die woord.

10. Die heen en weer skiet van die sterre beteken egter die soeke van die siel in haarself na die weë van die waarheid en die lewe.

11. Die tot één geheel word van die lig van die sterre dui aan dat die siel My uit alle mag vasgegryp het.

12. Dat die sterre daarna dan weer op hulleself gestaan het en rustig geword het, toon dat alleen deur die liefde tot My, die lewe wat homself gesoek het, homself gevind het in sy Oerbeginsel, wat oneindig is, net soos die weergevonde lewe in homself in Hom en deur Hom.

13. Daarom het jy jouself daar herken en vanuit die grond van jou wese vra jy: “Waar is ek?” 

14. En die drie losgemaakte sterre gee jou die antwoord; maar jy het dit nog nie begryp nie. Uitgaande van die middelste ster lui die antwoord van die sterre aan jou, dat jy nou in die midde van jou eie liefde self liefde en lewe is, bereid om al die lig vanuit My in jou op te neem. Wat jy weer van die volgende kon aflei. By jou tweede vraag wyk die sterre eindeloos ver van jou af weg, sodat jy hulle eindelose omvang kon vasstel, waarop die middelste ster, wat die suiwerste liefde uitbeeld, beide die buitenste in haar opneem, wat weer `n beeld was van jou geloof en jou vroeëre Wysheid.

15. Toe hierdie één geword het, verneem jy ook die eerste groot, lewende woord in jou; en eers daardie woord leer jou om die groot visioen van jou eie lewe in jouself te herken.

16. Dié woord was egter My woord in jou of daardie werklike woord waardeur jy, soos alle dinge, eens ontstaan het; en dié woord leer jou, dat jy die groot, innerlike ooreenkomste van die buitewêreld met die innerlike, werklik lewende, ewige wêreld sal begryp.

17. Bygevolg sal jy ook `n skrywer word, maar nie soos die ander nie, maar `n skrywer van die ooreenstemmende tekens van die lewe in die mens in alle sigbare en onsigbare dinge, wat die hele oneindigheid van die kleinste tot die grootste vervul.

18. Daarom sal Ek jou ook ander tekens gee; ja heeltemal vrye tekens sal jy hê, waarmee jy kan aangee wat daar in die tekens van die ander tot die gees behoort, en sodoende tot die innerlike, ewige lewe, of: Wat die ander sal opteken vir die vleeslike oog en hier en daar ook vir die oog van die siel, maar nie vir die geestesoog nie, daarin sal die gees van die innerlike waarheid deur jou getoon word. 

19. En so het die vrye tekens van die ooreenstemmings jou ten deel geval! Nou weet jy weliswaar nog nie hoe om hulle te gebruik nie, en ken jy die tekens self nog nie; maar wees nie besorg daaroor nie!

20. Sien, in die skool van jou eie hart, wat jy vandag vir die eerste keer gesien het, sal jy alles vind! Die gees van die liefde in jou sal jou in alle geheime inwy en dit aan jou openbaar, wat tot nou toe vir alle oë verborge was; wees volkome verseker daarvan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205