Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam se woorde oor die ware verering van God. Die evangelie van die ware gee

66 Na hierdie woorde en die heilige lering van Abedam val Horidaël, oorval deur buitengewone gevoelens van dankbaarheid, voor Abedam neer en ween van groot liefde en die vreugde wat daaruit voortkom, en daar was niemand op die hoogte wie se hart en oë op daardie oomblik droog gebly het nie.

2. Desondanks laat Abedam Horidaël tog weer opstaan, terwyl Hy die volgende woorde spreek:

3. “Horidaël, staan op! As jou hart vervul is van liefde en jy deemoedig is, dan is dit meer as voldoende dankbaarheid en daardie op die grond lê kan geheel en al agterweë gelaat word.

4. Want wat die gedrag van die liggaam betref, dit is eerder `n gruwel vir My as `n welgevallige deug, in die besonder as iemand sou glo dat die trane in sy oë, opgeroep deur `n enigsins pynlike oomblik, al voldoende vir My sou wees, terwyl sy hart haarself tog voor dit heel weinig met My besig gehou het. En ook het Ek `n afkeer van ander vroom lykende liggaamshoudings, waar die hart, van die siel en die lewende gees daarin, dikwels nie die geringste daarvan weet nie, en dus ook nie die minste kennis daarvan neem nie, laat staan dat dit die waaragtige lewende deemoedige oorsaak van dergelike vroom aandoende liggaamshoudings is.

5. Ek sê egter vir jou en aan julle almal, dat Ek `n volkome gees is.

6. Wie dus nie in die gees van sy liefde tot My kom en My vra en dank met dieselfde gees van die liefde nie, waarlik, die sal ek nie aansien en verhoor, alvorens hy hom volledig oorgegee het en ingegaan het in sy innerlike wêreld en My daar `n nuwe, lewende offer gebring het van die suiwer liefde in die hart van sy siel nie, waarin die lewende gees woon, wat `n ou afstammeling is van My ewige liefde!

7. Maar dit is by jou nie so dat jou gees `n leek sou wees aangaande alle dinge wat gebeur en nou nog gebeur nie, maar juis die teendeel is waar, sodat jy as gees nou volledig meester in jou eie huis (liggaam) is en sodoende ook in al jou dele liefde tot My het. Wat het daardie op die grond lê dan beteken?!

8. Ek sê vir jou, My geliefde Horidaël, laat dergelike ou, niksseggende gewoontes, wat alleen in die laagte tuishoort, agterweë en verhef jou tot `n vry mens.

9. Wie egter sy knieë buig voor My, laat hy dit dan in sy gees en in alle waarheid buig, sodat dit die immer geregte deemoed van sy hart aandui, - maar nie die knieë van sy liggaam, waaraan weinig geleë is of dit nou reguit of gebuig word nie.

10. Want dat elkeen sy vleeslike knie kan buig wanneer hy maar wil, toon hy immers al by die loop; as Ek dus deur die buig van die vleeslike knieë gedien sou wees, dan sou dit as gebed immers reeds meer as voldoende gewees het, as iemand heen en weer loop, sonder om hom verder nog oor iets anders te bekommer.

11. Maar wat moet daardie knieë buig en daardie op die grond lê van julle, wat My kinders is, aan wie Ek `n lewende gees gegee het, vir My beteken?!

12. Sien, ook diere kan die gewrigte van hulle voete baie goed buig en kan ook op die aarde gaan lê!

13. As jy My daarmee wil eer, waarby daar geen onderskeid is tussen julle en diere nie, watter onderskeid is daar dan wel tussen julle en diere self?!

14. My liewe Horidaël, sien jy, en sien julle almal dan nie in, wat se suiwer dwaasheid `n dergelike uiterlike diens aan My, die lewende, ewige God is nie; `n lewelose verering, liefde en aanbidding vir My, julle heilige, mees liefdevolle Vader, terwyl Ekself aan jou `n lewende siel gegee het en in die siel `n ewige gees van alle liefde en waarheid vanuit die liefde!

15. Laat daarom in die hele verdere toekoms dit agterweë wat tot niks dien nie, en maak na behoefte `n wyse gebruik van jou liggaam en al jou ledemate; maar wat dit My betref, laat dan jou ledemate met rus asof jy geen daarvan gehad het nie!

16. Met julle liggaam kan julle niks doen wat vir My welgevallig is nie, want Ek is `n gees.

17. Maar as jy jou liggaam saam met jou gees tot My wil verhef, gebruik dan jou ledemate vanuit My liefde, wat in jou is, vir `n broederdiens wat al is wat vir My welgevallig is, en Ek sal die werking van julle liggaam aansien as werke van die liefde van julle gees en sal julle die verdiende loon daarvoor gee!

18. Maar wees volkome verseker hiervan: Met julle ledemate alleen kan julle almal niks doen wat My welgevallig sou wees nie, maar slegs met julle hart en die lewende gees daarin!

19. Waarlik, Ek sê aan julle almal, wie sy broer `n stuk brood gee, of `n appel, `n peer, `n neut, `n druif, of `n skaap, `n koei, `n stier, `n esel, `n kleed of `n huis en hy gee dit nie vanuit sy hart nie, maar vanuit `n sekere dwingende verpligting, die het in My oë niks vir sy broer gegee nie, en Ek sal geen ag op hom slaan nie, nóg op sy gawe, - al sou dit groter wees as `n berg!

20. As iemand egter weinig het, maar gee dit maar al te graag vanuit die volheid van sy liefde aan sy broer, - Ek sê vir julle, al was dit maar `n neut, dan sal Ek dit aansien asof dit `n aardbol was!

21. Nou weet julle almal voldoende wat daar te doen staan met betrekking tot My verering; rig julle daarvolgens, dan sal julle tot in ewigheid nie kan kla dat Ek iemand se versoek nie sal verhoor nie!

22. En laat ons dus nou vir Purhal roep en aanhoor wat hy alles in dié tyd gesien en getrou verneem het! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205