Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die verklaring deur Abedam die hoë, van Juribaël se aanskoue. Die lewensgeheim van die deemoed en die liefde tot God

71 Na die woorde val Juribaël, deur sy oorweldigende liefde gedryf, voor die voete van Abedam neer en gee op hierdie manier in `n sekere sin lug aan sy magtige liefde.

2. En so lê die vurig beminnende, vervul met die grootste deemoed en diepste dankbaarheid in sy hart, aan die voete van sy God, sy Skepper en sy Vader.

3. Maar die Vader buig Hom oor hom heen en hef hom op en druk hom aan Sy heilige bors, sodat hy daar die ware, ewige lewe kon inasem uit dieselfde oerbron van al die lewe, waaruit alle eindelose ewighede hulle wese en hulle lewe gesuig het en ook ewig sal suig.

4. Die heilige, mees liefdevolle Vader druk nou vir Juribaël sodanig aan hierdie heilige bors, dat selfs sy vlees vervul word met die liefde tot die heilige, liefdevolle Vader.

5. Terwyl die ewige, heilige Vader hom nou so in Sy arms van die ewige en oneindige vaderliefde hou, rig Hy ook die volgende woorde tot hom en sê:

6. “Juribaël, sien, nou leef jy eers waaragtig en dié lewe sal nooit van jou afgeneem kan word nie; want nou het Ek dit vir jou gegee en jy het dit nou werklik geneem uit My, jou ewige, heilige, liefdevolle Vader.

7. Sien, dit is die ewig stralende ring in jou hart, dat jy nou leef vanuit My liefde in jou! Want My liefde in die hart van My kinders is `n kring, wat hom steeds verveelvoudig en tot in die eindelose vergroot; en die kringe wat ontstaan het deur hierdie ewige verveelvoudiging van die een kring, hang aanmekaar soos die skakels van `n ketting of soos die windings van `n slakkehuis (skulp), waar elke winding groter word en ruimer en vryer, en met elke winding digter en digter, en steeds digter die groot uitmonding in die ewige, oneindige ruimte nader; dit is in die gees die allerhoogste volmaakte genieting van My ewige, oneindige vaderliefde en alle barmhartigheid en Wysheid vanuit die liefde.

8. En hierdie volmaakte genieting is die mees eintlike ewige lewe in alle vryheid van die aanwend van die barmhartigheid volgens die oerewige Wysheid vanuit My, wat elkeen eie sal word wie `n geregverdigde kind van My liefde geword het deur sy liefde, welke in die grond My liefde in hom is, en hom maak tot die kind van My liefde deur hierdie liefde van My in hom.

9. Sien nou, My geliefde Juribaël, dit alles is jou visioen, en dat jy die korrekte weg gewys het na My, julle aller mees heilige Vader! Hierdie weg dien almal te bewandel en die hoë betekenis van My bedoeling met en in julle sal dan spoedig baie helder stralend vir julle onthul word, en julle sal dan nie vra: “Waar, waarheen en vanwaar nie?”, maar elkeen sal dit in homself vind, soos sy liefde, so ook sy gees, wie `n draer van die liefde is en so sal hy ook die hoë sin van My bedoeling vind. En dit alles is die ewige, mees volkome vryheid as gevolg van My ewige en oneindige Wysheid, welke die oerewige orde is van alle dinge en van al wat is.

10. Maar as iemand hierdie weg nie bewandel nie, waarlik, Ek sê vir julle, hy sal eindeloos soek en sal tog nooit die korrekte en kortste weg vind nie, omdat dit `n weg van die liefde is en van al die lewe vanuit die liefde, maar geen weg van duistere eiesinnigheid, waarin ook nie die allergeringste vonkie van My liefde heers nie.

11. En as daarin tog enige liefde heers, dan is dit tog alleen maar `n geroofde liefde, wat die een of ander dief hom toegeëien het en hy leef dan vanuit die geroofde liefde, wat jou reinste eieliefde is.

12. Maar die lewe van so `n liefde duur nie ewig nie, maar slegs gedurende die baie kort tydjie waarin so `n liefde hom spoedig sal verteer, omdat hy van My vaderliefde afgeskei word en sodoende geen toestroming meer het nie.

13. Ja, dit is met so `n eieliefde, net soos met `n olielampie, wanneer iemand wat olie, wat op verskillende plekke van die berge uit klein bronnetjies uit die vet gesteente opstyg as bemesting, ter verbetering van die skrale bodem, in `n houer sit en aansteek! Dit sal weliswaar onmiddellik begin te brand, maar as dit deur die verbrand verbruik is, sal die leeg geworde houer dan ook nog voortbrand as daar geen nuwe olie bygegooi word nie?

14. O volstrek nie, maar as die olie op is, sal die vlam ook uitgaan en die houer sal donker word en koud en dood wees.

15. Wanneer jy egter die olie by die bron aansteek en jy beskerm die plek waar die oliebronnetjie met helder vlamme brand, teen sterk winde en watertoevoer, dan sal die vlam in ewigheid nooit uitdoof nie, maar alleen maar steeds heerliker verder brand, omdat sulke vlamme langsamerhand die plek in `n wye omtrek hoe langer hoe meer verwarm, en daardeur ook steeds meer olie van die dieper oorspronklike bron onttrek word!

16. Sien nou, My geliefde Juribaël, wie dus die liefde in sy hart tot My wend en My vir ewig in sy liefde omvat, die het die olie van sy lewe aan die bron ontsteek, en hierdie vlam sal nooit uitdoof nie, maar `n ewig lewende lig vir hom wees!

17. Jy het nou die olie van jou lewe van die bron ontsteek; wees verheug daaroor, want in die lig het jy die Vader as die oerewige lig gevind!

18. En laat ons dan nou ook vir Oalim oor sy visioen vra en dit verneem! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205