Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die eindelose verskeidenheid van die geestelike persoonlikhede. Die lewe in die geestelike wêreld

73 Toe Oalim daarmee die verhaal van sy visioen beëindig het, was alle vaders uitermate verbaas en die een sê vir die ander: “Nee, mens kan dit nouliks meer verdra! Die hoë, geestelik wonderbaarlike gaan al ons denkbare voorstellings te bowe!

2. Jy sou tog dink dat elke mens noodsaaklikerwys een en dieselfde in hom sou moet vind; maar wat `n eindelose verskeidenheid van verskyningsvorms!”

3. Abedam, die ander, gaan egter stilletjies na Henog en sê aan hom, as`t ware vraend:

4. “Luister, my beste broer Henog, ofskoon ek tog gewek en geroep is, begin dit my nou tog wel te duisel!

5. Sê my tog of jy raad hiermee weet! Ek sou wel in die grond wil sink! Tans het ses van hierdie boodskappers, wie almal van Set afstam, hulle innerlike gesigte bekendgemaak; maar elkeen van hulle het iets volkome anders in homself aangetref!

6. Hoe staan dit dan met die geestelike lewe in die geestelike wêreld?

7. Sou daardie geestelike mense dan nie meer so gemeenskaplik met en onder mekaar lewe as ons hier op die aarde nie?

8. Want as elkeen van hulle sy eie, individuele wêreld in hom dra, dan kan jy jouself afvra: “Sal op elkeen se eie wêreld ook byvoorbeeld vir sy broers plek wees of sal hulle met hulle eindelose wêrelde wel bymekaar kan kom?

9. Of sal hy sy eie wêreld, wat slegs vir homself bewoonbaar is, telkens so in homself terugtrek, wanneer hy iemand wil nader, soos byvoorbeeld die slak haar voelhorings intrek wanneer sy deur `n vreemde voorwerp aangeraak word?”

10. Sien, liewe broer Henog, dit is dinge en omstandighede wat ek in nog veel mindere mate met mekaar in verband kan bring as `n vuurspuwende berg in volle vlam, bliksem en gekraak, met `n houer vol suurgeworde koeimelk! 

11. Ek moet aan jou beken, dat hoe meer ek nou daaroor nadink, ek des te verwarder word en soos dit altyd by my was, ook des te dommer!

12. As jy ook maar enigsins lig het in sulke suiwer geestelike sake, laat my dan ook `n vonkie toekom; want na Hom durf ek nou nie gaan nie, omdat Hy Hom so aandagtig met die twaalf manne besighou.

13. Ek voel my weliswaar baie tot Hom aangetrokke; maar weet jy, - dit is tog wel gewaagd! Sonder `n gedugte uitbrander sal ek nie met my nog sterk oorheersende domheid, van afkom nie; en glo my, jy kry tog altyd `n heel merkwaardige gevoel as Hy jou so onder hande neem!

14. Sê my daarom tenminste maar drie woorde, sodat ek nie so dom en blind daarby staan en luister na wat daar alles bespreek word nie; maar soos jy dit wil! Amen!”

15. Maar die bekende Abedam het nog maar net daardie laaste woord uitgespreek of toe staan die hoë Abedam ook reeds tussen Abedam, die bekende en Henog, en vra aan Henog:

16. “Geliefde Henog, wat wil jy op daardie onkruid van `n vraag van die kant van My naamgenoot antwoord gee?”

17. En Henog antwoord: “Heilige Vader, waar geen boom staan nie, sal die wind, dink ek, ook weinig te ontwortel hê!

18. Abedam se vraag bevat volgens my te veel lug en is sodanig, dat behalwe U, heilige, liewe Vader, waarskynlik niemand ooit `n antwoord daarop sal vind nie!”

19. Die bekende Abedam val egter onmiddellik voor die hoë Abedam neer en sê smekend:

20. “O, ons aller liewe, heilige Vader! Vergewe my arme, dom sukkelaar nie alleen ten opsigte van U nie, maar ten opsigte van alle vaders, moeders, broers en kinders van albei geslagte; want ek het nou sekerlik deur my ekstra ongewoon onrype vraag `n onmeetlike groot domheid begaan!

21. Maar wat kan ek dan anders doen by sulke onbegryplike, ongehoorde wonderbaarlike visioene, ingegee deur U oneindige goedheid, liefde en barmhartigheid?!”

22. Die hoë Abedam sê egter gerusstellend: “Abedam, staan op en wees kalm! Jou vraag is weliswaar suiwer onkruid van die materiële wêreld, maar ook dorings en distels is deur My geskape, sodat hulle julle deur hulle stekels sal wek, wanneer jy sommer in die wilde weg blindelings oor die aardbodem rondtrek en nie weet waarheen jy gaan, waarom jy gaan en wat jy wil nie.

23. Sien, so is jou vraag ook! Glo maar nie dat dit op jou eie grond en bodem gegroei het nie, maar Ekself het dit in jou laat opkom om jou te wek uit jou ou en steeds wederkerende slaap, sodat jy tenminste `n behoefte in jouself sal bespeur om jou innerlike mens te laat ontwaak en met sy oerlig vir jou, saam met jou nag, eindelik gevange te neem.

24. Sodat jy egter die groot domheid van jou vraag volledig sal insien en wel in een keer, moet jy My eers vanuit jouself sê: Wat is die grondslag van alle geskape dinge eintlik?”

25. Hier kyk die bekende Abedam raar op en sê ten slotte: “Ja, vir sover ek dit van U weet, liewe, heilige Vader, is dit enkel en alleen vasgehoue gedagtes vanuit U en niemand anders nie!”

26. En die hoë Abedam antwoord daarop: “Dit het jy goed geantwoord; maar sê My dan ook nog of Ek die dinge, net soos die slak haar voelhorings, moet intrek as Ek julle kinders, soos nou, wil nader en vir julle sigbaar wil word!”

27. Hiervan kyk die bekende Abedam nog meer op en bly swyg.

28. Die hoë Abedam vra weer aan hom: “En as jy gedagtes het afkomstig van bo en van benede en allerlei begeertes voortspruitend uit jou gedagtes, vertel My dan, wanneer was dit ooit `n hindernis vir jou om iemand te nader?! En tog is juis die innerlike gedagtes jou innerlike geestelike wêreld self; en wanneer jy aan iemand dink, dan is hy reeds in die gees by jou!”

29. En Abedam, die bekende, antwoord smekend: “O heilige Vader, vergewe, vergewe my, arme sukkelaar; want my domheid is waarlik groot!

30. Nou word alles vir my baie duidelik!” En die hoë Abedam sê daarop aan hom:

31. “Gaan dan na jou vroeëre plek terug en let op wat daar nog sal kom, dan sal daar voortaan geen onkruid van die mees dwase vrae meer in jou opkom nie!

32. Want juis daarom laat Ek die twaalf tog hulle gesigte meedeel, om julle in die hele verdere toekoms te behoed vir alle twyfel, nou sowel as ewig! Amen.

33. Begryp dit goed! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205