Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hoe belangrik dit is dat die gees in die menslike hart, God se leer bevestig

74 Nadat Abedam, die bekende, hierdie les gekry het, was hy volkome tevrede gestel en val neer voor die voete van die hoë Abedam, dank Hom met heel sy hart, staan toe weer op en gaan terug na sy vroeëre plek.

2. Die hoë Abedam rig nou weer Sy oë op Oalim en sê aan hom en sodoende ook aan alle vaders:

3. “Luister nou, My geliefde Oalim, en laat elkeen in homself goed kennis neem van wat Ek hier vir julle sal sê!

4. Want dit is uiters belangrik dat julle dit met julle hart begryp!

5. Ofskoon julle, omdat julle My met julle oë sien en met julle ore hoor, nou geen behoefte meer daaraan het nie, sal daar nog baie na julle kom wat dit dan dringend nodig sal hê om My te leer ken en dit werklik in hulle hart gelowig te wil behou.

6. Diegene wie hierdie leer sal verwaarloos, sal My in hulle innerlike geheel en al verloor, en sal daarvoor in die plek gode uit die growwe materie maak en hulle, in plaas van My, aanbid; sommiges sal egter handel soos wat Lameg in die diepte noual doen!

7. Slaan dus goed ag op die volgende groot heilige leer en bewaar haar goed!

8. Ek wil julle nou die volgende leer oor die visioen van Oalim:

9. Kyk en sien; hoor en luister! Die mense wie My nie sien en hoor soos julle nou, kan heeltemal niks van My af weet nie, behalwe dit wat hy van sy direkte voorouers gehoor het.

10. Dit was tot nou toe ook by julle die geval, aangesien, behalwe Adam en Eva, niemand My ooit gesien en gehoor het nie, behalwe by monde van Adam en Eva, wie My gesien en gehoor het en enkele weinige tydgenote van Abel, wie My stem deur My engel verneem het.

11. Soos wat julle mettertyd vergaan het, so sal julle nakomelinge weer vergaan, wie My slegs deur julle mond sal leer ken, maar wat My eintlik veral maar net deur julle hart daadwerklik moet leer ken.

12. Maar watter bewys kan jy jou kinders gee van My bestaan, as Ek My nie ook vir hulle laat sien en nie mag laat sien, soos nou aan julle nie?

13. Julle kan nagenoeg niks anders doen as om maar te sê dat Ek wel oral onsigbaar bestaan, maar tog êrens verby alle sterre op `n eindelose hoogte der hoogtes of in die diepte der dieptes woon en dat julle My werklik gesien het.

14. Sal julle kinders egter ook aan hulle kinders `n dergelike leer oor My kan gee, terwyl hulle geen getuie was van My sigbaarheid nie?

15. Sien, as hulle hulle kinders as getuies sou onderrig, dan sou hulle immers rooi van skaamte moet word en hulle kinders sou immers baie spoedig agterkom dat hulle ouers hulle `n onwaarheid vertel het.

16. Daarom kan hulle tog sekerlik alleen julle as getuies van My bestaan aanvoer, - en so verder van kind tot kind, tot kind, tot kind.

17. Wanneer die getuies egter, hoe langer hoe verder, in die verlede bestaan en lankal, lankal, lankal nie meer sal lewe nie en wanneer, deur die latere nakomelinge, selfs aan die bestaan van die vroeëre getuies getwyfel sal word, sê My, hoe sal dit dan daar met die leer oor My uitsien?!

18. Sal daar ook nie ten slotte oor die egtheid daarvan en ook oor julle bestaan getwyfel word nie?!

19. En wat sal die mense dan doen, wanneer niemand meer in staat is om vir die egtheid van hierdie huidige leer van My geldige en houbare bewyse te gee nie?

20. Ek sê vir julle, dan sal elke enigsins magtiger mens baie spoedig `n god vanuit die natuur skep en sal hom vereer met sy grootste hartstog en hy sal uiteindelik sy broers met geweld dwing om aan hierdie god van hom hulde te bewys en aan hom te offer.

21. Wanneer dit gebeur het, sal alles as gevolg van `n dergelike afgoderym ook in die allerdonkerste nag van die verderf en van die ewige dood versink, en Ek sal dan gedwing word om met vurige swaarde en vlammende roede die in die dood versonke wêreld te bereg om haar weer in soverre tot lewe te bring dat sy geskik sal wees vir `n ander oordeel; en daar sal uit duisende nouliks een in vrykom, of wat dieselfde is, duisende sal nouliks die vrye lewe van `n enkeling hê en hulle woonplek sal materie heet.

22. Ek meen nou dat dit volstaan om in te sien dat elke, van mond tot mond leer, niks werd is en ook die van hart tot hart, wanneer sy nie deur innerlike heilige getuienisse op die mees lewendige wyse bevestig word nie.

23. Ja waarlik, Ek sê vir julle, die leer mag op haarself hoe waar, goed en mooi wees, as sy egter slegs op die geloof aangewese is, wat op niks anders gebaseer is as enkel op `n verskuilde oorlewering en die blindheid van die hart as getuie vir die egtheid van die leer, is die leer ondanks dit alles, niks werd nie!

24. Julle het al baie swak geword, ofskoon al julle oorspronklike lerare nog in die lewe is; hoe sal dit dan hierna met diegene gaan wat oor julle huidige bestaan, selfs in `n blinde stryd sal beland?!

25. Daarom sê Ek nog `n keer aan julle, dat geen enkele leer iets werd is, as haar voorskrifte nie deur My lewende getuienis in die hart van elke mens bevestig kan word nie!

26. In Oalim het julle die lewende getuienis volkome aangetref. Daarom is dit ook aan te neem, dat julle wel al met julle mond My Naam en My oerewige barmhartigheid, gewydheid en mees liefdevolle wese op die manier aan die kinders leer, wat Ek julle nou al voldoende getoon het; maar laat dit nie net by die leer bly nie, maar sorg allerywerig daarvoor dat hierdie leer weldra by hulle sal oorgaan in die volle, lewende daad en wees daarvan verseker dat elkeen wie hierdie leer ernstig en daadwerklik in hom sal opneem, spoedig die groot lewende heilige getuienis van Oalim in homself sal vind, dit wat sterk ligtend sal getuig van die lewende egtheid van My woord wat nou tot julle almal gerig word! (vergelyk Johannes 7:17)

27. Sien, Oalim het in die derde kiemhart, nadat dit die vorm van `n mens aangeneem het, nog `n sonhart gevind en uiteindelik in daardie hart Myself, soos wat jy die verwarmende beeld van die son in elke doudruppel vind; en dié beeld van My in hom het in hom gespreek net soos Ek, en daardie woord het My aan hom getoon as die ewige, heilige Vader in die grootsheid van My oneindig heilige goddelikheid! 

28. Hierdie innerlike mens van Oalim wil reeds een word met sy uiterlike substansiële mens en vir `n deel ook met sy geheel uitwendige stoflike mens; Oalim was nog net nie ryp daarvoor nie.

29. Julle sal dit alles eers ervaar wanneer julle volledig ryp is, maar dan blywend en vir ewig.

30. Handel nou ook net so en leer dit aan julle nakomelinge; dan sal julle hulle `n blywende getuienis van die egtheid van hierdie leer van My oorlewer, en daardie getuienis sal hulle tot loon wees, omdat hulle hierdie woorde daadwerklik ter harte geneem het, vir alle tye der tye.

31. Wie egter daardie getuienis in homself sal vind, het ook reeds die ewige lewe vanuit My ontvang, dit wat ewig nooit meer van hom afgeneem sal word nie.

32. Sien, dit het die ware droomgesig van Oalim alles te kenne gegee; maar wat nog begryp en in ag geneem moet word, sal die visioene van die volgende julle meedeel en laat ons daarom ook na Thuarim luister! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205