Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die visioen van die reus Rudomin. Die grootsheid van die mens as kind van God

78 Na hierdie woorde laat Abedam vir Thuarim, volgens die uiterlike, gaan, maar nie innerlik nie; en Thuarim byna geheel versonke in sy liefde en dank, laat dus wel, na die uiterlike, die hand van Abedam los, maar juis daarom klem hy hom in sy hart des te krampagtiger daaraan vas, en gaan toe in die lewendige gemoedstoestand etlike tree agteruit en wel net soos Sehel rugwaarts, sodat hy maar geen oog af hoef te wend van die Een wie sy hart nou herken het, dat Hy gewyd, gewyd, gewyd is en vervul van die allergrootste vaderliefde.

2. Toe hy nou weer sy vroeëre plek te midde van sy broers bereik het, roep Abedam dadelik vir Rudomin, en sê: “Rudomin, kom hier en spreek en getuig vanuit jouself! Amen.”

3. En nou tree die baie groot Rudomin vanuit die kring van sy broers na vore en staan soos `n hemelpilaar, geheel verstyf deur deemoed, liefde en eerbied, voor die hoë Abedam.

4. Ondanks hierdie verleentheid straal sy hele gestalte tog `n eg manlike rus en beskeie verhewenheid uit, wat hom by geeneen van die ander so sterk, dit wil sê so duidelik sigbaar geuiter het as juis by Rudomin nie, omdat hy, wat betref sy liggaamsgrootte, alle kinders, Adam inbegrepe, ver oortref het, aangesien hy `n reus was van sestien span groot en verder, wat al sy spiere en senuwees betref, buitengewoon sterk was.

5. Maar toe hierdie reus lank aarsel met praat en, hoe langer hoe meer, bevreesd nadink en vervul van groot eerbied in homself oorweeg wie die Een wel was, voor wie hy nou staan en moes spreek, kyk Abedam hom vriendelik en liefdevol aan en vra aan hom:

6. “Rudomin, waarom aarsel jy ten opsigte van My, jou Vader en God?

7. Wat hou jou hart nog gevange en jou tong nog gebind?

8. Laat alles wat nou nie geskik is nie agterweë; versterk jou in jou hart en spreek! Amen.”

9. Hierdie bemoedigende woorde dring soos `n eteriese lewensbalsem deur in Rudomin se hele wese, sy hart word bevry van alle benoudheid, en sy tong word so lig soos `n donsveertjie; en daarom begin hy dan ook met sy magtige reusestem te spreek en wel dusdanig hard, dat sy woorde teen die wande van die nabye berge breek en wegsterf.

10. Syne lui as volg: “God, Vader, ewige, allersuiwerste liefde, wie gewyd, gewyd, gewyd is! Wie kan U waardig en passend liefhê, loof en prys?! Want alles wat U, o heilige Vader, ons gee is te wonderbaarlik groots en gewyd!

11. Wat is die mens tog in al sy geringheid en volkome nietigheid, dat U, o groot, ewige, almagtige God, aan hom dink en hom so sterk die uitstroming van U oneindige barmhartigheid, liefde en erbarming laat voel?!

12. Ja, eers nou sien ek helder en duidelik in, dat U, o God, `n waaragtige Vader is en ons U kinders is; want wat moet U en wat moet ons anders wees, aangesien tog alleen U heilige wil deur U eindelose liefde ons verwek het?!

13. Ja, ja, U is waaragtig ons allergewyde Vader en ons waaragtig U kinders en ons is eindeloos groot deur U en verhewe en magtig, maar ons is klein en nietig, ja heeltemal niks vanuit onsself nie, omdat nie ons nie, maar alleen U, ons verwek het vanuit U ewige, oneindige liefde!

14. Aan onsself oorgelaat, is ons werklik niks; maar aan U vaderhart is ons groot, ja onnoemlik groot, sterk en bowenal magtig, selfs so dat wêrelde en sonne en mane met miljarde tegelyk vir ons sagste asemtog vlug soos die ligste stoffie, wat alleen al deur die geringste suggie uit sy rus verjaag word.

15. Waarlik, dit sou ek nie sê as ek dit nie in my droomgesig gesien en ervaar het nie!

16. Maar ek het dit gesien en heel sterk ervaar en daarom spreek ek vanuit hierdie waarheid, wat ek deur die barmhartigheid van ons heilige Vader in my gevind en uiters helder en sterk ervaar en diep gesien het.

17. Want baie gou na die heilige opdrag, dat ons in ons innerlike moes kyk, verdwyn die aarde en die hele sigbare hemel en ek het alleen gesweef in die middel van `n oneindige, ewige ruimte. Lank tuur my oë in die oneindige dieptes van die ewighede; maar hierdie inspanning was tevergeefs, want selfs elke stofdeeltjie was in die een of ander afgrond van die oneindigheid weggesink.

18. Ekself het alleen hier gesweef in die heilige duisternis van die oneindige, ewige ruimte sonder ondersteuning van die een of ander hemelliggaam!

19. Maar skielik kom daar `n grootse gedagte uit die diepte van my innerlike op, en die gedagte was `n heilige woord en daardie woord lui:

20. “Vee met die kleinste vinger van jou hand die kleinste toon van een van jou voete af! Daaraan sal `n stoffie kleef; bekyk dié stoffie!”

21. En ek handel volgens daardie woord. Maar toe ek dit gedoen het, sien, daar begin die stoffie meteens uit te dy oor my kleinste vinger en dit splits hom in tallose stofatome; die atome groei uit tot sonne, wêrelde en mane en flits van my hand in die eindelose dieptes der dieptes en vul die oneindige, voorheen leë ruimtes met lig en wesens!

22. Hier huiwer ek tot in die diepste van my lewe vir my eie grootsheid en dink: “Wat, kleef dit alles teen my aan, terwyl ek dit nie eens gevoel het nie?!”

23. En `n ander woord styg in my op en sê: “Meen jy dan dat van God se kinders muggies is, wat in die stof rondkruip?!

24. Slaan ag op jou groei en vergelyk jouself met al dit wat uit daardie stoffie voor jou ontstaan het, en jy sal sien wat jy is en wat die dinge is wat teenaan jou kleef!”

25. En ek word opgehef. Al die dinge sweef soos glinsterende sand voor my oë; daar kom uit my `n magtige lig te voorskyn en die oneindige ruimte word daarmee gevul.

26. En eers in daardie lig sien ek die grootsheid van God se kinders en die nietigheid van alle ander dinge ten opsigte van hulle, - en ek sien waarom die heilige Vader na ons toe gekom het en ons Self onderrig oor die weë van die oneindigheid.

27. Ek spreek nou so, omdat ek dit so gesien en ervaar het.

28. Verder het ek niks anders gesien as dit nie; daarom, sy U, God, ons Vader alle lof, alle eer, alle liefde en alle dank vir ewig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205