Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die geheime opvoeding van Rudomin tot profeet. Die grootsheid van die geestelike in die mens

79 Na hierdie goed geordende vertelling van Rudomin loop Henog, van binne-uit gedryf, na Abedam en vra heimlik aan Hom:

2. “O Vader Abedam, sien, Rudomin het weliswaar met `n uitermate kragtige stem oor die grootheid van die mens gespreek, wie hy in homself aanskou het maar het hy in dié geval nie `n bietjie oordryf nie?

3. Dit gaan maar net daaroor dat hy alles getrou weergegee het, hierdie eienskap het hy vroeër nooit so gehad nie, en daarom het hy alles oordryf wat hy ook maar vertel het.

4. Van `n sandkorreltjie het hy dikwels `n hele wêreld gemaak en van `n muggie `n olifant of selfs `n mammoet, dit is die rede waarom sy broers en susters dan ook nie goed met hom oor die weg kom nie, omdat hy hulle altyd deur sy reusagtige geskreeu tot swye dwing, - dit wat my dan ook met verloop van tyd daartoe gebring het om hom as vader te vra om sy erfdeel van my te neem en na die middag te vertrek. 

5. Dit het hy dan ook gedoen, omdat hy ingesien het dat daar veel vir my geleë was aan die vrede en die rustige huislike orde. Hy het wel vir hom `n vrou geneem, maar wat sy nakomelinge aanbetref, het hy in tagtig jaar nie meer as drie kinders verwek nie.

6. Hy is dan ook beslis `n ietwat merkwaardige mens, hoewel hy deur my verwek is; daarom verwonder sy oordrewe vertelling my dan nou ook en dit noop my om, volgens my gewoonte, soos tevore na U, o liewe Vader, te kom en U om vergewing te vra, as hierdie seun nou ten opsigte van U, miskien `n dergelike onhebbelikheid begaan het.”

7. Toe Abedam hierdie woorde van Henog gehoor het, wend Hy Hom tot hom en sê: “My liewe Henog, kyk, vir die wêreld het jy geen ander sorg meer as net hierdie nie, en jou besorgdheid was geregverdig, omdat jy besorg was uit liefde tot My; maar hier sê Ek vir jou, dat jou besorgdheid al vir baie lank verniet was, omdat jy besorg is vanweë die moontlike onbetroubaarheid van jou seun.

8. Want sien, toe hy nog in die liggaam van sy moeder was, was Ek immers reeds sy opvoeder en Ek het hom so volkome grootgemaak soos wat ons hom nou ervaar!

9. Weliswaar het jy hom ook `n opvoeding vir My gegee, maar Ek sê vir jou, My bowenal geliefde Henog: Dit was tog nie so goed soos die van My nie, wat hy geheel in die geheim van My ontvang het, sonder dat jy of hy enige vermoede daarvan gehad het.

10. Kragtens hierdie opvoeding is hy tans dan ook hier en het nou, ten opsigte van julle almal, die baie getroue bewyse gelewer dat hy beslis nie met leë hande uit hierdie skool van My gekom het nie.

11. Wees daarom dan ook volkome onbesorg; want sien, - leuenaars maak Ek nooit, as Ek hulle met My liefdes- en wysheidstem roep tot waarheidpredikers vir die volk, maar alleen diegene wie net so is soos jy, My geliefde Henog, met `n allersuiwerste hart!

12. Omdat Ek jou seun geroep het, kan jy geheel en al onbesorg wees oor sy moontlike slegte eienskap; want dit was immers maar net My werk! Begryp jy My, My geliefde Henog?

13. Dit moet jy en almal van julle insien! Ek Rudomin selfs, wat sy liggaam aanbetref, groot laat word; vanuit hierdie skool van My het hy julle altyd vertel en geleer dat `n mens meer is as `n wurm in die stof van die aarde.

14. Sy kragtige stem, uit dieselfde skool aan hom gegee, het julle laat sien dat daar in die bors meer krag en sterkte heers as in die kop; en ten tweede laat hierdie stem jou presies weet hoeveel magtiger die liefde is, of tog ten minste moet wees as die verstand; en ten derde toon hy julle vanuit My skool deur die mag van sy stem, waaraan sy broers en susters swyend moes gehoorsaam, dat die bors met al sy sinne en berekenings moet swig as die hart as `n klaarblyklike beter leraar optree! - Begryp jy dit, My geliefde Henog?

15. Verder het hy as gevolg van My skoling van `n sandkorreltjie `n hele wêreld gemaak, soos hy nou in sy visioen die hele skepping uit die mees nietige stoffie gemaak het. Sien, daardeur laat hy sien watter wesens die mense eintlik is, en dat die gelykenis van die mense met God in hulle hart rus, ten gevolge waarvan die mens in staat is om groter dinge tot stand te bring, as om maar net die dinge aan te gaap en wanneer hy hom genoeg daaraan vergaap het, ten slotte uit te roep: “Maar dit is tog mooi en wonderbaarlik!” en daarmee dan ook `n einde gekom het aan die omvang van sy gemoedsbeweging.

16. Ja waarlik, Ek sê hier aan julle almal, julle moet van alles in julle hart muggies olifante en mammoete maak, - ja, die harte van julle siele, dikwels nouliks groter as `n muggie, moet julle tot suiwer olifante en mammoete laat word, maar die dikwels, so groot soos berge verstand, moet in suiwer muggies verander, dan sal dit maklik vir julle wees om die dinge uit My skool in Rudomin getrou te begryp! 

17. Maar omdat die omgekeerde nog die geval by baie van julle is, is dit ook nog merendeels duister vir julle, waarom en met welke doel Ek vir Rudomin geroep het.

18. Julle vra nou: ”Wat is dit nou weer met hierdie innerlike skool? Hoe moet ons dit opneem?”

19. Ek sê egter vir julle: As julle verskynsels sien aan die hemel, dan bring julle julle koppe bymekaar en broei jare lank daaroor en sê ten slotte: “Dit is die gevolge van daardie verskynsel, dus moet dit dat aangedui het!”

20. Julle het die vonkeling van die sterre gadegeslaan, waargeneem uit welke hoek die wind waai, die geroep van die voëls en ander diere, en die mor en suis van die see beluister en dit oral op groot skaal te verwagte dinge daaruit opgemaak.

21. Sê My net, waarom het julle dan nie ook die onsterflike tekens aan die mens self in julle astrologie betrek nie, - waarom nie die gesterntes van hierdie lewende hemel nader ondersoek nie?!

22. Die getjirp van `n kriek kom vir julle wonderbaarliker voor as die spreek van jou onsterflike broer, van die mens, van die verhewe ewebeeld van My ewige vaderliefde!

23. O julle nog erg blindes, wat is meer: Die gedrag en die gebare van `n kind, of dat `n berg neerstort deur `n miljoen bliksems?

24. Sien, dit is die skool van die ewige lewe; dit is meer as die wêrelde bevattende stoffie aan Rudomin se toon, - eindeloos meer as alle ruimtelike grootheid van die oneindige sigbaarheid van die skeppings!

25. Leer in die mens die mens ken en ook aan sy tekens; dui dit in die gees van die liefde en alle waarheid vanuit haar, dan sal julle eers in Wysheid ervaar wat die grootste is en wat daar in My skool geleer word en hoe dit aan die mens te herken is deur sy lewende tekens!

26. Waarlik, Ek sê vir julle, reeds die traan van `n kind, wat maar pas gebore is, berg iets in hom wat groter is as `n sentraalson!

27. Hierin lê ook die hele betekenis van die droomgesig van Rudomin. - Begryp dit en handel daarvolgens, dan sal julle die ewige lewe almal maklik vind! Amen.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205