Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Jorias straal lig uit deur sy liefdesvuur. Die Wysheid, dié uit die liefde gebore lig. Die heelal in die mens

86 Na hierdie sterk verhelderende woorde val Jorias voor Abedam neer en loof Hom in die groot vuur van sy liefde en dank Hom met `n brandende hart en sy liefde word hoe langer hoe magtiger, en wel sodanig, dat selfs sy liggaam soos witgloeiende erts gelyk het.

2. Toe die vaders dit gesien het, was hulle baie verbaas en wis nie wat hulle daarvan moes dink en hoe hulle dié verskynsel moes opvat nie.

3. Maar omdat die hoë Abedam die algemene verleentheid by die vaders sien, open Hy Sy mond en sê aan hulle: “Waarom is julle so verbaas oor die groot liefde van Jorias?

4. Wie so bemin soos hy, sal ook ervaar wat hy nou ondervind! Wanneer die liefde by iemand, hoe langer, hoe magtiger word, deurgloei sy sy hele wese, omdat die liefde die eintlike, mees waaragtige vuur is. En wie so deurgloei word, is in dieselfde mate as sy liefdesgloed heeltemal met lig deurtrek; want `n ander lig as alleen dit wat van die vuur afkomstig is, bestaan nêrens nie. Daarom is die ware liefde `n egte lig, omdat sy `n egte, lewende vuur is.

5. Maar Ek sê aan julle almal: Soos iemand se liefde tot My sal wees, so sal ook sy lig en bygevolg ook sy wysheid wees! Julle het almal goed toegerus van My uitgegaan; elkeen dra in hom dieselfde wat daar in My is, daarom is Ek vir hom `n volkome Vader, soos hy `n volkome op My lykende kind sal wees.

6. Aangesien dit so is, moet iemand tog `n groot dwaas wees, as hy dit uit My mond hoor en tog nie in homself inkeer en daar in sy hart onmiddellik `n groot liefdesvuur ontsteek, sodat dit dan ylings sy hele wese deurgloei en geheel en al sal verlig, sodat hy dan in homself sal kan ontdek welke oneindige skatte Ek in hom gelê het.

7. Sien hier: Jorias is deurgloei tot by sy opperhuid! Nou reeds sien hy en beskik hy oor die onmeetlike skatte vanuit My, - skatte wat ewig onverganklik en onuitputlik is, omdat hulle hulle tot in die oneindige vermeerder, soos die koringkorrel hom op aarde vermeerder, slegs met daardie verskil, dat die verbruikte skatte van die liefde hom steeds heerliker en tot in die oneindige vermeerder en vernuwe, terwyl die koringkorrel van die aarde, as hy in die grond gesaai is, homself hoogstens verhonderdvoudig.

8. Waarlik, waarlik, sê Ek vir julle, hierdie aarde en alles wat op haar, in haar en bo haar is, en die son en alles wat in haar, op haar en bo haar is, en al die groot sterre met hulle tallose wêrelde en met hulle lig en met alles wat in hulle, op hulle en bo hulle is, en dit wat was en sal bestaan na ondenkbaar lang periodes, en die hele hemel in al sy oneindigheid, alle tallose miljarde engeleskares met al hulle heerlikheid, ja, Myself het julle in julle!

9. Dus wat se dwaas is diegene dan tog wat hier oor `n stukkie aarde stry, soos al dikwels onder julle die geval was, terwyl hy tog `n hele, waarlik lewende aarde in homself dra, wat vir hom in ewigheid nie sal vergaan en ook ewig nooit kan vergaan nie, maar haar maar net tot sy genoeë en volgens sy vrye wil steeds meer sal vergroot, steeds meer sal verheerlik en haar steeds meer sal verveelvoudig, sodat sy ook alles wat voorheen genoem was, in haarself sal dra!

10. Want as dit nie so sou gewees het nie, dan sou niemand tot `n gedagte in staat gewees het nie; maar alles wat iemand kon dink en wil, en hoe dikwels hy dit gedoen het en wat die inhoud ookal sou wees, dit moet dan sodanig tog werklik bestaan wat in hom voorhande is, net soos ook in die saadkorrel al `n eindelose veelheid van homself aanwesig is, naas alle plante bestanddele wat die saadkorrel vorm, anders sou daar geen voortplanting tot in die oneindige, denkbaar gewees het nie.

11. Omdat dit so is en julle gedagtes julle al leer wat julle oneindigvoudig alles werklik bestaan in julleself bevat en saamdra en Ek, as Skepper van dit alles en as julle ware Vader, julle dit nou ook nog onthul, en julle niks anders as die ware liefde nodig het om in die volledige besit van al hierdie oneindige skatte te kom nie, - sê My, wat se groot dwaas is diegene dan wel wie besorg is oor `n hand vol stof van die nietige aarde, wat slegs `n beproewende drogbeeld is, of wel `n suiwer skynwêreld, terwyl hulle tog tallose sonne in hulleself berg wat eg is en onverganklik is!

12. Kyk daarom na Jorias; hy toon julle nou waartoe die Liefde in staat is en waarmee alleen sy julle almal kan voorsien.

13. Wees daarom in die vervolg geen dwase meer nie, en ontvlug die wêreld en soek jouself en My in jouself!

14. As jy met jou liefdeslig alles daar gevind het, dan sal jy wel insien hoeveel die hele aarde werd is ten opsigte van die kleinste innerlike skat van die lewe vanuit My.

15. Wie soos Jorias van liefde sal gloei, sal ook vind wat hy nou gevind het!

16. My geliefde Jorias, staan nou op en toon die ander `n klein deeltjie van dit wat jy nou vanuit My in jouself gevind het deur jou liefdesgloed! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205