Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Jorias spreek oor die liefde

87 En die stralende Jorias staan nou op en spreek trou volgens Abedam se wil die volgende woorde tot alle aanwesige vaders oor `n uiters klein deel van die nou in homself gevonde skat, wat oneindig is; die woorde wat hy tot hulle spreek lui as volg:

2. “Vaders, broers, kinders, moeders, vrouens en dogters, luister! Waarlik, waarlik, waarlik, geen uiterlike sintuig van ons siel kan ooit bevat wat God, ons heilige, mees liefdevolle Vader, vir diegene berei het, wie Hom alleen bo alles bemin en hulle harte nooit van Hom afwend nie, en ook die tong van `n mens sal so-iets nooit kan weergee nie!

3. O, hoe sou dit ook moontlik wees, omdat woorde tekortskiet en niemand sekerlik meer in homself `n woord sal kan vind waarmee hy in staat sou wees om nooit vermoede dinge tot uitdrukking te bring, laat staan dinge wat hy nooit gesien het nie! En ook as hy nuwe woorde sou vorm, wie sal dit dan begryp en wie sal die eindelose baie woorde ook nog onthou?!

4. Daarom kan hier slegs die kleinste van die kleinste deeltjie meegedeel word om enigsins `n voorstelling daarvan te kry. Ek sê, liewe vaders, broers en kinders, nie vir niks “om daar enigsins `n voorstelling van te kry”, want `n aardse woord is immers nouliks meer as die buitenste kors van `n baie honderde jare ou boom.

5. En wie kan daarmee die innerlike, wonderbaarlike lewe van die boom leer ken, en wie in die boom self die magtig geworde kiem en daarin die eindelose veelheid van dit wat nog daarin verborge lê, en eers mettertyd sigbaar voor ons oë tevoorskyn kom?!

6. En wie sou ten slotte aan die buitenste kors al die geestelike wondere herken, wat die allerkleinste vesel van die hout in hom berg.

7. En hoe daar die blaar, die blom, die vrug met al hulle omgewende en hulle deurdringende dele voorberei word deur baie duisende geesteshande, wie hulle dan op die korrekte tyd deur al die tallose kanaaltjies na die uitmondings aan die takkies lei en hulle daar dan nog eindeloos baie wonderbaarliker ontwikkel volgens hulle bepaalde vorm en volgens alle voelbare en waarneembare eienskappe wat maar vir ons moontlik is?!

8. En so weinig as wat ons van dit alles en van nog oneindig baie meer kan sien aan die buitenste kors van die boom, - nog veel minder kan iemand deur gespreekte woorde die allerkleinste deeltjie weergee van dit alles wat ons mees heilige, mees liefdevolle Vader voorberei het in die hart van diegene wie Hom bo alles liefhet !

9. O liefde, liefde, liefde, groot, heilige liefde, wat `n oorvloed, wat `n diepte van lewe en lig berg jy in jou!

10. God, God self is die suiwerste liefde en hierdie liefde bevind haar hier onder ons almal; Sy is ons aller heilige, liefdevolle Vader, hier in ons midde, daar in ons harte!

11. Vir die oë van die liggaam en ook van die siel lê sy verborge, maar nie vir die van die gees waarin die liefde woon nie, ja, wie self liefde is vanuit die eindelose liefde van ons heilige Vader.

12. Vir die gees is `n sandkorreltjie meer as die hele aarde en die hele sterrehemel vir die vleeslike oog, ook al sou hy in al sy uiterlike prag van so naby gesien kan word as dié plek op aarde waarop ons wandel!

13. O sandkorreltjie, groot wonderwerk, wat is jy, - hoe groot en heerlik! Wie vermoed die onuitspreeklike majesteit van dit wat so onopgemerk aan sy voetsool bly kleef?! Dit is immers maar `n nietige stoffie!

14. O vaders! Glo dit nie! Dit is geen stoffie nie! `n Wêreld, `n onmeetlike groot wêreld is dit! In sy wydste ruimte heers lig en lewe!

15. Groot strome deursny die breë dale van sy kristalle; op sy baie hoë berge brand duisende en duisende sonne, vervul van die heerlikste lig in alle kleure en tallose wesens in nooit vermoede, wonderbaarlike vorm verlewendig hierdie groot wêreld! Lig en warmte is hulle voeding; hulle beweging lyk soos die van `n reisiger wie `n verhewe reisdoel voor oë het.

16. O korreltjie, jy korreltjie, jy alleen sou al vir my genoeg wees vir die hele ewigheid!

17. O vaders, broers en kinders, ek is nou nie meer in staat om te spreek nie; want steeds maar grootser en heerliker word die stoffie!

18. Wat moet dan wel `n hele aarde wees en haar steeds heerliker verveelvoudiging as geheel, net soos in al haar ontelbare dele.

19. En wat moet dan wel `n son wees, wat die hele sigbare sterrehemel, wat die gees en engelehemel, wat hulle, wat ons, en wat dan wel God se liefde in ons?!

20. Bemin, bemin, bemin Hom daarom; eers in die liefde sal julle gewaarword wat die liefde is en hoe onuitspreeklik goed ons heilige Vader is!

21. O liefde, heilige liefde! Jy alleen is alles in alles! O Vader, heilige Vader, U is immers hierdie heilige, groot liefde Self!

22. Bemin, bemin daarom, vaders, broers en kinders, bemin die liefde; bemin bo alles die heilige Vader!

23. Want Hy alleen is die Liefde, die ewige, die oneindige! Daarom ook vir Hom alleen al ons liefde vir ewig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205