Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Jorias met Besela, die dogter van Pariholi, deur die Heer in die huwelik verbind

88 Toe Jorias hierdie gloedvolle woorde beëindig het, omarm Abedam hom en trek hom stewig aan Sy heilige bors, seën hom en spreek toe:

2. “My geliefde Jorias, jy het waar en goed, ja volgens My wil volkome goed weergegee, wat Ek van jou verlang, waarom jy voorheen en ook nou nog geheel en al gloeiend is van liefde tot My, en eers vanuit My tot al jou vaders, broers, kinders, moeders, vrouens en dogters!

3. Maar jy is geestelik nog nie ryp genoeg om reeds vir goed in hierdie gloed te kan bly nie; want sien, omdat Ek nou in julle midde wandel, is julle in die gees slegs noodryp vrugte aan die boom van die lewe, en daarom sal julle dan ook almal nog `n flinke tyd van na-ryping moet deurmaak, - anders sou elkeen spoedig deur liefde verteer word en dan vir altyd sterf!

4. Sodat hierdie gloed van jou ietwat getemper kan word, sal Ek jou `n vrou gee, want jy is nog ongehuud en nouliks meer as honderd jaar oud. Eers deur die vrou sal jy jouself op die proef kan stel en geleidelik aan ryp genoeg word vir so `n blywende gloed van die magtigste liefde tot My; want nou het die tyd nog nie gekom dat die mense ook sonder `n vrou die volkome huwelik met My kan aangaan nie; en daarom is dit om dié rede nou nog vir elkeen nodig om vir hom `n vrou te neem, sodat hy deur die vrou, deur wie hy van homself en dus ook van My afgeskei word, weer volledig een word voor My.

5. Want soos Eva uit Adam voortgekom het, moet sy in die vrou van elke man weer volledig een met hom word en hy moet een word in homself deur die hereniging met die vrou.

6. As hy dan weer as `n mens voor My staan kan hy eers weer volledig een word met My; maar solank hy nog afgeskei is, is hy ook nie blywend in staat tot die hoogste liefde vanuit My en wederom tot My nie.

7. Julle wysheid het julle reeds geleer, dat geen ding moontlik is sonder sy teenpool nie; sien, dit is waar!

8. Die vrou is nou aan die man as teenpool gegee; wanneer die man dus nie eers een kan word met sy teenpool nie, kan hy in homself ook geen teenpool teenoor My word nie.

9. En solank hy dit nie word nie, is hy ook volkome gelykgerig ten opsigte van My; as hy dit egter word, dan is hy nie in meer staat om iets op te neem nie, maar gee hy, nes Ek, aanhoudend mededelend.

10. Maar die groot onderskeid tussen Vader en kind skuil immers daarin, dat die Vader uitdeel, die kinders ontvang egter en juis daardeur een is met die Vader, deurdat hulle `n teenpool is vir Hom.

11. Wanneer die kinders egter niks wil aanneem nie, maar hulle slegs op `n lyn stel met die Vader, om soos Hy alleen maar uit te deel, vertel My dan: Wie sal dan die opnemende teenpool vorm?

12. En wanneer dit ontbreek, wat sal daar dan met verloop van tyd met die kinders gebeur? Ek sê vir julle, hulle sal hulleself weggee tot op die laaste druppel van hulle bestaan, en die Vader sou Sy skenkings vir altyd moet ophef, en daardeur in Homself die teenpool vorm, sodat Hy bly, wat Hy in Homself sedert ewigheid was; `n in Homself volkome genoegsame, ewige, magtige God!

13. Maar jy staan nou met My op een en dieselfde lyn, en is vir My nog geen teenstelling nie, maar gelykpolig; daarom het jy `n vrou nodig, sodat jy, ten opsigte van My, `n volkome teenpool kan word en Ek daardeur vir jou heeltemal `n Vader kan word.

14. Jy vra nou in jou hart: “Waar is dan wel die vrou wie ek sal neem?”

15. Kyk, hier is sy al! Haar naam is Besela en die arme Pariholi is haar vader; sien, haar het Ek vir jou tot vrou bestem!

16. En jy, Besela, kom bietjie nader na My toe en koester geen vrees vir die man wat Ek jou nou sal gee nie; want hy sal jou op sy hande dra en sy hart sal `n ewige blywende woning vir jou wees, en soos jy een kan word met hom sal jy ook een wees met My in hom en deur hom! Amen.”

17. Met hierdie woorde buig Abedam Hom na Besela en neem haar in Sy linkerarm, druk haar aan Sy bors, seën haar en sê toe aan haar:

18. “Nou, My sowel na gees as na liggaam wondermooie Besela, onthul jou vir die een aan wie jy van nou af aan behoort, sodat hy kan sien wat se vrou Ek hom vir sy magtige liefde tot My geskenk het!”

19. En nou skuif die nouliks meer as dertigjarige Besela haar enigsins donkerblonde hare opsy en Jorias se oë sien hier so-iets moois, dat hy uitroep:

20. “O aarde, o alle hemele, hoe armsalig kom julle nou vir my voor; want iets heerliker, behalwe God, omvat julle nie `n tweede keer nie!

21. O arme son, hoe sal dit môre met jou gaan, of dan, wanneer hierdie son haar vir jou sal onthul?!

22. Nee, nee, liewe heilige Vader, so `n gawe is ek tog immers nie werd nie!”

23. Maar die hoë Abedam antwoord hom: “Wanneer ek jou daarvoor waardig ag, dan is jy dit ook; ontvang daarom hierdie gawe uit My hand en gaan met haar na Adam en Eva en laat jou ook deur hulle seën, en dan ook deur jou vader Jared, net soos deur Besela se vader en kom dan weer na My toe, sodat Ek jou in die gees kan wy tot `n profeet van die sterre van alle hemele! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205