Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer gee gedragsreëls aan die pasgetroudes. Hoe mens die heilige goddelike wil op die korrekte wyse vry vervul

89 Nadat dit alles gebeur het en die vaders en die moeders die nuwe egpaar geseën het, kom Jorias met sy jong en beeldskone vrou weer by Abedam terug, soos Hy hom vroeër opgedra het.

2. Toe hy nou weer voor die hoë Abedam staan, lê die Heilige Sy hande eers op Jorias en daarna ook op Besela, beroer die hoof en die hart, dit wil sê die linkerkant van die bors, en spreek die volgende woorde daarby:

3. “Ontvang My seën vir die ewige lewe! Bring ware, lewende vrugte van die suiwer liefde voort! Hou die vrugtelose bevrediging ver van julle liggaam, want daaraan hang die vlees en daardeur ook die sonde, - sodoende sal julle altyd waaragtig en getrou ten opsigte van My wandel; wie egter sy vlees te goed doen, dit oormatig voed en dit dan deur alle wellus soek om te vermaak, die gee voedsel aan sy eie sonde en gee deur die wellus van die vlees aan die ewige dood alle mag oor homself.

4. Beteuel daarom altyd julle begeertes wanneer dit nie die tyd is om `n lewende vrug vir My te verwek nie; maar wanneer dit tyd is, roep My dan aan, sodat Ek julle vashou wanneer julle `n offer bring aan die sonde en julle nie daardeur val nie, maar in My barmhartigheid bly.

5. Want wie val, staan moeilik op en by elke val word die gees met `n nuwe dodelike gevangenis omgewe.

6. Wanneer hy dan wil opstaan uit die gevangenskap van die vlees, dit wat die ou sonde en die ou geestelike dood is, hoe sal dit dan met hom gaan as hy, in plaas van `n kors, daar honderde meer te deurbreek sal hê, terwyl elke volgende kors steeds hardnekkiger word?!

7. Sorg daarom alleen maar vir dit alles wat van die gees is; maar dra die vlees oor aan My en doen daarin My wil, sodat dit kragteloos word, dan sal julle in die gees altyd in dieselfde mate groei en toeneem as waarin julle dood afneem, wat die sonde is of dan wel die vlees.

8. Daarom sê Ek dit nog `n keer vir julle: Voed, sterk en vermaak nie jou vlees nie, want daardeur voed, sterk en vermaak jy jou eie dood, wat nou jou gees omgewe as `n laaste kerker vir sy wederbevryding, of dan wel wederopstanding tot die volledige ewige lewe vanuit My en in My!

9. Jy, My geliefde Jorias, het die grootte en die verhewenheid gesien van wat `n kind is van My liefde! Jy het die volheid van die gloed van My vaderliefde ondervind! Bly daarom getrou aan My wil; bly getrou aan My, jou God; ja bly getrou aan My, jou heilige, mees liefdevolle Vader!

10. Kyk telkens op na die sterre van die hemel wanneer die vlees `n onbetaamlike eis aan jou hart sal stel, en Ek sal vanuit die sterre tot jou spreek en jou sê wat jou te doen staan!

11. Wanneer jy egter mag afwyk van My weg, wat Ek nou vir jou uiteengesit het, sal die hemel homself ook vir jou oë in digte wolke hul, en jy sal die sprekende sterre nie te siene kry nie, totdat jy, vervul van berou, sal terugkeer op My weg! 

12. Maar as jy vrywillig aan My wil sal getrou bly, sal jy die groot mag daarvan spoedig in jouself gewaarword; want juis deurdat jy My wil in ag sal neem, neem jy hom in jou op en maak jy hom tot jou eie.

13. As My almagtige wil nou tot jou orde word, soos dit ewig Myne is, vertel My dan, welke mag van die dood sal jou dan nog kan oorweldig?!

14. Ek gee aan jou, soos aan almal, `n soortgelyke gebod, sodat elkeen deur die opvolg daarvan, vir hom die mag van My wil, waardeur alle dinge gemaak is en waarvoor alle dinge begin te bewe, sy eie sal kan maak.

15. Solank as wat iemand My wil nie sy eie gemaak het nie, solank bly hy ook `n gevangene van die dood en `n kneg van die sonde, wat die ou dood is.

16. Maar wie My wil sy eie gemaak het, het volmaak geword net soos Ek, Sy Vader, hy is en hy sal die werk van die lewe verrig wat Ek verrig.

17. Wie in die besit van My wil gekom het, aan hom het ook die ware kindskap ten deel geval.

18. Maar wie is diegene vir wie My wil volkome sy eie geword het? - Ek sê aan jou en aan julle almal: dit is hy, wat My liefhet!

19. Maar wie het My lief? - een wat My wil doen; wie volgens My wil handel, het My wil hulle eie gemaak.

20. En dit is immers die ware kindskap, dat elkeen in My wil is en My wil in hom; en dit is die ware, lewende vrug van die suiwer liefde en die ewige lewe.

21. Dié vrug moet jy met jou vrou vir My in die eerste plek verwek; as jy dit verwek het, dan sal jy ook kinders verwek wie uit My wil sal voortkom en hulle sal volkome gelyk wees aan die een wie hulle verwek het.

22. My seën is nou hierdie, dat My wil jou eie sal word en dat jy ewig daaruit en daarin sal lewe! Amen.

23. Gaan nou na My goeie Jared, en Garbiël en Besediël moet hom nou hierheen begewe! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205