Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Sethlahem spreek woorde van dank en prys die deemoed

9 Na hierdie aanwysinge dank die tien vir Abedam uit die diepte van hulle hart, omdat hulle ten eerste JaHWeH se oneindige barmhartigheid, liefde, geduld, lankmoedigheid en sagmoedigheid daarin herken, en ten tweede, omdat Hy hulle so `n groot barmhartigheid bewys het dat Hy juis vir hulle, wat meen om die mees onwaardigste te wees, tot werktuie van Sy groot erbarming uitverkies het.

2. En Sethlahem open ten slotte sy mond en sê vir al sy mede-uitverkorenes: "Broeders, nou het my profesie in die heerlikste vervulling gegaan!

3. Ek het julle almal immers herhaaldelik gesê, as julle dalk beweer dat die verhewe, heilige, groot JaHWeH slegs aan verhewe, groot en skitterende dinge `n welgevalle kan hê, dat dit sekerlik nie die geval is nie, maar dat, as ons dit op onsself betrek, juis die teendeel blyk.

4. Hoe onaansienliker iemand is, hoe armer, hoe deemoediger, hoe meer hy Hom vrees, hoe meer hy hom van die wêreld terugtrek, hoe eenvoudiger hy in al sy spreke en handelinge is, hoeveel geringer hy homself ag ten opsigte van al sy broeders, hoe hulpvaardiger hy is vir almal en hoeveel minder hy hom om homself bekommer, des te welgevalliger sal so iemand sekerlik vir Hom wees; want ek dink:

5. 'As JaHWeH Sy grootste welbehae sou vind in groot en skitterende dinge, dan sou Hy hierdie dinge seker ook tonge en `n baie groter volkomenheid in die spraakvermoë gegee het as wat ons ooit sou kon bevat; vir ons sou Hy dan egter stom gelaat het.

6. Maar, wie het ooit `n boom hoor spreek, wie ooit `n berg, wie `n rivier, wie die see, wie ooit die aarde, die son, die maan en die sterre?!'

7. En toe julle my die gras en die ander klein dingetjies voorhou wat nie kon spreek nie, spreek ek verder deur die barmhartigheid van die Heer: 'Die beskeie grasse, hoewel hulle nie kon spreek nie, is seker duisend maal meer geseën as `n trotse, hoogmoedige boom; mens hoef slegs hulle onskatbare nut te beskou.

8. Die plant gee ons die brood, voed ons koeie, skape en bokke; hoeveel diere en diertjies, wat ons glad nie ken nie, lewe van die seën van hierdie beskeie plant, terwyl `n trotse hoë seder selfs `n hongerige beer niks te bied het om sy honger te stil nie!'

9. En weer spreek ek verder tot julle: 'Kyk na die bome! Hoe kleiner sy is, soveel te meer geseën, liefliker en soeter is ook haar vrug en ons geniet dit met groot vreugde en dankbaarheid jeens die heilige Gewer.

10. Maar wie wil sy tande slaan in die harde, oneetbare vrug van die groot en boonop majestueuse eik en haar seën met die varke deel? Of wie het behoefte om met die rawe `n stryd aan te gaan oor die los vrug van die seders? En die appels van die hoë sparre, wie se verhemelte sou hierdie kos wel behaag?!'

11. En nog verder spreek ek tot julle: 'Kyk na die waters, die riviere en die spruitjies! Solank sy beskeie en onopvallend in haar bedding bly, solank bly sy ook helder tot op die bodem, sodat sy `n ware lus is om na te kyk; begin sy egter te groei en word sy groter en magtiger, - dan word sy ook baie gou troebeler! En wat vroeër deur die beskeie suiwer spruitjie geseën was, dit, en nog baie meer, word dan verniel en verwoes deur die magtig geswelde spruit, rivier en stroom!

12. Die seënryke reën val slegs in klein druppeltjies; maar as hulle aangeswel het tot groot druppels, dan kom hulle met `n hewige storm en slaan vernietigend teen die grond wat hulle andersins in hulle beskeidenheid opgerig en lewenskrag gegee het.'

13. En ek sou julle nog baie meer wou vertel van die duursame armoede en onbeduidendheid; maar daar sweef nog `n heel ander gees in julle harte en al julle begrippe oor wat God behaag, pryk wel op die hoogste bergtoppe of dalk selfs hoër as alle sterre!

14. Maar wat ek toe self met baie moeite vir my, vir julle en vir al my kinders in die skepping beluister het, sien, dit word vir my en ons almal nou duideliker getoon deur die groot Abedam JaHWeH EmmanuEl Self. Hy kyk nie na die aansien, die grootte, die glorie en die prag van die dinge van hierdie wêreld nie, en `n muggie is vir Hom beter as `n mammoet; want vir die muggie gee Hy selfs `n paar vlerke om te vlieg, maar die mammoet moet hom log en moeisaam oor die aardbodem voortsleep om vir sy groot buik die nodige voedsel te soek.

15. Sien dus hier die vervulling van my profesie, o broeders! Hoe heerlik is dit nou voor ons oë onthul!

16. Die Heer, ons alle almagtige Skepper, ons Heilige Vader, JaHWeH die Ewige, die Oneindige in Sy Liefde en Wysheid, Hy, die Lig van al die ligte, die Krag van alle kragte, die ewige Mag van alle magte, Hyself het aan ons almal nou getoon dat vir Hom slegs die nederigheid van die ware deemoed, verbind met die rein liefde tot Hom tel; en dat al die ander geen enkele waarde het nie.

17. O broeders, wie kan die oneindige grootte van Sy erbarming begryp, wie Sy liefde en barmhartigheid?!

18. Hy sou ons immers, om Sy vaderliefde te wen en daarmee die ewige lewe te verkry, net so maklik die omhoogstrewende, die glorie en die praalsug as voorwaarde kon gegee het! Maar slegs uiterlik beskou, afgesien van Sy ewige ordening, - hoe verskriklik duur sou Sy barmhartigheid ons dan te staan gekom het?!

19. Maar hoe maklik is die ewige lewe nou om te verwerf! Want in my groot nietigheid kan ek en elke ander dit ontvang as `n vry geskenk van Hom, die so bo alles goeie Heilige Vader!

20. O, U liewe Vader! Hoe verheug ek my tog, dat slegs die dee-moedige nietigheid U behaag en nie die glorie, wat ek en ons almal ons nooit eie kon gemaak het nie!

21. Wees so barmhartig om die ewige dank van ons harte daarvoor aan te neem; alleen U sy daarom alle eer, alle roem en alle lof van ons almal, omdat U ons in ons nietigheid aangesien het en ons uitverkies het om in U Naam die hoogmoed van die wêreld te temper en uit te roei!

22. Behou ons almal egter ook ewig in die voortdurende deemoed en liefde tot U en alle broeders! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205