Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die deemoediging van die eersugtige Garbiël. Die nagrus met die Heer in die ope lug

90 Sodra hulle die boodskap, dat die hoë Abedam hulle geroep het, van Jorias ontvang het, begeef Garbiël en Besediël, vervul met moed en standvastigheid, hulle na die hoë Abedam.

2. Toe hulle by Hom aankom, (natuurlik al na enkele treë), stap Garbiël met baie vertoon na vore en sê (maar wel heel ver vooroor gebuig asof `n ton sware las van deemoed om sy nek hang) aan die hoë Abedam:

3. “Liewe, heilige Vader! Moet ek eerste, of moet Besediël sy droomgesig eerste meedeel?

4. Ek, van my kant af, sou daarvoor wees dat Besediël eerste vertel en ek dan eers as laaste met my visioen kom!”

5. Hy het dit egter gesê, omdat hy nie eerste geroep was nie en by die ontbieding `n geleidelik stygende lyn opgemerk het; en so hoop hy, dat wanneer hy sy droomgesig as allerlaaste sou meedeel, hy tog nog boaan sou staan en verhewe sou wees bo al die ander.

6. Maar die hoë Abedam sê na dié voorbarige voorstel aan Garbiël: “Garbiël, sien, Ek, van My kant af, is gladnie daarvoor nie, maar Ek is eerder daarvoor, dat nóg jy, nóg Besediël julle visioene meedeel, omdat hulle geen algemene waarde het nie, maar slegs iets is wat op julle betrekking het, en eers môre sal Ek jou die volledige toeligting oor die daadwerklike toepassing daarvan gee!

7. Dit is dus `n ding waarin Ek, van My kant af, onherroeplik is; maar van `n ander kant, wat terdeë ook My kant is, is Ek veel meer daarvoor, dat wanneer Ek iemand roep, hy wel moet wag op wat Ek van hom verlang, en eers sal spreek as Ek dit van hom vra, maar nie so eiegeregtig aan My hoef voor te stel wat My te doen staan nie.

8. Sien, van sulke rangsugtigheid is Ek gladnie, van My kant af gediend nie, maar van die ander kant af is Ek weer des te meer daarvoor, dat iemand hom in die sin verdeemoedig, dat hy liewer die laaste sal wees as die eerste, liewer die dienaar as die meester, liewer die kleinste as die grootste, liewer misken as oorskat word en liewer die minste kneg as `n eerste gebieder. Sien, Ek is van My kant af, weer erg daarvoor!

9. En van nog `n ander kant is Ek weer daarvoor dat elkeen in alle ware liefde `n ware broer sal wees vir die ander. Want solank hy dit nie is nie, kan Ek immers, van My kant af, ook geen Vader vir hom wees nie; maar Ek is die enigste ware Vader, en dan sien Ek, as die allerhoogste Wysheid, van My kant af, waaragtig weer nie in, watter onderlinge onderskeid daar tussen My kinders sou moet wees nie!

10. Of maak die suiwer liefde dalk onderskeid as Sy volkome vanuit My is?!

11. Ja, daar bestaan wel `n onderskeid tussen liefde en liefde, namate die een magtiger is as die ander; maar op grond van dié onderskeid het die broers juis agting vir mekaar en hoe meer liefde iemand het, des te deemoediger is hy ook en des te meer wil hy ook `n dienaar vir almal wees.

12. Sien, daarom is Ek, van My kant af, wat jou betref, ook die mening toegedaan dat jy jou moet verdeemoedig, jou dwaling insien, haar in jouself berou en jou hart van vooraf vul met ware liefde tot My, jou Vader, en sodoende ook tot alle broers, vaders, kinders en vrouens; want anders sal jy, wat jou kant betref, nie veel ewige lewe ten deel val nie.

13. Ook jy, Besediël, kan dieselfde doen! - Jy, My liewe Sehel, toon hulle die ware weg! Amen.

14. Môre sal Ek elkeen sy aanwysing gee; hierdie twee sal dit dus ook van My kan verwag! Amen.”

15. Na hierdie woorde wend die hoë Abedam Hom tot Adam en sê aan hom:

16. “Adam, sien, so het ons die Sabbat passend afgesluit; want die middernagtelike uur het gekom. Sê dus nou aan almal dat hulle rus nodig het en dat hulle hulle daarom ter ruste moet begewe om weer môre versterk te kan ontwaak!”

17. En Adam het gedoen wat die Heer hom gesê het en laat almal deur die kinders van Set aansê dat dit tyd was om te rus.

18. Toe dit gebeur, klink daar baie spoedig `n algemene lofsang uit duisende kele; nadat dit verklank het, seën Abedam almal vir die nagrus en sê toe aan Adam:

19. “Noudat almal hulle ter ruste begewe het, sal ook ons geen uitsondering maak nie, maar doen wat alle ander doen!”

20. Maar Adam vra aan die Heer: “Heilige Vader, waar wil U dan hê dat ons met U gaan slaap, - hier, - of sal ons onsself in my hut begewe?”

21. Maar Abedam sê daarop aan Adam: “Adam, sien, Ek het reeds baie ewighede onder My vrye hemele deurgebring, laat ons dan ook nou die tyd hier onder die vrye hemel deurbring; want die uitspansel is opgeklaar sodat ons geen storm meer hoef te verwag nie. Daarom bly ons waar ons is en soos ons is; en begewe julle nou almal ter ruste! Amen.”

22. En so word die seënryke Sabbat afgesluit en `n plegtige, heilige rus kom oor alle heilige hoogtes van die kinders van God.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205