Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die skynson in die môre. Adam se ergernis en vloek. Die goddelike geduld en die goddelike rus

91 Ruim `n uur voor sonsopkoms was, behalwe die ou vader Adam, nog niemand op die been nie.

2.Ja, Adam sou selfs hier en daar graag iemand wou berispe het as hy gedurf het en as hy iemand gevind het wat al wakker was,- omdat mens juis by hierdie allerbelangrikste geleentheid hulle so kon verslaap, dat mens nie eens meer `n ster te siene kry as mens ontwaak nie.

3. Maar toe hy selfs die hoë Abedam tussen Abedam, die ander en Henog nog op die grond sien rus, waag hy dit nie om iets te sê nie, en gee hom oor met alle geduld en toegewendheid.

4. Van alle kante klink daar al môreliedere op en van alle kante was daar `n luide geloof en geprys te hoor; maar op die eintlike hoogtes was nog niks te verneem nie.

5. Dit was alweer `n nuwe klip des aanstoot vir Adam. Hy het dikwels vreeslik kwaad geword oor die louheid van die uitverkorenes, en as hy maar net van die kant van die hoë Abedam ook maar die geringste wenk daartoe sou gegee word.

6. Maar Abedam rus nog steeds tussen die genoemde lieflinge en Hy sien nog nie daarna uit dat Hy weldra sal opstaan nie.

7. Adam krap hom weliswaar flink agter sy ore,- maar desondanks swyg hy.

8. Wel sê hy by homself: “Dit is `n growwe skande vir ons uitverkorenes, dat al ons omringende kinders ons in alles voor is en ons `n goeie voorbeeld gee, terwyl dit tog deur ons moet gebeur! Maar wat kan ek daaraan doen? Hy Self rus nog!

9. As die liewe son nou maar nie vroeër te voorskyn sal kom, voordat ons die môresang begin nie?!

10. Anders het ons die oggendmaal al lank voor sonsopkoms genuttig, maar vandag dreig die son om ons nog lêend of tenminste op die grond rustend aan te tref.

11. Maar wat kan ek doen? Hom kan ek tog nie wek nie!

12. Want ons môreverheerliking geld immers altyd net vir Hom.

13. Maar Hy rus nog en dit sou tog beslis baie ongepas wees om nou iets te doen en Hom in Sy rus te steur.

14. Maar dit is tog ergerlik, dat behalwe my en my Eva nog niemand hulle van die grond wil verhef nie!

15. As die son nog bietjie sou wegbly, sou dit nog te verdra wees; maar wanneer sy ons so sal aantref, wat moet al die ander kinders dan van ons dink?!

16. Nee, so `n aanblik sou iets vreeslik vir my wees; verberg jou daarom, verberg jou, vlytige son!”

17. Maar terwyl Adam nog `n tyd lank sulke voorstellings vir hom gemaak het, sien, daar kyk die son opeens van agter die horison af!

18. Toe was dit met Adam se geduld afgeloop, sodat hy die naas hom lêende Set `n por gee en hy ietwat verskrik opspring en ook dadelik saggies aan Adam vra:

19. “Liewe vader, is daar iets? As dit die geval is, sê dit dan, sodat ek dan onmiddellik gehoor kan gee aan jou wil en jou behoefte!”

20. Maar Adam wys dadelik met sy vinger na die son en sê aan Set: “Kyk net hoe hoog die son al staan en luister net hoe die môreliedere van alle kante en die sonbegroeting reeds gehoor kan word!

21. Daarenteen slaap meer as die helfte van ons nog; wat `n ongehoorde skande vir ons is, terwyl ons tog wel uitverkore is!

22. Nee, nee, ek het heeltemal geen raad meer nie!”

23. Op dié oomblik kyk Set na die reeds taamlik hoogstaande son, en merk dadelik dat sy ten eerste maar baie sag straal en ten tweede maar `n vormlose klomp in plaas van `n mooi ronde skyf vorm.

24. As gevolg van hierdie hoogs verdagte verskyning, sê Set aan Adam:

25. “Luister, liewe vader, as ek my nie vergis nie, dan sal dit nou miskien nie meer so lank duur voordat die egte son sal opgaan nie!

26. Maar wat hierdie spookson betref, kyk net ietwat noukeuriger daarna, dan sal jy baie gou sien wat daar met hierdie son aan die gang is en met die enigsins onaangenaam klinkende môregesang!”

27. Toe eers begin Adam die son ietwat noukeuriger te bekyk en sien sy vergissing baie gou in.

28. En toe hy aandagtiger na die nog voortgalmende môregesang luister, hoor hy die volgende kort strofe wat gesing word:

29. “Geprys is u, groot god, daar onder in die diepte; ons loof u, groot Lameg, u en u wyse liste!

30. U het die egte son vir ons gewek deur u krag, van u en haar is derhalwe al hierdie groot werk.

31. O Lameg, groot god, u vul nou alle hemele, want u het nou die ou swak God tot `n val gebring!

32. Nou slaap Hy moeg en swak op die aarde, net soos al Syne, en laat Hy Hom, net soos hulle, rustig deur u son beskyn!”

33. Met hierdie woorde skrik Adam so geweldig dat hy uitroep: “O almagtige God, wat se vervloekte dag is dit, wat `n vervloekte son en wat `n vervloekte gesang?!”

34. Met hierdie woorde van Adam verhef die hoë Abedam Hom effens van die grond af en vra aan hom: “Adam, wat makeer jou dat jy so vloek?”

35. En bewend antwoord Adam: “O Abedam! Kyk net na hierdie valse dag; hoe dit `n werk van die Satan is!”

36. Maar Abedam sê daarop: “Adam, waarom het jy hom nou veroordeel? Sien, daarom sal dit nie die laaste dag op aarde wees nie; hierdie dag sal hom op aarde soos onkruid vermeerder en dié onkruid sal nie uit te roei wees tot aan die einde van alle tye nie!”

37. Nou roep Adam uit: “O heilige Vader, vernietig hom dan vir ewig!”

38. Maar Abedam antwoord hom: “Sien, ook die aanstigter van hierdie dag is vry, net soos jy, en leef vanuit My! Ons sal hom daarom sy tyd laat; hy moet haar maar verleng so lank as wat hy wil!

39. Maar wanneer My ewigheid dan oor hom sal kom, sal sy groot dwaasheid in die lig van die ware dag tree!

40. Wees daarom rustig tot die tyd dat Ek julle sal wek op die môre van die egte Sabbat!

41. Gaan daarom maar weer lê! Maar wanneer Ek sal opstaan, laat elkeen dan opstaan; Want Ek sal opstaan op die egte Sabbat en sal julle wek deur My gees.

42. Laat ons die Satan so lank maar laat speel vanuit die ware modderpoel van Lameg! Amen.”

43. Hierdie woorde kalmeer vir Adam; Abedam gaan weer op die grond lê en Adam, Set en Eva volg Sy voorbeeld en let nie meer op die son van Lameg uit die diepte nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205