Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Set se sorg vir die spysiging van alle aanwesiges. Abedam se woorde oor die daadwerklike naasteliefde. Die belofte van die menswording van die Heer in die stam van Set

93 Set roep nou syne byeen, daal met hulle af na sy woning en laai vyf mandjies vol met vrugte van die beste soort en voeg die regte hoeveelheid brood, heuning en melk daarby.

2. Toe hy en sy draers nou so ruim met spys en drank belaai was, dank hy My vir die barmhartigheid dat hy waardig bevind was om almal op die hoogtes van diens te mag wees daarmee en gebied ook `n deel van sy personeel, dat hulle sorgvuldig by al die aanwesige volke moes nagaan of hulle iets te ete en te drinke gehad het; en elkeen wat ook maar daar sou aankom, moes onmiddellik van spys en drank voorsien word.

3. Na hierdie vriendelike opdrag laat hy hulle dadelik die met spyse gevulde mandjies optel en na die hoogtes dra; ook hyself dra `n groot vat gevul met die suiwerste heuning.

4. Hy het nouliks enige treë geloop of die hoë Abedam kom hom al tegemoet en sê aan die van liefde en die allerhoogste agting en bewoëendheid byna neervallende Set:

5. “Set, jy, groot liefling van My vaderhart, ontvang saam met jou hele huis My seën, omdat jy so goed gesorg het vir so baie hongeriges en dorstiges uit alle volkstamme!

6. Waarlik, Ek sê vir jou, die grootste wat iemand kan doen is dat hy vir die arm broer en die arm suster sorg en die oues ondersteun en hom liefdevol oor die kleintjies ontferm!

7. Wie so-iets doen vanuit sy suiwer liefde tot My en, soos jy, vanuit die liefde vir sy broers en susters, - Ek sê vir jou, My geliefde broer Set, ook al het hy soveel sondes gehad as wat daar sand in die see en gras op die aarde is, waarlik, dit sal hom alles kwytgeskeld word!

8. Op dié oomblik wanneer iemand sy hart so sal open vir sy broers en susters, sal Ek by hom wees en sal hom die ewige lewe gee en alles wat van My is, sal ook hom ten dienste staan soos dit My ten dienste staan!

9. Set, My broer, nou gee Ek jou die ewige lewe; want nou het jy die grootste daad verrig, omdat jy meer gedoen het as wat Ek jou opgedra het; ja, Ek sê vir jou, dit is die grootste en mees volkome daad wat ooit op hierdie hoogtes verrig was!

10. Wie dit alles doen wat Ek hom oplê, is `n troue kneg; wie met sy hart steeds na My toegekeer is, is `n ware kind van My, `n ware seun en `n ware dogter; wie vanuit die gees handel en `n afsku het van die wêreld en steeds al sy sinne op My gerig het, die is `n engel en is vir My `n broer in die gees van alle waarheid soos Sehel.

11. Maar wie handel soos jy nou gedoen het, waarlik, waarlik, die is meer as al die ander; want hy is vir My `n broer in die liefde, - en dit is die allerhoogste!

12. Daarom is jy, My liefste broer Set, met jou hele stam, nou ook deur My bo alles geseën!

13. En hierdie plek sal tot die einde van die tye behoue bly en sal nimmer ontwy word deur die voete van `n onwaardige volk nie.

14. En die plek waarop jy jou voete sal neersit sal oorvloei van seën; jou asem sal tot die manna van die hemel word en elke woord van jou tot die soetste heuning van die ewige lewe!

15. Eens sal Lameg se vrou op hierdie plek geseën word met `n redder, wie jou stam sal behou tot aan die einde van die tye!

16. Ja, Ek sê vir jou, geliefde broer, My welbehae aan jou is so groot, dat Ek My groot belofte sekerlik sal hou en Ek sal uit jou en jou stam vlees en bloed aanneem en sal daardeur, net soos jy, `n mens word, ofskoon `n almagtige Mens! Ook al kan jy die goddelik volle almag nog nie dra nie, die mag van die liefde sal jou steeds met My, steeds in My en steeds vanuit My as `n ware broer in volkome gelyke deel hê!

17. O My liewe broer, kom hier aan My bors en laat jou omarm met alle mag en krag van My lewe!

18. O hoe lank al het Ek na `n broer verlang; maar niemand wil vir My `n broer word in My liefde uit eie vrye wil nie.

19. Maar nou het jy dit vir My geword, waarna My hart so baie ewighede tevergeefs verlang het.

20. Laat Ek Myself daarom verbly aan jou hart; want nou is Ek nie meer alleen in die wye oneindigheid nie! Ek het terwille van `n broer nie verniet die oneindige ruimte gevul met tallose wesens van allerlei soort nie, Ek het nie verniet tallose geesteskares uit My in die lewe geroep nie!

21. Want in jou, My geliefde Set, het Ek nou immers `n broer gevind; ja, jy het My nou die broer teruggegee wie, My veragtend, as gees van alle geeste eens vir My verlore gegaan het!

22. O aarde, hoe ryk is jy nou, dat jy My `n broer gegee het! Daarom sal ook jy van My ervaar wat die hele oneindigheid nooit in der ewigheid sal ervaar nie!

23. Jou kinders sal Ek opneem as My kinders en jou vaders sal My tot broers word!

24. Nou, geliefde broer, laat ons na die hoogtes gaan en daar met ons kinders die oggendmaaltyd hou en Ek sal aan almal hardop verkondig dat Ek `n ware broer gevind het; en hemel en aarde sal in `n luide gejubel uitbreek, omdat Ek `n egte broer gevind het! Amen.

25. O jy, My geliefde broer!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205