Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Set se deemoedige dank. Set as “broer” van die Heer

94 Maar toe Set so `n groot vriendelikheid van Abedam verneem het, wou hy nie onmiddellik verder gaan nie, maar val voor Hom neer en sê:

2. “O bo alles goeie, heilige, mees liefdevolle Vader! Ek, `n swak mens, is dit immers nie werd dat U my hut betree nie, en ek is nie waardig dat U my ook maar aankyk nie!

3. En U maak my, `n arme sondaar ten opsigte van U, tot `n broer, ja tot `n broer van U liefde!

4. O goeie, heilige, mees liefdevolle Vader, neem hierdie gedagte weer uit my armsalige gemoed; want sy is te verhewe, te gewyd, te oneindig groot! Ek kan selfs nie daaraan dink sonder om te huiwer nie.

5. Ek vir U `n broer! O groot, heilige God, Vader en Skepper deur alle ewighede heen en enigste Vervuller van die oneindigheid!

6. Ek, `n myt, kruipend in die sand van die aarde, vir U `n broer in die liefde?! Nee, nee, dit is onmoontlik om so-iets te bedink!

7. Vader, liewe heilige Vader, neem die broer weer terug en laat my een van die allerminste wees onder diegene wie hulle U kinders mag noem!

8. O liewe heilige Vader, sien, ek bewe nog oor my hele liggaam!

9. Hierdie swakte oorkom my deur die uitsonderlike grootheid van die gedagte, dat U my `n broer van U liefde genoem het.

10. Wees daarom so barmhartig om hierdie meer as groot en heilige las weer van My af te neem, omdat ek dit in ewigheid sekerlik nie waardig sal wees nie; dan sal ek weer vry kan wandel voor U, voor Adam en Eva, voor my broers en susters en voor al my kinders, wat U nou so barmhartig deur U oneindige erbarming en liefde as U kinders opgeneem het!

11. O liewe heilige Vader, verhoor, verhoor barmhartig my bang bede; maar nou, soos altyd, geskied slegs U heilige wil! Amen.”

12. Maar die hoë Abedam buig Hom vooroor en tel Set uiters vinnig van die grond af op, druk hom aan Sy heilige bors, kus hom op sy voorhoof en sê toe vol liefde aan hom:

13. “Set, My geliefde broer, sien, nou eers is jy geheel volkome My broer, omdat jy hom weer aan My teruggee!

14. Sien, daarstraks het Ek in jou wel weer die liewe broer gevind, as gevolg van die groot, geheel en al onbaatsugtige liefde van jou hart, wat jy jou broers en susters en jou en hulle kinders vanuit My betuig, deur al die voorraadkamers vir hulle te open, waarin jy deur jou vlyt, brood en houbare vrugte in die passende hoeveelhede bewaar het, en jy het die ingang tot jou melk en heuningkamer nie gesluit nie, maar jy nooi alle behoeftiges uit om hulle daar te versadig.

15. Maar nou, noudat jou liefde haar ook met die grootste moontlike deemoed verenig het, is jy in alle waarheid en werklikheid `n volkome egte geliefde broer van My liefde!

16. Sodat jy sal insien hoe so-iets goed moontlik is, luister, - Ek sal jou `n lig gee:

17. Sien, die liefde is My mees eie, mees innerlike oergrond van My wese! Vanuit dié wese kom eers die eintlike Godheid of die deur alle oneindigheid ewig werkende krag voort, wat My oneindige gees van alle gewydheid is.

18. Dié fundamentele oerwese is egter Ek Self, soos Ek nou voor jou staan en hier, vanuit hierdie bors word die hele oneindigheid vervul met My Gees, wat My lang almagtige arm is en tot in die alleroneindigste altyd so werk soos wat Ek dit in My bors wil.

19. Sien, deur My gees is Ek daarom ook oral volledig teenwoordig en kan vorm, skep en orden.

20. Want My gedagtes vul steeds die oneindige ruimte, wat ewig is vanuit My; maar hulle kom eers te voorskyn waar en wanneer Ek hulle met My wil omvat en hulle dan vashou.

21. Sien nou, vanuit hierdie oergrond het Ek jou ook gevorm, `n tweede, homself bewuste, vry handelende liefde vanuit My, - nie maar net `n gedagte nie, maar `n vrye liefde vanuit My!

22. Aangesien jy nou met My een en dieselfde liefde is, waarom sou jy dan nie My broer wees nie, as jou liefde gelyk is aan die Myne?!

23. Wees daarom dan sonder vrees en wees vir My steeds `n egte broer, en Ek sê jou, ook jy sal in die gees vry werksaam wees, soos Ek vry werksaam is, die oneindigheid vervullend.

24. Wanneer jy `n klip werp, dan sien jy immers al dat die arm van jou liggaamskrag langer is as jou liggaamlike arm self; hoeveel langer sal die arm van jou gees dan nie wees nie?!

25. Dus: Is jy My ware broer in die liefde, dan is jy dit ook in die geestelike krag! Die toekoms, liewe liefdesbroeder Set, sal jou eers toon dat My liefde in jou baie waardig is om vir My `n broer te wees; want Ekself is immers hierdie vrye liefde in jou.

26. Volg My daarom as broer maar dapper na die hoogtes; want Ek het immers aan jou gesê dat jy nou My ware broer is en ewig sal bly! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205