Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die sonsopkoms op die hoogtes. Adam se dwase verlange na die sonbegroeting. Die berisping van die Heer

95 Na hierdie baie troosryke en leersame woorde van Abedam was Set buitengewoon versterk en dank Abedam vanuit elke vesel van sy lewe vir hierdie onuitspreeklike barmhartigheid.

2. Met hierdie lowende gevoelens van dank bestyg hy, aan die sy van Abedam, ook die top van die hoogtes.

3. Toe hulle die top bereik, het die opgaande son ook reeds haar eerste strale aan die bergtoppe geskenk en dus ook aan ons heilige hoogtes.

4. Adam staan al gereed om onmiddellik aan die hoë Abedam te vra: “Heilige Vader, kyk, sal ons nie die anders gebruiklike sonbegroeting sing wat my solank reeds op elke helder môre so heerlik gestig en verkwik het nie?”

5. Maar Abedam vra daarop aan Adam: “Adam, ken jy My dan nog nie?! Sê My net, wie wil jy dan eer met jou sonbegroeting?!

6. Sekerlik nie vir My nie; want sou jy dit beoog, waarvoor dien dan die dwase sonbegroeting, terwyl Ek nog sigbaar in julle midde wandel en van niemand verlang dat hy vir My `n sonbegroeting moet opdreun nie?! Maar wat Ek van julle vra, weet julle almal alreeds!

7. Maar as jy nou, tydens My sigbare aanwesigheid, afgodery wil bedryf met die son, dan kan jy dit tog doen, as jy haar hoër skat as My; maar Ek vra jou weer hier:

8. As jy dit al tydens My sigbare aanwesigheid wil doen, wat se gees sal daar dan vanuit jou oorgedra word op alle latere nakomelinge?!  

9. Is dit nie al genoeg dat hulle almal die dood van hulle liggaam blywend deur jou geërf het nie?! Wil jy ook nog die blywende dood van hulle gees hieraan toevoeg?!

10. Sien, ou dwaas, is Ek dan nie meer as die son, wat Ek met die geringste asemtog kan vernietig as Ek dit wil en dan in `n oomblik in haar plek duisend ander skep nie?!

11. Wat wil jy dan met jou ou malligheid bereik?!

12. Sodat jy, ondanks jou verstokte domheid, tog net mag insien hoever jou sotheid voer, kyk dan nou omhoog, ou dwaas, en soek vir My uit die baie duisende sonne wat nou aan die hemel staan, die een uit, vir wie jy van plan was om iets voor uit te blêr!

13. Dit verbyster Adam en alle kinders; want op daardie oomblik word die hemel besaai met duisendmaal duisend sonne, wat volkome na mekaar lyk.

14. Oombliklik val alle kinders ten gevolge van die uitsonderlike fel lig geheel sag op die grond neer en smeek Abedam of Hy nie so barmhartig sal wees om die baie sonne weer weg te neem nie, omdat niemand in staat was om onder so `n massa lig te lewe nie.

15. Ook Adam sien nou sy groot dwaasheid in en val eweneens geheel sag en halfblind op die grond neer en bid My vol berou om vergewing vir sy groot dwaasheid.

16. Maar Abedam laat hulle almal weer opstaan en sê vervolgens aan Adam: “Staan op en boet vir jou dwaasheid met `n blywende swak gesigsvermoë, wat jy jou hele lewe sal behou!

17. Maar jy, My liewe liefdesbroeder Set, laat die sonne vergaan tot op een na, wie daar in haar ou ordening sal bly! Amen.”

18. En, My lowend, strek Set sy arms omhoog en spreek ten opsigte van almal: “In die Naam van die Een wie in ons midde wandel en Heer is oor alle dinge en oor alle skepsels, sê ek aan julle: Hy, die Heer God Sebaot, wil dat julle weggaan tot op een na en dit is die oue wie die aarde altyd verlig het!”

19. Toe Set dit uitgespreek het, verdwyn die lig van al die baie sonne, op die oue na, en almal prys die Heer vir so `n barmhartigheid en erbarming.

20. Toe Adam egter merk dat hy niks meer in die verte duidelik kon onderskei nie, maar net van naby, word hy baie verdrietig en begin te ween, omdat hy nie meer al sy kinders kon sien nie.

21. Maar Abedam sê aan hom: “Heg jou nie te veel aan die lig van die vlees en aan die lig van die wêreld nie; want te veel lig van die vlees en die wêreld maak die gees blind.

22. Dit is beter om `n blinde liggaam te hê as `n blinde gees.

23. Sien maar toe in jou hart, dat jou gees siende word deur die ware liefde en deemoed, dan sal jy die lig van die vlees maklik mis!

24. Want Ek doen dit nou uit groot liefde vir jou, sodat jy jou sal oefen in geduld om geen buit te word van die een wie jou vandag eerste gewek het deur middel van sy bose son.

25. Dit is ook beter om die kinders van naby te sien as vanuit die verte; daarvoor is die lig van jou vleeslike oog nog toereikend, daarmee kan jy tevrede wees! Amen.”

26. En nou, kinders versterk julle almal met spys en drank; dit is reeds deur My geseën.

27. En jy, My geliefde broer Set, versorg jou ou verwekker!

28. In dieselfde orde waarin ons gister die aandmaal tot ons geneem het, sal ons ook die oggendmaal gebruik! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205