Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 2

1                         Maar `n werklik geesryke Kind het eenkeer as gevolg daarvan sy kop laat sak en het gesê: “Alle werke in die groot godswêreld word gedurende die dag deur die mees helder sonlig verlig en selfs die nag is nooit so donker dat jy glad niks meer kan sien nie; waarom moet dan juis daardie belangrike boodskap, wat vir die mens die weg na die ware verlossing duidelik en helder moet aantoon, so verwarrend en vir geen siel verstaanbaar gegee word?”

2                         En die Seun, wat vir die ouderling juis dit gevra het, was Ek Self en het hulle daardeur in groot verleentheid gebring. Boonop het die aanwesige volk vir My begin kant kies en gesê: “By die God van Abraham, Isak en Jakob - hierdie Seun is bewonderingswaardig intelligent, Hy moet nog meer dinge met die ouderlinge en skrifgeleerdes bespreek!  Ons wil vir Hom `n beduidende offer in die houer van God plaas.”

3                         `n Baie ryk Israeliet vanaf Bethania (dit was die vader van Lazarus, Martha en Maria wat op daardie tydstip nog gelewe het) het na vore gekom en vir My `n offer van 30 pond silwer en `n bietjie goud geplaas, bloot sodat Ek langer met die ouderlinge en skrifgeleerdes kon redeneer.

4                         Die ouderlinge en skrifge­leerdes het natuurlik die groot offer al te graag aangeneem en Ek het daardeur `n groot vryheid van spraak verkry om met die ouderlinge `n heel buitengewone bespreking te voer, wat as gevolg van sekere redes nooit voorheen gehoor is nie.

5                         Die eerste vraag, waarna hierbo verwys word, was uit Jesaja geneem. Die uiters mistieke en donker antwoord het juis die basis vir die volgende uitgebreide onderhandeling gevorm, wat ons nou laat volg. Wie dit met `n goeie en liefde-suiwer hart sal lees, die sal ook baie vir sy siel en sy gees daarby win.

6                         Maar voordat ons by die groot onderhandeling gekom het en omdat Ek die goed betaalde vryheid om te praat verkry het, het Ek na bogenoemde vraag teruggekeer en begin toe om die ouderlinge en skrifgeleerdes oor verskeie aspekte daarvan te ondervra.

7                         Die bogenoemde vraag was geneem uit Jesaja, Hoofstuk 7, vers 14 en 15 en 16 en die verse lui: “So sal JaHWeH Self vir julle `n teken gee: Sien, `n maagd is swanger en sal `n Seun voortbring, wat sy ImánuEl sal noem. Botter en heuning sal hy eet, dat hy weet om die besoedeling te verwerp en die suiwere te kies. Maar voordat die Seun sal leer om die besoedeling te verwerp en die suiwere te kies, sal die land waarvoor jy gril, van sy twee konings verlate wees.”

8                         Die eerste deel van boge­noemde vraag bestaan daaruit: wie die maagd en wie haar Seun ImánuEl is en wanneer dit sal gebeur, dat sodanige Seun in die wêreld gebore sal word. Die tyd moes alreeds daar wees, omdat die land van Jakob reeds vir verskeie jare sonder sy twee konings was en die heidene nou hulle regeerders is. Of die Seun van die maagd Maria wat twaalf jaar gelede in `n skaapkraal gebore was in Bethlehem, wat getroud was met die skrynwerker Josef - nog nie as vrou, maar pleegaanbevole was volgens die ou gebruik van die Tempel - vir wie die wyses van die môreland gekom het om Hom as die beloofde groot koning van Juda te groet en vir wie Anna en Simeon in die Tempel tydens die besnydenis `n groot getuienis gegee het, juis daardie ImmanuEl is van wie Jesaja geprofeteer het.

9                         Nou, op hierdie belangrike eerste vraag het een van die ouderlinge, `n baie heerssugtige gierigaard, begin om sulke verwarrende dinge kwyt te raak dat Ek dit nie eers sal bekend maak nie, omdat hy ook na My as `n sleg opgevoede Seun verwys het, aangesien Ek reeds iets van uit-`n-vrou-gebore-word af weet.

10                      `n Jonger skrifgeleerde, wat bietjie meer menslik voorgekom het, het opgestaan en gesê dat so iets tog geensins op `n slegte opvoeding dui nie, aangesien veral in Galilea, die seuns eerder vroeër ryp word as in die agterlike Jerusalem, waar niks anders as luuksheid en `n groot wanop­voeding van kinders plaasvind nie. `n Mens kon tog vir My op sy aanbeveling `n beter antwoord gee, want hy meen toe dat ek reeds goed met alle omstandighede van die menslike lewe ingelig is. `n Mens moet net al die ander kinders verwyder en dan heel manlik met My praat.

11                      Maar die ouderling brom iets in sy baard en ek vra toe vir die skrifgeleerde wat meer menslik voorgekom het, met betrekking tot die geboorte­geskiedenis in Bethlehem. Maar ook hy sê toe iets heel afgedwaal:

12                      (Die jonger skrifgeleerde:) “Ja, Jy my baie liewe, oulike Seun, daardie gelukkig totaal verouderde storie, waarvan daar op sy tyd baie gepraat is, beteken nou veral met betrekking op die duister profesieë van die profeet Jesaja, wat net vir sy tyd in steeds duister beelde geprofeteer het, niks nie! Want die ouers het, glo ek en soos ek dit verneem het, na die Herodiese kindermoord van Bethlehem - by watter geleentheid ook hulle uit die môreland sekerlik daar was om die koning van Juda-geslag te groet - uit Judea elders heen gevlug en lewe dalk glad nie meer nie; want `n mens het later glad niks meer van hulle bestaan verneem nie.

13                      Daar mag iets aan die saak gewees het, want dit het destyds baie opspraak verwek. Maar `n paar jaar later het, op merkwaardige wyse, alles in die see van totale vergetelheid gesink, sodat geen mens nou meer ook net met `n enkele woord enige melding daarvan maak nie en dit ook nie die moeite werd is om selfs verder daaroor `n enkele woord te rep nie. Simeon en Anna was twee bekende ou Tempeldwepers gewees, wat by verskeie kinders hulle Messiaanse opmerkings met `n mistieke byklank gemaak het en daardeur `n hele aantal swak ouers ordentlik deurmekaar gemaak het.

14                      Toe God vir Moshé op Sinaï die wette gegee het, toe het byna die hele aarde begin bewe en die verhaal in die woestyn het bykans veertig volle jare geduur en reeds daar moes byna die hele wêreld die almagtigheid van JaHWeH herken. En des te meer sal die Gesalfde wat in hierdie wêreld kom, waarvan David gesing het: “Maak die hekke wyd en die deure van die wêreld hoog, dat die Koning van eer sal inkom! Wie is die Koning van eer? Dit is JaHWeH sterk en magtig, JaHWeH magtig in die stryd! - Maak die hekke wyd en die deure van die wêreld hoog, dat die Koning van eer sal inkom! Wie is die Koning van eer? Dit is JaHWeH van die Skeppings­leërmag, Hy is die Koning van eer!”, wat sekerlik die hele wêreld nog meer sal laat bewe!

15                      En Jy, my liewe Seun, sal dus wel kan insien dat die geboorte in Bethlehem, wat met betrekking tot die hoop op die komende Gesalfde alreeds heel vergete is, grootliks bevraagteken kan word! Dink net daaraan hoedat Dawid Hom aangekondig het en wat vooraf gedoen moet word wanneer die Koning van eer uit die hemele na Juda sal kom. Dink net daaraan dat daar sekerlik vooraf aan alle Judeërs vir verskeie jare deur groot profete, soos EliJaH, wat in daardie tyd vir JaHWeH van eer sal voorafgaan - gevra sal word om dit te doen wat die groot Koning Dawid aanbeveel het, naamlik om hulle op sodanige ongelooflike aankoms van die Hoogste God goed voor te berei!

16                      Dink daaroor, liewe Seun, en dit sal dan vir Jou begryplik word dat `n God van die Skeppings­leërmag nie so maklik in die wêreld sal inkom nie! Daarom gaan nou, en moet nie meer oor dergelike dinge vrae vra nie!”

17                      Daarop het Ek die vorige opmerking herhaal, naamlik dat die ryk man van Bethanië aangedring het om vir My die groot spreekbeurt belasting te betaal, om dit vir My moontlik te maak om oor die gegewe vraag verdere teenargumente te maak en om My nog verder oor die tekse in Jesaja, rakende die Gesalfde uit te spreek, want hy (die ryk Israeliet) was een van die enkeles, wat nou die ‘Koning van eer’ nie meer in die storm en vuur verwag het nie, maar volgens EliJaH in die sagte windgesuis.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205