Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 20

  1. Ek, die Regter en die ou Simon het na die ou herberg gegaan waar ons reeds een nag deurgebring het en waar die Nasareners gewoonlik in Jerusalem tuisgegaan het.
  2. Want dit was in Jerusalem reeds `n ou gebruik dat vir elke stad in die hele ryk van Juda `n herberg met dieselfde naam bestaan het. Die rede hiervoor was dat wanneer iemand van Jerusalem of ook van `n ander stad met iemand iets gehad het om mee te bespreek of inligting van dié betrokke stad gesoek het, het hy bloot na die herberg met dié stad se naam gegaan en het daar daagliks een of meer mense uit die stad met dieselfde naam wat weens die een of ander besigheid na Jerusalem gekom het, aangetref.
  3. Hierdie gebruik het ook mettertyd na Europa versprei. In die ou dae het die uithangborde van gastehuise `n soortgelyke doel gehad; vandag is daar natuurlik geen spoor meer daarvan oor nie.
  4. Ek het dit net bygevoeg, sodat `n mens later makliker kon verstaan hoedat My pleegouers My baie maklik kon opspoor op die derde dag, die dag van hulle terugkeer en dit teen die aand, aangesien hulle eerste oor My navraag gedoen het in die herberg met die naam ‘Násaret’ waar Ek My gedurende die nag bevind het.
  5. Die tempelamtenare het hierdie keer na aandete ook gaan rus. Net Joram en Barnabé het Jesaja geneem en daarin tekse gesoek wat nie op My of op enige ander Gesalfde baie goed van toepassing sou wees nie. Maar mettertyd is dié twee ook deur moegheid oorweldig en het hulle gaan slaap.
  6. Soos `n oomblik gaan die nag verby vir die wat moeg was en so was dit ook hier die geval. Die tempelamptenare wou graag nog eenmaal omdraai, maar die reeds helder daglig het hulle aangespoor om wakker te word en met sake van die dag te begin, wat vir hulle op hierdie dag nie baie maklik gelyk het nie - ook nie vir Joram en Barnabé nie, omdat hulle in die hele Jesaja nie die regte teks kon kry wat My tot stilswye sou bring nie.
  7. Terwyl hulle soek sê Joram vir Barnabé: “Dit is soos om getoor te wees! Normaalweg het ek onmiddellik `n paar dosyn vir hierdie doel passende plekke reg op die punte van my vingers gehad - maar nou soek ek reeds `n uur lank soos `n moeë kraai na sy nes en ek vind niks nie, werklik niks nie!”
  8. Barnabé sê: “Daar is ook nie veel daarin geleë nie! As die Seun dan so graag as gevolg van Sy buitengewone eienskappe, indien dit by Hom sal bly tot Hy groot is, die Gesalfde wil word, nou ja, dan moet Hy daarby bly! Daar is tog nie werklik soveel op die spel nie! Raak die eienskappe later weg, sal Hy Sy idee vanself laat vaar! Maar vat die boek nog steeds saam, dalk sal ons dit kan gebruik deur die loop van die dag! - Maar nou gaan ons ook na die saal, want die meeste sal alreeds teenwoordig wees!”
  9. Daarop het altwee opgestaan en vinnig na die saal toe gegaan.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205