Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 27

  1. Joram sê: “Liewe Seun, ons is werklik vreeslik jammer, as ons U enigsins beledig het en dat U daaraan dink om ons reeds so vroeg te verlaat! Luister na My, liewe Seun van die God! Want ek wil nou openlik `n paar woorde met U spreek en hoop dat U hulle nie verkeerd sal opneem nie en dat wanneer ek U om raad sal vra, U mond nie voor ons gesluit sal bly nie?!”
  2. Ek sê: “Praat dan maar, alhoewel Ek reeds weet wat jy sal sê en watter raad jy benodig; maar sê dit nogtans ter wille van die ander hardop, want hulle het meer nodig om daarna te luister as ons twee!”
  3. Hierop stap Joram nader na My toe en sê: “Dat U onfeilbaar dié een is wat aan ons belowe is en op wie se aankoms alle Judeërs en saam met hulle ook al die ander volkere wag, daaroor het alle twyfel by my gewyk en wat my oë die meeste geopen het, was U uiterse presiese uiteensetting van die binnenste werking van die Tempel, reeds van ouds af!
  4. Want dit is eenmaal so, al vir lank en omdat dit ongelukkig so is, was dit ook die enigste rede waarom die beduidende land Samaria geheel en al van ons onafhanklik geword het en dat ons nou nie veel beter af is met Galilea as met Samaria nie. Van Gees is daar by ons geen sprake meer nie. Slegs deur die noodsaaklike politiek te onderhou, het ons nog bietjie aansien in die Tempel.
  5. Ek was ook `n gedwonge aandeelhouer van die swart dissiplines binne die mure van Salomo, maar al het ek die euwel raakgesien, kon ek as `n enkeling niks daarteen uitrig nie, aangesien elke effektiewe besluit by ons van die groot raad afhang en nog steeds gee die meerderheid van stemme die beslissende uitslag. Ek was met my enkele stem by sulke geleenthede, soos wat U dit voor ons oopgevlek het, nie ten gunste daarvan nie, maar altyd daarteen, maar dit het die veroordeelde niks gebaat nie.
  6. Ek kan dit nou ook net te duidelik insien dat die Tempel nie meer sewe dekades sal kan staan nie, maar nog steeds is dit vir hierdie ou, waardige instituut ewiglik jammer as dit ten gronde moet gaan en dit met nog groter sekerheid soos wat die Esseners en die Sadduseërs in die laaste tyd sterk bo ons koppe begin groei het.
  7. Maar hier word nou ernstig om raad gevra wat moontlik nog gedoen kan word om die Tempel vir die volgende eeue te behou! In U, Seun van God, blyk die Wysheid in alle volheid teenwoordig te wees, wie volgens my mening alleenlik sinvolle raad hierop sal kan gee?
  8. En nou, waar U dan nou die beloofde Een moet wees - waaraan ek, soos reeds gesê, in my eie persoon nie meer die geringste twyfel oor het nie - nog iets wat hoogs eienaardig is oor die Gesalfde uit die profeet Jesaja!
  9. Hier het U Hoofstuk 53 - daar word die verhewe Gesalfde, wat identies een en dieselfde wese met JaHWeH is, baie eienaardig beskryf! Daar word van sy menslike wese melding gemaak, waar genoem word dat baie hulleself oor Hom sal vererg, omdat sy vorm `n leliker voorkoms en aansien sal hê as dié van ander seuns van die Adam. (Jesaja.52:14)
  10. En verder lees dit: “Hy was die mees veragte en mees minderwaardige, vol van pyn en siektes. Hy was verag, sodat mense hulle aangesig voor Hom verberg het; daarom het ons nie op Hom ag geslaan nie!” ­(Jesaja.53:3)
  11. Waarlik, wanneer ek na U volkome gesonde voorkoms kyk, met groot skoonheid daarby, en ook sien hoe U geag word, dan stem dit beslis nie met die profeet ooreen nie! Of wat wou die profeet daarmee sê?”
  12. Ek sê: “Ja, dit sal die uiteindelike volwaardige teken wees dat Ek die beloofde Een is! Want aan My sal alles wat daar gesê is feitlik letterlik voltrek word. Maar wat My liggaamlike voorkoms aan betref, het die getuienis van die profeet geen betrekking daarop nie, maar die profeet druk slegs beelderig ooreenkomstig die totaal verkeerde gemoedstoestand en denkwyse van die huidige mense uit, waarteenoor My gemoedstoestand en denkwyse sal wees soos `n lelike voorkoms, wat ontstaan het uit allerlei siektes en pyn.
  13. Ek sal dus by die gesiene en rykes van hierdie wêreld baie verag word en mense sal vir My vlug soos vir `n karkas en wanneer dit van bo af toegelaat word, sal hulle My vervolg soos die ergste misdadiger, soos wat julle julleself reeds nou al opvallend teen My gedra. Want wanneer Ek voor julle as `n Seun van Adam en nie onder Romeinse beskerming sal verskyn nie en die tyd van toelating oor My menslikheid reeds daar sou wees, dan sou Ek nie lewendig uit julle hande kom nie.
  14. Maar soos julle nou grotendeels is, so sal julle ook voortaan bly totdat die groot oordeel eendag oor julle sal kom, van wie die profeet Daniël geprofeteer het toe hy by die heilige plek gestaan het!
  15. Maar dit kan ook alles anders wees indien julle julle groot dwaling herken, boete doen en julleself geheel en al bekeer! Maar dit sal beswaarlik met julle ooit die geval wees en sodoende is die raad wat Ek aan julle moet gee en hiermee reeds gegee het, totaal nutteloos! Want julle hang te veel aan julle wêreldse aansien en julle aardse skatte en dit sal julle in die oordeel dompel! Ek sal nooit oor julle die staf breek nie - ofskoon Ek dit volgens My mag kon doen, - maar julleself en julle wêreldgesindheid sal dit oor julle bring!
  16. Maar jy dink nou dat Ek vir julle goeie raad moet gee - en julle sal dan daaroor bymekaar kom en bespreek hoe julle dit onopgemerk vir die volk sal vertel? Ja, ja, julle sal wel daaroor beraadslaag en julle geld en wêreldse aansien sal dan teen julle opstaan en sê: “Ons bly wat ons is en sal eers wag of daardie oordeel ooit oor ons sal kom; want so `n ou en gevestigde instituut sal hom tog nie deur `n Galilese Seun ore laat aansit nie!” - Dan sal My raad met die stemme meerderheid verwerp word en julle sal bly soos nou en eintlik nog baie erger word!
  17. Doen weg met julle baie goud en silwer, gooi weg julle baie kosbare edelstene en die groot hoeveelheid pêrels. Verdeel baie onder die armes en gee die baie wat oor is vir die Keiser, wat alleen die reg het om die skatte van die aarde te versamel en hulle in tye van nood te gebruik. Leef slegs daarvan wat Moshé vir julle bepaal het, kry berou oor die baie misdade en versoen die groot sondes deur die werke van ware naasteliefde. Moenie geheime voor die volk hê nie, maar wees waaragtig, regverdig en getrou in al julle toesprake en handelinge en bly vir altyd daarby en moet nooit halsstarrig word teen mense wat deur die Gees van God opgewek is nie. Dan sal die oordeel agterweë bly en die Tempel sal bly bestaan tot aan die einde van die wêreld!
  18. Want God JaHWeH wil nie van die mense masjiene van Sy almag maak nie, maar Hy wil hulle hê as geheel en al vry, selfdadige en selfstandige kinders ! Hy het vir ewig nie julle offers en gebede nodig nie, maar wil hê dat julle Hom in julle harte moet herken, dat julle Hom bo alles moet liefhê en julle naaste arm broeders soos julleself. Doen aan hulle alles wat julle in julle wysheid verwag dat hulle aan julle moet doen, dan sal julle by God al die barmhartigheid terugvind en sal vir Hom aangenaam wees, soos `n moeder vir haar liefste kinders en Hy sal julle beskerm soos `n leeuwyfie haar kleintjies en sorg vir julle soos `n hen vir haar kuikens!
  19. Kan julle dit doen? - O ja, julle kon dit wel gedoen het indien julle die regte wil daarvoor gehad het, maar dit kom kort by julle en dit was nog altyd wat julle gekort het. Sodoende het My woorde nou net soos die van al die ou profete en sieners op dowe ore en harte geval!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205