Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 7

  1. Die Regter sê vir My: “Nou, wat sê Jy, dierbare Seun, oor hierdie baie treffende argument van die Owerpriester?”
  2. Ek sê: “Wat moet Ek anders sê as: Of hy is reg en die profeet is `n leuenaar en het dus geen geldigheid nie, of die onreg val terug op die Owerpriester en die profeet is tog reg! Maar altwee kan onmoontlik reg wees, aangesien die Owerpriester presies die teenoorgestelde beweer as wat die profeet oor die aankoms van die Gesalfde voorspel het!
  3. Indien die profeet sê: “Sien, `n maagd - dus nie `n vrou nie - is swanger en sal `n Seun baar en vir Hom sal sy ImmanuEl (dit beteken: ‘God met ons’) noem!”, hoe beweer die Owerpriester dan dat die Gesalfde net onder indrukwek­kende tekens aan die uitspansel, as `n almagtige oorlogsheld en as `n reeds gemaakte koning oor alle volkere van die aarde reguit vanaf die hemele, onder die grootste hemele- glorie-skouspel op die aarde, na die mense sal kom?! Indien dit so sou wees, wat sou die arm, swak mense daarby baat, gevul met uiterste vrees oor die verwagting van dinge wat daar moet gebeur terwyl meer as die helfte daarby wegkwyn?!
  4. Ek wil prontuit beweer dat sodanige aankoms van die Gesalfde ook vir die menere van die Tempel baie ongeleë sou wees en dat dit vir hulle ten einde tog beter sou wees as die aankoms van die Gesalfde op daardie beskeie, uiters eenvoudige manier sal geskied, juis soos die profeet Jesaja dit beskryf het!
  5. Die Owerpriester het vroeër opgemerk dat die ietwat wonderbaarlike verhaal rakende die seun van Sagaria, waar Sagaria juis deur priesterhande tussen die groot offeraltaar en die Allerheiligste verwurg is, heel op sy einde is en dat niemand meer daaraan dink nie.
  6. Maar Ek sê dat dit nog lank nie klaar is, soos wat hierdie menere dink nie en die tyd sal binnekort aanbreek, waar dieselfde Johannes soos `n magtige weerlig onder julle sal invaar en `n groot oordeel onder julle sal hou. Sy woorde sal skerper vir julle wees as die allerskerpste pyle!
  7. En net soos wat die gebeure van Johannes onder bespreking is, net so sal `n nog erger oordeel oor julle kom van daardie Wonderseun uit Násaret. Hy sal vir julle sy volle Glansrykheid van die God wys, maar nie vir julle opstanding nie, maar vir julle val!”
  8. Toe word die Owerpriester se oë vol woede en hy sê: “Waarvan­daan weet Jy dit, Jou voorbarige Seun? Wie het Jou kop met sulke dinge deurmekaar gemaak en wie is Jy dan eintlik, dat Jy dit waag om so ongemanierd sulke dinge aan ons te sê?”
  9. “Ek Is, wie Ek Is en waarvandaan Ek kom, dit het julle aangeteken. Wat vra julle dan verder, wie ek is en waarvandaan Ek kom?! Buitendien het Ek dit reeds vir julle gesê, naamlik dat Ek van Galilea en Násaret af kom en daarom die Seun onder bespreking uiters goed ken en dat Ek glad nie so dom is om nie die dade van `n towenaar - selfs ook uit Indië - van dié van die Wonderseun te onderskei nie.
  10. Maak iemand van julle vir My twaalf mossies van klei en maak hulle bloot deur die woord lewendig, sodat hulle opvlieg en nes die ander voëls vir hulleself voedsel begin soek en voortgaan om te leef!
  11. Wie van julle het die mag om `n kind wat hom te pletter geval het en gedood is, oombliklik die lewe, bloot deur die woord, weer terug te gee en om hom weer liggaamlik volkome te genees?!
  12. Wie van julle kan die weerlig gebied, dat dit daarheen moet slaan om `n hiëna te tref wat `n moeder van haar enigste kind beroof het en daarmee na die woud gevlug het?!
  13. Wie van julle kan die storm soos daardie Seun gebied tydens `n algehele nagtelike windstilte. Per geleentheid was `n paar dorpe en oorde in groot gevaar van `n groot groep roofmoordenaars wat in die nag met `n groot skip na Kapernaum op pad was. Hulle was ongeveer tweehonderd man sterk en tot die tande toe bewapen.
  14. Dieselfde Seun, wat Homself op dieselfde tydstip met sy vader in Kapernaum bevind het, het die hele oord gered! Want op grond van sy woord het die vreeslikste seestorm skielik opgekom, wat die skip pylvinnig weg van die oewer in die see in gedryf het, waar die skip deur die groot golwe vernietig is en saam met die twee­honderd roofmoordenaars gesink het.
  15. Dit en baie soortgelyke dade het daardie Seun reeds gedoen en altyd ten goede van enige bedreigde mens en nog nooit het iemand beleef dat Hy daaroor van enigiemand enige vergoeding geëis het nie. Dat hierdie verhale van My geen versinsels is nie, daarvoor kan julle ter bekragtiging van die volste waarheid die hele Násaret en Kapernaum as getuies roep.
  16. Indien dit so is, is daardie Seun dan net kortweg `n geleerde towenaar, of doen Hy dit alles bloot deur die volle innerlike krag van God wat in Hom is? Verduidelik dan egter vir My, volgens julle kennis en wysheid hoe en met watter middele die Seun so iets tot stand bring!
  17. My eerste vraag het julle vir My swak beantwoord. Ons sal nou sien, watter antwoord julle op hierdie hoofvraag sal bring en ons sal dan na die eerste vraag terugkom en dit op sigself tot `n hoofvraag verhef! Maar praat gou, want die dag neig na sy einde en ons sal ons dan na `n aandete moet wend!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205