Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 8

  1. Die Owerpriester sê: “Indien dié Seun sonder ons medewete en sonder die toestemming van die Tempel sulke dinge dus eiemagtig en in alle erns verrig, dan is dit voor die handliggend dat Hy van die Satan, die hoof van alle duiwels, besete is! Buite die Tempel kan dit nooit met die krag van God gedoen word nie! Watter sedelike suiwerheid word nie benodig om deel te hê in die krag van God nie; en dit kan volgens die leerstellings van Moshé en al die profete nêrens anders as slegs in die mees heilige deel van die Tempel gebeur nie.
  2. Wie dit uit die Skrif weet, weet ook hoe sake daar uitsien met sulke wonderwerke wat buite die Tempel verrig word! Dit is dan selfs die onnalaatbare plig van die Tempel om teen enige prys sulke kinders en mense van die aarde te verwyder! En sou dit volgens ons latere ondersoeke ooreenstem met dit wat jy vir ons van die Seun vertel het, dan sal ook Hy as `n bondgenoot van die Satan van die aarde verwyder word!”
  3. Die Regter sê: “Dit was voorheen die reël by julle; wat julle ook self gemaak het - maar sedert ons Romeine julle heersers en wetgewers geword het, sal so iets nouliks weer gebeur; want die swaard van geregtigheid is nou deurgaans en in alle gevalle geheel en al in ons hande en wie dit ookal eiemagtig en sonder ons medewete wil gebruik, word sonder aansien des persoon as muiter en roofmoordenaar behandel!
  4. Maar ek het voorheen juis van hierdie Seun, soos ook van jou self verneem, dat julle in julle waansinnigheid van die Tempel selfs `n hoëpriester vermoor het, selfs in die Tempel, omdat hy voorgegee het dat hy `n hoër visioen gehad het. Hy het sekerlik daardeur `n groot jaloesie by julle opgewek en dit was genoeg vir julle, om te besluit, om hom uit hierdie wêreld te verwyder. Dit het twaalf jaar gelede gebeur, dus onder ons heerskappy!
  5. Hierdie voorval sal van naderby ondersoek word en wie weet of julle nie eerder die swaard van die Romeinse geregtigheid sal proe nie- in plaas van dat daardie Wonderseun julle tempelwraak moet proe nie! Kragtens my amp sê Ek hier vir julle tempeldienaars dat ek elkeen, wat dit net van ver af sou waag, om daardie Seun enige leed aan te doen, met die swaard gestraf sal word! - Niks verder hoef hieroor gesê te word nie!”
  6. Die Owerpriester sê: “Maar ons het die Keiser se woord, dat die geregtigheid van die tempel onaangeraak sal bly en dat dit van geen wêreldse regter aangetas sal word nie!”
  7. Die regter sê: “Ek weet presies hoever dit strek! Julle kan wel wyse dissipline handhaaf, maar van daar af tot die ius gladii (swaardreg) is `n groot en wye kloof! En wee dié van julle wat dit wil oorskry!”
  8. Die Owerpriester sê: “Hoe werk die mag van Herodes, wat tegelyk vors in Galilea is - besit hy nie ook die ius gladii nie?”
  9. Die Regter sê: “Herodes tesame met die ander vorste in die provinsies van Juda is bloot net lewensvorste en hul ius gladii is alleenlik tot hul bediendes, knegte en slawe beperk. Word dié mishandel - waarop hulle heelwaarskynlik `n aankoopvoorreg op `n tien tot tien jaar periode het -, dan sal hulle binnekort sonder bediendes wees, aangesien ons niemand dwing om by hulle diens te doen nie en hulle kan dus nie werklik gebruik maak van hul duur aankoopvoorreg nie en dit des te minder, aangesien elkeen van hul bediendes - behalwe vir etlike slawe - uit hul dienste kan bedank wanneer hulle wil. Die oomblik wanneer hulle sy diens verlaat, val hulle nie meer onder die jurisdiksie van daardie vors nie, maar onder ons s`n.
  10. Dan het hulle die reg om die belastings wat hulle toekom in te samel, indien nodig met geweld, maar sonder ius gladii! Toestemming vir die uitvoering daarvan word by ons aangevra en daarvoor betaal.
  11. Dit is jou Herodes se regsposisie soos dié van enige ander lewensvors; behalwe daarvoor is enigiets anders `n strafbare misdaad en sal reeds by die eerste oortreding met die verlies van die lewensreg gestraf word.
  12. Indien jy glo dat jy met die mag van Herodes die Wonderseun kan agtervolg, dan misgis jy jou geweldig en Herodes sal wel goed weet om hom daarvan te weerhou en om nie sy perke te oorskry nie!
  13. Maar hierdie Seun bevind Hom ook nou onder my beskerming en ek gee Hom nou eers die reg om julle met allerhande vrae te pla. Ek sal nie van sy sy padgee nie, want in sy brein en gemoed steek daar meer kerngesonde Wysheid as in julle almal en in julle hele heiligdom. - En nou, my liefste, dierbare Seun, kan Jy weer praat, want ek het die plek vir Jou gesuiwer!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205