Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Materiaal en konstruksie van die tweede aarde

23-1-1847

16 Die tweede vaste aarde bestaan uit `n baie besondere massa, wat soos die hout van `n boom, byna heeltemal homogeen is. Slegs verder na binnetoe is sy ietwat minder dig; die digtheid neem wel steeds meer toe namate sy die buitekant nader, wat ook noodsaaklik is. Want as dit daarom gaan om groot laste te dra, moet die digtheid groot wees. Na binne toe egter - waar die polêre kragte werk deur die ingewande van die aarde - moet die digtheid effens afneem en moet die aarde `n bietjie taai wees en meegee, sodat sy nie by sterk innerlike aandrang van kragte sou bars en die baie gevoelige ingewande by hulle heen-en-weer gaande en op-en-afgaande bewegings, deur `n gevoelige botsing met die te vaste wand wat hulle omgewe, miskien skade sou kon ly nie. Maar na die buitekant toe word hierdie tweede aarde in haar kunstige samestelling uiters vas. Die vaste deel het gemiddeld `n deursnee van 200 myl, en die dikte is sterk genoeg om die hele digte buitenste aardkors met al haar mere, lande en berge met ewe veel gemak te dra, as waarmee `n olifant `n uitgespreide sitplek op sy rug dra.

[2] Uit watter materiaal bestaan die tweede vaste aarde dus? Om hierdie materiaal vir julle te beskryf, sal wel ietwat moeilik wees, omdat `n soortgelyke stof nie op die oppervlakte van die aarde te vinde is nie, en ook nie daar kan wees nie, omdat die bestanddele van elk van hierdie inmekaar passende aardes baie verskillend is, wat mens ook baie maklik sien wanneer mens `n neut bekyk, waar die buitenste groen skil heeltemal niks van die harde dop bevat nie, ewemin iets van die binneste kern en elke deel, hoewel met mekaar verbonde, tog op sigself as `n geheel afgeskeide iets aanwesig is. So is dit ook met die massa van hierdie tweede, vaste aarde gesteld. Dit is nóg klip, nóg metaal, sekerlik geen diamant nie en nóg minder goud of platina. Want as hierdie massa uit laasgenoemde stowwe sou bestaan het, dan sou hulle ten eerste die innerlike vuur wat uit die ingewande stroom, nie kon deurstaan nie; die massa sou weldra gesmelt en in skuim en as verander gewees het. Ewemin sou sy die tallose vuurbronne en ander verstorende kragte wat deur haar heengaan, kon verdra; sy sou weldra verbruik wees en andersyds op hierdie deurgange verweer, en in die toestand sou sy dan nie meer vir verdere operasies geskik wees nie.

[3] Is sy dan miskien `n heel merkwaardige beenmassa? Dit is allermins die geval. Sy lyk nog die meeste na die sogenaamde asbes of klipwol, as dit in vaste massas saamgepers sou wees. Want hierdie klipwol word byna nie deur vuur of deur suur aangetas nie, alhoewel dit chemies oplosbaar is; en daarin toon self die verskil tussen die ook chemies onaantasbare massa van die vaste aarde en asbes, soos ons dit ken. As daar iewers op die aarde nog iets bestaan wat nog meer na die tweede vaste aarde lyk as asbes, dan is dit `n bepaalde soort puimsteen, wat egter slegs in die nabyheid van die Suidpool aangetref word; hierdie klipsoort is tot nou toe nog in geen enkele versameling van natuurwetenskaplike voorwerpe te vinde nie, omdat ten eerste tot nou toe geen natuurondersoeker die Suidpool so naby genader het nie - en ook al sou iemand slaag om die uiters gevaarlike punt van die aarde te nader, dan sou hy diep in die ys moet grawe om so `n stuk te ondersoek - en ten tweede sou hy noodsaaklikerwys eers moet weet waar van die soortgelyke puimsteen is, anders sou hy tevergeefs `n myn in die ys kap. `n Grein [l/20 gram] van die gesteente sou meer werd wees as `n 100 kilogram swaar pêrels en wel vanweë sy enorme, glansende kleureprag en vanweë sy totale onaantasbaarheid; maar die aller kosbaarste uitwerpsel van die aarde is juis daarom so sorgvuldig verborge gehou, om die metaal- en mineraal-mynende wêreld nie nog erger te verblind hiermee, soos wat goud en diamante alreeds doen nie. Die mineraal lyk, soos reeds gesê, die naaste aan die massa van ons tweede vaste aarde.

[4] Wat die kleur van die vaste aardmateriaal betref, die is aan die buitekant gryswit en sou in die sonlig ongeveer die kleur van `n pêrel hê. Verder na binne word sy donkerder en het sy die mees wonderlike kleure, byna soos die kleurespel by die goue pêrelmossel. Tewens is die materiaal baie swaar en moet dit ook wees, want daarin lê vernaamlik die roterende beweging van die aarde, waarvoor die aardkors, wat losser is en die beginselvastheid van `n swam het, nie gebruik sou kon word nie.

[5] Nou het ons iets oor die massa van hierdie middelste aarde bekendgemaak en kan ons oorgaan tot haar bou. `n Duidelike begrip van die kunstige samestelling van hierdie tweede vaste aarde kan die beste en mees doelmatigste verkry word deur die noukeurige navorsing van die struktuur van `n skedel of ook van `n gewone neut; en wel daarom, omdat hierdie voorwerpe hulleself as`t ware as leraars naas jou opstel, wat met `n vinger of aanwysstok jou oë na die bousel lei, en deur die bousel en sy organe kan jy maklik die begrip vind; jy moet elkeen dan geweldig vergroot, omdat jy net deur hierdie vergroting vir jouself `n goeie begrip kan vorm, hoe kunstig en doelmatig hierdie vaste aarde gebou is. Want julle moet by dit alles dink, dat dit nie goed is om te beweer, dat mense - as mens twee dinge vergelykend bekyk - hulleself al `n begrip daaromtrent sou kan vorm nie; mens moet juis eers deur die vergelykende beskouing tot `n begrip kom. As dit gebeur het, dan moet mens dit ontleed en vergroot; en dan eers het `n mens `n begrip van die saak gevorm. 

[6] Ons wil nou ook `n begrip van die kunstige bou van die middelste, vaste aarde vir ons vorm. Maar hoe? Dit sal nie so moeilik wees nie. Wat by die beendere sigbare porieë is, is by hierdie tweede aarde vêr uiteenlopende kanale, dikwels baie meters in deursnee, wat op verskillende punte van die mees veelsoortige sluitkleppe voorsien is. Op verskillende ander plekke kruis meer kanale mekaar op `n punt; elke kanaal voer sy eie vloeistof na die punt en die gesamentlike vloeistowwe verenig hulleself op die punt van samekoms, ook wel newe-swaartepunte genoem, tot `n heel nuwe mengsel en stroom weer vandaar voort in baie, verder deurlopende kanale as een en dieselfde verenigde vloeistof. Alle kanale is voortdurend van `n ontelbare hoeveelheid sluitkleppe voorsien, wat na bo oopgaan en hulleself na binne sluit.

[7] Waarom is hierdie sluitkleppe in die tallose kanale aangebring? Hierdie sluitkleppe dien daarvoor dat die veelsoortige deur die ingewande na buite gedrewe voedingstowwe en die lewens­verwekkende sappe nie meer deur hulle gewig na die ingewande kan terugval nie; want elke polsslag van die groot aardhart dryf die verskillende sappe in tallose organe verder. Was hierdie organe nie dadelik by die binnestroming van die vloeistowwe al van `n sluitklep voorsien nie, dan sou die sappe, as gevolg van hulle gewig, weer terug gestroom het; maar as sy daar in die organe opstyg, open hierdie sluitkleppe hulleself deur die druk van onder af en die vloeistowwe dring na binne. As die stootkrag verminder en nuwe materiaal word gebring, druk die in die organe binne gedronge sappe, die sluitkleppe dig toe en versper die terugvloei deur hulle gewig.

[8] Dat so `n groot aardaar met verskillende sulke sluitkleppe in haar, dikwels `n duisende kilometers lange aanloop moet hê, spreek vanself, omdat andersins, sonder meer sulke steunpunte, die vloeistof in so `n lang buis te swaar sou word om deur die hartslag verder omhoog gebring te word en deur haar gewig ten slotte die sluitklep sou deurbreek en verniel. Groot kanale of groot are, het naas sulke sluitkleppe ook nog lang draaie om die val te breek en ook aparte perspompe, waaraan die pulserende stoot baie steun het. Soortgelyke sluitkleppe vind jy ook in alle are van die dierlike liggaam. Jy hoef maar net `n anatomiese werk, of byvoorbeeld `n houtvesel deur `n mikroskoop te bekyk en jy sal langs die buisies `n hele spul van sulke sluitkleppe aantref.

[9] Dink eers oor na wat daar tot nou toe vertel is, omtrent die meganisme van hierdie vaste aarde, dan sal jy `n werklike nuttige kennis opbou van die dinge uit die natuur; en as julle julleself `n bietjie in hierdie eerste tegniese uiteensetting ingeleef het, dan sal julle die volgende, heelwat moeiliker uitleg oor die meganisme, des te makliker verstaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205