Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die hart van die aarde

29-12-1846

2 Hoe lyk die swaartepunt van die aarde dan? Ek het al gesê dat dit van dieselfde gesteldheid is as van die mens of van een of ander dierlike hart. Die swaartepunt is dus ook, in verhouding tot die groot aardliggaam, `n staande groot aardhart wat, net soos die mensehart, die weefstoel of die werkplek is van die gesamentlike organiese lewe van die aarde.

[2] Hoe groot, vra julle, sou die hart dan wees? Julle weet immers, dat by My oral vir die verhouding gesorg word wat noodsaaklik is; so is dit ook sekerlik die geval met die hart van die aarde. So groot as wat die aarde is, so moet ook `n, na verhouding groot, hart of swaartepunt in die aarde aanwesig wees, sodat die krag in haar tallose baie kamers opgewek kan word, wat sterk genoeg is om al die verskillende lewensappe van die aarde in die uitgestrekte organe na buite te dryf en, as die sappe hulle diens verrig het, hierdie dan ter verdere versadiging weer na haarself toe te trek.

[3] Hieruit kan mens die gevolgtrekking maak, dat die aardhart taamlik groot moet wees; tog kan dit nie noukeurig met `n getal aangegee word nie, om dié rede dat die aardhart - na gelang van die noodsaak - nou eers aansienlik uitsit, dan weer baie sterk inkrimp. Maar so gemiddeld kan die plek van die swaartepunt tenminste op honderd myl in deursnee aanvaar word, al kan dit selfs tot tweehonderd myl verder uitsit en tot vyftig myl inkrimp.

[4] Waaruit bestaan die sogenaamde aardhart egter? 

[5] Die hart van die aarde is nie soseer een of ander materie, net soos die hart van `n dier of van `n mens nie, maar die hart is meer `n substansiële krag, wat in `n daarvoor geskikte, maar origens vaste organisme haarself al werkend beweeg en deur hierdie werking haar invloed op al die ander organismes van die aardlig­gaam uitoefen.

[6] Maar daar sal wel iemand wees wat sal sê: As die organisme vas is en derhalwe bros, hoe kan dit dan uitsit en hoe kan dit dan `n ander substansiële krag met verloop van tyd tot onverwoesbare steunpunt dien, sonder om daarby self in sy tallose baie dele beskadig te word?

[7] Beste mense, daarvoor is gesorg! Die beendere by die diere is ook `n vaste organisme; die sappe en die bloed word steeds deur haar vele porieë gedryf en tog hou sy dit teen alle moontlike kragreaksies uit. Dit kom slegs daarop neer dat mense `n bepaalde soort vaste materie het en die is dan vas genoeg ten opsigte van elke in haar ontwikkelde kraguiting.

[8] Soos die materie van die ingewande van die diere byvoorbeeld. Hoe dikwels en hoe sterk word hierdie materie benut, en tog hou sy - hoewel sy lyk asof sy baie swak is - ondanks die groot uitings van krag, vir `n geruime tyd onverwoesbaar stand. As julle verder nog die veel teerder organe van die voëls van naderby bekyk, waarin selfs klippe fyn gemaal en verteer word, dan sal dit vir julle nog duideliker word, hoe dit maar net op `n bepaalde kwaliteit van die materie neerkom, wat, stewig genoeg gemaak is, sodat die kragte wat in haar ontwikkel word, sonder skade in haarself kan werk.

[9] As hierdie sagte materie egter al so deur My gekwalifiseerd is, dat dit optree as `n voldoende vaste steunpunt vir die kragte wat in haar werk, hoeveel te meer sal dit vir My moontlik wees om `n vaste organisme van sulke kwaliteit in die aarde te plaas, dat die sterkste werkende kragte in die innerlike van die aarde in miljoene jare haar weinig, óf glad nie kan skaad nie.  

[10] As julle sou kan bou, sê dan eers hoe sterk die gewelf sou moet wees om die klokluier te dra? So iets sou julle nie van mekaar kan verkry nie; maar Ek, as Heer van alle dinge, het oral die korrekte verhoudings getref, sodat alle steunpunte vas en bestendig genoeg is, om die op hulle rustende laste met die grootste gemak te dra; en so is dit ook die geval met die organisme wat sorg vir die funksionering van die substansiële hart van die aarde.

[11] In die noordelike streke van die aarde sal julle wel dikwels die metaal platina teëkom. Kyk, die metaal het al iets gemeen met die materie, wat as organisme dien vir die heersende sentrale krag van die aarde; tog moet julle nie daarby dink, dat die metaal ook van presies dieselfde materie is, as waaruit die bogenoemde organisme bestaan nie. Ook moet julle nie dink dat die materie van die aarde gelyksoortig sou wees aan die materie, wat die oppervlakte van die aarde vertoon nie; want dit is maar `n uiterlike ongevoelige huid van die aarde, terwyl haar binneste self tot die ongevoelige buitenste kors in verhouding is soos aartjies en bloed ten opsigte van die huid; en daarom kan Ek julle op `n manier wat vir julle begryplik sal wees, niks anders oor die binneste materie van die aarde sê nie as:

[12] Dit is `n soort vlees, bloed en beendere; tog moet die dierlike materiaal - waaruit die aarde bestaan - egter nie beskou word as volkome gelyk en op dieselfde manier funksionerend as die van `n dierlike liggaam nie, maar dit is totaal kenmerkend, dus slegs `n soort aardvlees, aardbloed en aardbeendere.

[13] Dit sou `n nuttelose werk wees, om hierdie saak verder uit te lê en wel omdat dit onmoontlik sou wees om aan julle in julle liggaamlike toestand `n oortuigende beeld daarvan te gee. Stel julle dus tevrede met wat daar tot nou toe gesê is oor die kwaliteit van die materie van die binneste van die aarde. In die geestelike uiteensetting sal dit alles tog wel duideliker word.

[14] Ons het dus nog maar een vraag, naamlik: Aan welke kant van die aardliggaam is die swaartepunt eintlik?

[15] Die belangrike antwoord op hierdie vraag sal die onderwerp van ons volgende beskouing wees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205