Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die wese van die vuur

6-2-1847

25 Hierdie derde lugstreek, wat, soos alreeds hierbo opgemerk, die mees suiwer en deursigtige is, rus soos `n eteriese olie op die tweede lugstreek en het naas die al genoemde eienskappe ook hierdie baie besondere, dat sy by een of ander steuring, maklik ontvlam. Baie lig ontvlambaar is sy op die plekke waar `n liggaam, byvoorbeeld `n meteoor, in haar beland en dan `n groot afstand in hierdie streek aflê. Die ontvlamming is van `n heel besondere aard, omdat geen verbranding daarby plaasvind nie. Dit is `n opvlamming, maar geen verbranding nie. Om die opvlamming en hierdie heel besondere manier van ontvlamming vir julle uit te lê, sal vir julle begrippe wel ietwat moeilik wees; maar nietemin sal ons probeer om die saak so duidelik moontlik te maak.

[2] Om die besondere proses te begryp, moet eers oor die ontvlamming, of in die algemeen oor die geaardheid van die ontvlamming, iets van naderby vertel word.

[3] Wat is `n ontvlamming eintlik? - Baie sal wel sê: As mens brandbare voorwerpe by die vuur bring of dit aan hitte blootstel, dan ontvlam dit en verbrand daarna. Maar met hierdie verklaring sal niemand wel ver kom nie, want die eenvoudigste bediende weet dat hout en ander brandbare dinge ontvlam as mens dit in die vuur gooi. 

[4] Maar: Wat is die vuur, wat is die ontvlamming in wese? Dit kan op geen enkele natuurkundige wyse beter verklaar word nie, omdat dit wat eintlik vuur is, alreeds op geestelike terrein lê, goed of kwaad is hier om`t ewe.

[5] In alle materie woon geeste. Word hulle op een of ander manier geprikkel, dan ontvlam hulle, dit wil sê, dat hulle in steeds groter aksie kom, waarby hulle werksaamheid en uiting van krag steeds groter word. In so `n potent van ywer en krag ontstaan dan ook baie lewendige bewegings, wat mekaar as baie vinnige skom­melinge opvolg. Deur hierdie beweging word die vaste materie verniel, want die groot aksie skeur alles in die kleinste atome uiteen. Die geeste kom eindelik na die volledige oorwinning van die materie vry, verskyn as opstygende rookwolke en vind so hulle vryheid, terwyl die res van die materie as as agterbly.

[6] Daarom is die ontvlamming `n opwekking van die geestelike in die materie; en die voortduur en steeds magtiger word van hierdie opwinding is die eintlike verbranding. Die lig gee van die vuur, kom deur die uitermate sterk en vlugtige beweging van die geestelike, en die voortplanting van die lig van die vuur is eweneens `n prikkel van gelyke geeste in alle materie en in die hele dampkring. Dit is dus die proses van ontvlamming en verbranding.

[7] Maar let wel, hier op aarde gebeur die ontvlamming en verbranding gewoonlik deur die opwinding van nog onsuiwere en onedele geeste; daarom lyk die vuur gewoonlik vuil en rookagtig, in `n sekere sin nog grimmig en vonke spattend van woede.

[8] Daar kan egter ook `n ander ontvlamming plaasvind, naamlik deur die vuur van die liefde; hierdie ontvlamming is egter nie versteurend en verderfbringend nie.

[9] `n Soortgelyke ontvlamming is byvoorbeeld die terugstraling van die sonlig op `n wateroppervlak. Deur die liefdeslig van die son word die vreedsame geeste van die water baie geprikkel, maar hulle verniel niks in hierdie opwinding nie. Weliswaar word die hele oppervlakte van die water ontsteek en kaats weer die strale wyd en syd terug, maar tog verbrand niks daarby nie.

[10] Op dieselfde manier ontstaan `n ontvlamming in `n spieël as `n ligstraal daarop val, maar daar ontstaan geen verbranding nie, omdat hier `n opwekking van goeie geeste plaasvind. Word `n geestelik goeie sonstraal van liefde egter gepotensieerd na liggame gelei, wat nog onsuiwer geestelike dele in hulleself dra, dan word hulle ook ontsteek en verbrand.

[11] Noudat ons die gebeure van die ontvlamming eenmaal begryplik uiteengesit het, is dit maklik om die ontvlamming van hierdie eterlug in die derde lugstreek, as sy in haar normale rus gesteur word, te verklaar. Deur hierdie derde lugsfeer vallende, of vlieënde meteoor, skeur die lug natuurlik uitmekaar. In hierdie lug ontstaan dan, deur hierdie gewoonlik werklik vinnige beweging van sulke liggame, `n leë ruimte. Hierdie hol ruimte vorm dan `n spieëlvlak, waarin die ligstrale van tallose sterre, in `n oomblik van tyd, soos in `n hol spieël, of nog beter soos in `n silinderspiëel kon­sentreer en hierdie stralerefleks lyk dan, soos van die aarde af gesien, soos `n vuur; maar dit is gladnie `n vuur nie, maar slegs die reflekterende, bo beskrewe werking van die sterrelig in die pasgevormde lugsilinderspiëel.

[12] Hierdie verskynsel in die derde lugstreek is dus `n baie besondere eienskap, spesiaal van hierdie lugstreek, omdat `n soortgelyke verskynsel nie in die onderste luglaag kan voorkom nie; die lug is daar te swaar en val weer te vinnig saam agter `n liggaam wat haar deurkruis, terwyl die baie ligte lug van die derde streek homself maar geleidelik weer aansluit. Daarom is daar nog `n lang stert agter so `n vlieënde meteoor te sien, wat lyk soos die van `n draak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205