Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die geeste van die hoogste lugstreek

10-2-1847.

28 Laat ons eers na die hoogste lugstreek gaan om te sien watter geestelike wesens daar gehuisves word en hoe hulle handel en wandel is.

[2] In hierdie streek bevind alleenlik volkome geeste hulleself en maar net dié soort, wat vroeër mense op aarde was. Hierdie geeste geniet al van `n voortdurende lig, want op hierdie hoogte word dit ook natuurlik gesien, nooit totaal donker nie. In die geestelike natuur is dit daar ononderbroke dag. Want hierdie derde streek gee al `n derde suiwer geestelike stadium aan; terwyl die tweede streek nog nie suiwer is nie en dikwels aan vertroebeling blootgestel is. Maar dit is nog meer die geval in die eerste of onderste lugstreek waarin goed en kwaad deurmekaar heen loop, omdat dit die eerste stadium is.

[3] Ons weet nou, dat die suiwerste geeste van hierdie aarde in die derde streek woon. Waarom? Wat doen hulle daar?

[4] Geen enkele gees, al is hy ook hoe volmaak, wat van hierdie natuurlike aarde in die geestelike oorgaan, kan dadelik in die eintlike hemelryk omhoog styg nie, omdat daar iets vir sy voleinding by hom ontbreek, wat op die aarde agtergebly het en wat hy maar stukkies en bietjies kan opneem. Eers wanneer hy die laaste res van dit, wat hom eenmaal toebehoort het, veredel en vergeestelik in sy wese opgeneem het, kan hy hierdie streek verlaat en die werklike eerste fase van die hemelryk ingaan.

[5] Die gees op sigself, as die oerbeginsel van die lewe uit My, het vir sy voleinding weliswaar niks van die aarde nodig nie. Maar wat die vorm van die wese betref, dit is die siel, sy moet tot op die laaste atoom weer dit in haarself verenig, wat haar eens uit die volheid van My, haar vormende idee verleen het. Die gegewene bestaan uit eindeloos baie intelligensiedeeltjies, wat vanself­sprekend by die sterwe van die mens nie in `n oomblik vrygemaak kan word nie. Daar is dele van haar liggaam en spesifika, wat sy tydens haar lewe in- en uitgeasem het; ook alles wat van haar liggaam afkomstig is, haar trane en ander afskeidings van die liggaam, selfs haar kleding, haar behuising; kortom alles wat sy op die een of ander manier met haar krag voortgebring en gedoen het, moet mettertyd as`t ware as gelouter, psigiese spesifikum deur die siel opgeneem word, sodat die gees dan in haarself `n totale beskouing en hierdeur `n duidelike herinnering kan hê aan alles, wat daar met haar komplete wese gebeur het en hoe die hele, lang weg gelyk het, waarlangs sy nou weer in haar oereerste volkomenheid teruggekom het.

[6] Tot hierdie spesiale herinnering sou die gees nie kan kom, as hy nie alles in sy psigiese wese opgeneem het, wat oorspronklik tot sy wese behoort het en wat hy op sy lang rondgang verwerf het nie. Daarom word ook gesê dat alle hare op ons hoof getel is, en slegs diegene wat volgens My leer leef, versamel; wie egter anders handel, verstrooi. Daarom moet die gees nog `n tyd wag tot al wat syne is, in sy wese opgeneem is.

[7] Hoe herken die gees egter wat van hom is? Dit lê in die ewige ordening beslote. Soos wat elke grasplantjie presies weet om sy spesifikum uit die eindelose mengelmoes van spesifika te vind, nog noukeuriger vind die gees wat aan hom toebehoort.

[8] Wat doen die gees in die tussentyd? - Hy handel volgens die wette van die liefde en heers so in hierdie streek en bewerk deur sy teenwoordigheid en deur sy handeling volgens die liefde, dat hierdie derde lugstreek bestaan. Om te begin berei en orden hy die weg vir diegene, wat as nuweling in hierdie streek aankom en wys hulle hulle plek aan en sê wat hulle moet doen; ook beheer hy die al reiner geeste in die onderste regione en onderrig hulle. En as daar wrywings en onluste ontstaan, dan daal hy net soos hulle gelyke as vredestigter omlaag en is dan energiek daar besig.

[9] As daar geeste van ander hemelliggame hier aankom, dan ondersoek hy hulle en as hy vind dat hulle voldoen, lei hy hulle langs die goeie weg na die aarde en is dan aanwesig deur sy invloed met hulle verwekking. Hy help hierdie pas aangekome geeste op die weg, wat hulle liggaamlik op die aarde moet gaan en dra dan ook sorg daarvoor, dat hulle ook die louteringsweg bewandel, wat hulle in die ander wêreld besluit het om te gaan, om kind van God te word.

[10] In hierdie derde streek beweeg dus eintlik die bekende sogenaamde beskermgeeste van die mense self. Maar hierdie rein geeste is geen alleenheersers nie en kan dit ook nie wees nie, omdat hulle nog dikwels, om redes wat hierbo genoem was, die volledige kennis ontbreek; daarom is daar bo en onder hulle steeds engele wat hierdie geeste altyd die korrekte aanwysing gee oor wat hulle te doen staan. Dit is hier in die derde streek `n heerlike paradys vir geeste, want hulle het alles wat hulle hart, in die liefde tot God, maar vreugde kan gee.

[11] Dan is daar pragtige streke, wat hulleself egter volgens die gesteldheid van die geeste rig; want daar is elke gees die skepper van die grond waarop hy staan en van die omgewing, waarin hy homself tuis voel. Hierdie omgewing is ryk aan vrugte en aan alle dinge. Die gees geniet in ryke mate van alles en hy honger na niks meer nie; en sien, juis te midde van die genietinge neem die gees dan langsamerhand alles op, wat nog van sy wese aan die aarde bly kleef het; en hierdie vrugte en die omgewing word as`t ware op `n aanskoulike manier, van die aarde opstygend in hierdie derde streek, psigies spesifiek gevorm en die gees herken hulle as van hom afkomstig, neem hulle in sy erkenning op en kom dan eers vanuit hierdie erkenning tot `n aanskouing van dit wat van hom is, geniet ook daarvan en neem dit volledig in sy wese op. As hy dit nou alles opgeneem het en hy die aarde, en sy as`t ware niks meer aan hom verskuldig is nie, dan eers het hy sy volledige vastheid bereik en kan ter verdere voleinding in die hemel opgeneem word.

[12] Daar kan egter ook geeste wees, wat nog baie wat aan hulle toebehoort op ander hemelliggame het. Hulle styg dan op na die sfere van die wêrelde, waar hulle, óf hulle vernaamste spesifikum vandaan kry, óf waar hulle al voorheen in `n liggaam geleef het om ook daar te gaan afhaal wat aan hulle toebehoort, maar dit alles op die weg van die liefde wat alleen die aantrekkende beginsel is. En dit alles moet uit vrye keuse geskied, waarby elke gees daarna streef om te versamel wat van My is, om dit dan vir My, in sy groot liefde tot My, volkome terug te bring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205