Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Plek van die suiwer geeste en hulle saligheid.

11-2-1847.

29 In die terugbring en wel in die volkome terugbring, lê juis die toekomstige volkome, volkomenste en allervolkomen­ste graad van saligheid. Maar daar word niks geëis nie en geen afrekening van die gees verlang, met betrekking tot die terugbring van al dit, wat tot sy wese behoort het nie; asof hy, in sekere sin, op sy eie rekening sou moet terugbring wat hom oorspronklik en op sy hele tog gegee was.

[2] Wat sy liggaam betref en wat daarmee gebeur het, oor die algemeen al die spesifieke, kry hy sonder sy toedoen in die korrekte orde terug. Maar dit is iets anders wanneer dit gaan oor sy bekwaamheid om alles op te neem wat eens tot sy wese behoort het. In `n sekere sin word hy werklik vir hierdie bekwaamheid ter verantwoording geroep en wel omdat elke gees so `n bekwaam­heid vanuit die voorskrifte van die suiwer religie kan en moet verwerf. Wie nie wil handel nie, sy talent begrawe en homself liewer besighou met die vleeslike, as met die geestelike, die moet dit aan homself toeskryf wanneer hy geoordeel word deur die Woord, wat uit die hemel aan hom gegee was as `n troue wegwyser, wat hom aangedui het hoe hy die lewe weer moet versamel om hom daarheen terug te bring, waarvandaan hy oorspronklik gekom het.

[3] Die al suiwer geworde geeste moet nog `n langer tyd in hierdie streek bly om hulle psigiese spesifika op te neem, of duideliker gesê, hulle moet in die derde streek so lank wag totdat hulle liggaam vergaan het en via die vergaan in die siel opgeneem word; mense moet dit nie as `n straf beskou nie, maar as net so `n soort noodsaaklikheid, soos ook `n aardse lewe `n bepaalde tyd moet duur, by die een korter, by die ander langer, sodat die gees tydens hierdie lewensduur die tyd win om sy wese steeds meer te ontwikkel en homself te manifesteer.

[4] Wie sou dan wil beweer dat iemand, oor die tyd wat hy op aarde in sy liggaam deurgebring het, rekenskap en verantwoording sou moet aflê? Dit is immers `n noodsaaklikheid en lê buite die bereik van die wil van die gees, soos ook niemand ooit rekenskap hoef af te lê oor hoe lank sy hare of naels gegroei het nie, net so min as oor sy asemhaling of hartslag; want dit is alles noodsaak. Die verantwoording, of beter die oordeel, lê maar net in die daadwerklike wil; al die ander dra nie daartoe by nie en lê heeltemal in die gang van sake beslote en kom vry, as die wil maar vanuit die suiwer erkenning van My goddelike wil in die korrekte ordening gebring is.

[5] As sulke suiwer geeste soms baie honderde jare in hierdie derde streek deurbring, dan verloor hulle daardeur alleen niks, maar hulle kan slegs wen, want voorlopig ontbreek hulle niks en is hulle buitengewoon gelukkig en salig. Hulle toenemende intelli­gensie is duidelik `n voortdurende oorwinning en hoe meer hulle wen, des te meer volkome sal hulle daarheen terugkeer waar dit om hulle uiteindelike bestemming gaan. Het hulle daar maar net `n klein taak te versorg en het hulle dit behoorlik en verstandig verrig, dan sal hulle eens des te beter in staat wees om groot sake te bestuur, omdat hulle as engelegeeste nie maar net oor dele van een hemelliggaam nie, maar oor hele groepe van wêrelde en sonnegebiede geestelik en van daaruit ook deur en deur in die materie, daadkragtig moet optree. En daartoe is sekerlik meer nodig, as om maar net enkele streke hier te bewaak, en dit onder die opperste leiding van engelegeeste aan wie dit toevertrou word om hierdie hele aarde te bewaak, vanaf die middelpunt tot by die son.

[6] Waar julle met julle oë weinig of niks sien nie, daar gebeur groot dinge en dit is soos wat `n wyse eens gesê het: Daar is meer tussen hemel en aarde as waarvan die menslike verstand ook maar kan droom.

[7] Hierdie suiwer geeste daal dikwels tot in die tweede of ook tot in die eerste streek af; hoofsaaklik daal hulle egter op die plekke op aarde neer, wat vanweë hulle groot hoogte voortdurend met sneeu en ys bedek is. En dit is ook die rede waarom sulke streke op byna alle mense `n magiese, besielende en tegelykertyd op die menslike gemoed opwekkende, versterkende en rusgewende aantrekkings­krag uitoefen. Wie treurig is en vol onrus in sy gemoed, die moet homself in My Naam op, óf in die omgewing van, so `n hoogte begewe en sy gemoed sal soos met `n versterkende balsem oorgiet word.

[8] Terwyl die gemoed in die laer streke steeds dowwer, swaarder en lydender word, soos iemand wat in die ravyne en grotte afdaal, so word daarenteen die gevoel van iemand wat so `n suiwer hoogte bestyg het, steeds opgewekter en diegene wat bo aangekom het, kan dan passend uitroep: “Heer, dit is goed om hier te wees!" - Maar dan voeg Ek daaraan toe: “Die tyd om hier te bly het nog nie vir jou gekom nie!" Maar nietemin sê Ek tog:

[9] Trek die berge in! Want Ek het dikwels berge bestyg, toe Ek as mens op die aarde geleef het. Op `n berg was Ek verheerlik; op `n berg het Ek die groot verleier verdryf; op `n berg het Ek oor die ryk van die hemele gespreek; op `n berg het Ek gebad en op `n berg was Ek gekruisig! Gaan daarom graag die berge in, want nie alleen jou gees nie, maar ook jou liggaam wen daarby meer as by honderd aptekers.

[10] Op hierdie manier het ons ook die derde geestelike streek van die aarde deurloop en daar bly verder weinig oor om te vermeld, as dat die pas aangekome suiwer geeste hulleself eers daar ophou waar hulle tydens hulle lewe op die aarde gewoond was. As hulle egter weer volkome geword het, dan brei hulle werkterrein hom self oor alle gebiede van die aarde uit; die sterkste bewaak die pool­gebiede, die sagmoediges, goedaardiges die tropiese gebiede en diegene wat baie beweeglik is, bewaak die seë, mere en riviere; die beginner word groter of kleiner gebergtes ter bewaking toever­trou, met alles wat daar is.

[11] Die vroulike geeste lei meestal die plantegroei en oefen ook invloed uit op die totale plantegroei van die aardoppervlakte.

[12] Noudat ons ook dit weet, kan ons afdaal na die tweede streek, waar dit al baie bonter gaan as in die derde vreedsame streek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205